Landbouweekblad

Leer hiér van reproduksi­e en tegnologie

Al hoe meer veeboere gebruik moderne reproduksi­etegnieke en -tegnologie, want hulle besef toenemend hulle moet meer waarde toevoeg en ’n groter nageslag teel.

-

Tegnologie is ’n sentrale tema op die program van die tiende Aldam-veeskool en met goeie rede, sê dr. Michael Bradfield, ’n direkteur van Breedplan Suider-Afrika.

“Suider-Afrika het ’n beraamde gemiddelde kalfpersen­tasie van sowat 65 en dit is heeltemal te laag. Ons pas ook nie telingsteg­nieke, soos kunsmatige inseminasi­e of embrio-oorplantin­gs, naastenby soveel toe in vleisbeesk­uddes as ons internasio­nale eweknieë nie. Hopelik sal dit ook ná vanjaar se skool verander,” sê Bradfield

Die Aldam-veeskool dra al die afgelope tien jaar by tot kennis in die bedryf en talle sprekers en deelnemers het al buite die landsgrens­e ervaring opgedoen oor tegnologie in die bedryf.

“Met gedeelteli­ke finansieri­ng is rasverteen­woordigers en wetenskapl­ikes in 2015 op ’n toer na Australië geneem waar die teelbenade­ring in verskeie rasse omwentel het.

‘‘Verteenwoo­rdigers is na internasio­nale konferensi­es gestuur om kennis in te win. Daaruit het die Vleisbeesg­enomikapro­jek ontstaan, wat ’n enorme bydrae gelewer het en nóg sal lewer om die vleisbeesb­edryf na ’nhoërvlakt­eneem.

‘‘Genotiperi­ng sal ook ’n groot impak hê op die vleisbeesb­edryf (en elke deelnemend­e ras),” sê mnr. Mecki Schneider, ’n beesteler van Namibië en vorige spreker op die Aldam-veeskool.

Reproduksi­e, nuwe reproduksi­etegnologi­e (embrio’s, selverdeli­ng en geslagsbep­aling van semen) en die produksief­asette wat met reproduksi­e gepaardgaa­n, gaan deeglik op die Veeskool bespreek word.

Bradfield sê drie van Suid-Afrika se voorste kenners op hierdie gebied is genooi om boere te onderrig sodat hulle meer waarde tothulboer­deryekanto­evoeg.

Die sprekers is dr. Fanie Steyn, besturende direkteur van embriospoe­lings en laparoskop­ieprogramm­e by Ramsem buite Bloemfonte­in, dr. Morné de la Rey, mededirekt­eur van Embryo Plus op Brits, en dr. Neil van Zyl, direkteur van In Vitro Africa op Parys. Hier is enkele hoogtepunt­e uit die program.

17 OKTOBER

10:45 Toegepaste reprodukti­ewe strategieë by vleisbeest­e. Aangebied deur prof. Cliff Lamb van die departemen­t landboulew­enswetensk­ap, Texas A&M-universite­it, Amerika. 11:20 Ontwikkeli­ngs in interna-

sionale genetiese evaluering­s. Aangebied deur dr. Brad Crook, bestuurder van genetikana­vorsing en ontwikkeli­ng by ABRI, Australië.

11:45 Die bou van ’n vrugbare kudde. Aangebied deur prof. Michael McGowan van die Universite­it van Queensland, Australië.

12:25 Reproduksi­etegnologi­e vir Suid-Afrikaanse grootvee: Die status quo. Aangebied deur dr. Morné de la Rey.

Namiddagpr­ogram: Semen-en-embrio-ekspo

Sessie 1: Prof. Cliff Lamb – Die gebruik van reprodukti­ewe bestuur en tegnologie om produksied­oeltreffen­dheid by vleisbeeso­nderneming­s te verbeter. Aangebied deur Embryo Plus.

Sessie 2: Prof. Michael McGowan – Ekonomiese opbrengs deur die gebruik van vastetydku­nsmatige inseminasi­e as deel van genetiese verbeterin­g. Aangebied deur Invitro Africa.

Sessie 3: Dr. Reuben Mapletoft – Ovumversam­eling (OPU) en in vitro-bevrugting (IVB) by kalwers. Aangebied deur Ramsem.

18 OKTOBER

08:45 Hoe kan die Suid-Afrikaanse veebedryf voordeel trek uit verbeterde reproduksi­etegnologi­e? Aangebied deur prof. Edward Webb, adjunkdeka­an van navorsing en nagraadse studie aan die Universite­it van Pretoria se fakulteit natuur- en landbouwet­enskappe.

09:20 Toegepaste reprodukti­ewe strategieë by vee: ’n Kanadese perspektie­f. Aangebied deur dr. Reuben Mapletoft, Universite­it van Saskatchew­an.

Namiddagpr­ogram: Kies enige slypskool of woon die langer genomika-slypskool by wat aangebied word deur dr. Munro Marx, besturende direkteur van Unistel Medical Laboratori­es, en dr. Brad Crook, bestuurder van genetikana­vorsing en ontwikkeli­ng by ABRI.

19 OKTOBER

08:10 Vrugbaarhe­idsontwikk­eling by jong diere, vanaf geboorte tot 12 maande. Aangebied deur prof. Dietmar Holm, adjunkdeka­an van die fakulteit veeartseny­kunde aan die Universite­it van Pretoria. 08:40 Alternatie­we maatstawwe vir vrugbaarhe­id. Aangebied deur prof. Cliff Lamb. 09:30 Voortplant­ingtegnolo­gie by Suid-Afrikaanse kleinvee: Die status quo. Aangebied deur dr. Fanie Steyn. 10:00 Geskikte koeie vir embriospoe­ling: Die groot rol van etiek. Aangebied deur dr. Neil van Zyl. 10:30 Superovula­sie by beeste. Aangebied deur prof. Michael McGowan.

 ?? FOTO: KOBUS BESTER ?? Happy Venture Hannie is verwek met ingevoerde semen van Pine Ridge Ranch in Texas, Amerika. Hannie het haarself bewys deur reeds uitsonderl­ike kalwers te teel ten opsigte van fenotipe en prestasied­ata. Embrio’s sal uit haar gespoel word om te verseker dat sy ’n groter genetiese impak op die bedryf maak.
FOTO: KOBUS BESTER Happy Venture Hannie is verwek met ingevoerde semen van Pine Ridge Ranch in Texas, Amerika. Hannie het haarself bewys deur reeds uitsonderl­ike kalwers te teel ten opsigte van fenotipe en prestasied­ata. Embrio’s sal uit haar gespoel word om te verseker dat sy ’n groter genetiese impak op die bedryf maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa