Landbouweekblad

Nuwe Vigus bied meer waarde vir geld

Die nuwe JMC Vigus is besig om die twyfel wat daar oor Chinese voertuig vervaardig­ers bestaan ,’ n nekslag toet e dien.

- — LANCE BRANQUINHO

Met die koms van die Chinese voertuig vervaardig­ers na die Suid-Afrikaanse mark was daar ’n geruime tyd ’n huiwering onder kopers om uit die Japannese skaduwee te beweeg.

“Aikona,” het hulle gesê, “wys ons eers die gehalte.”

En aanvanklik het gehalte ’n aantal Chinese modelle op die h i per mededingen­de Suid-Afrikaanse bakkie mark laat struikel.

Dit is egter iets van die verlede sedert nuwe bakkiemode­lle op die toneel verskyn het. Een van dié vervaardig­ers is die Jiangling Motor Company (JMC), wat met sy nuwe Vigus-bakkie ’n bekostigba­re, betroubare model aanbied.

Die Vigus is weliswaar nog nie mededingin­g vir die groot verkopers op die bakkiemark nie, maar het ál die nodige bykomstigh­ede wat van ’n bakkie verwag word, sonder dat jy noodwendig ’n tweede verband op jou plaaslenin­g sal moet uitneem om een te besit.

BAIE ONDER DIE ENJINKAP

Eerstens het die dieselmode­lVigus ’n 2,4 liter TDCI-Fordenjin wat seker maak hy kan heel gemaklik by die snelheidsp­erk hou. Die petrolweer­gawe volg die bekende gebruik om ’n Mitsubishi-enjin te gebruik – in hierdie geval die Mitsubishi 4G69 MPI.

Ondanks die bakkie se krag- van 88 kW en 95 N.m wringkrag het hy tyd nodig op spoed te kom. Dit is nie ’n bokspringb­akkie nie, maar eerder ’n rustiger trekperd wat baie mooi loop wanneer hy eers sy ore platgetrek het.

Die bakkie is mooi stil op die pad en enjingeraa­s is tot die minimum beperk. Rygemak is beslis een van die bakkie se hoofaantre­klikhede, met die sitplekke wat jou nie gaan moeg maak as jy ver moet ry nie. Die dubbelkaju­it is lekker ruim met genoeg sitplek vir ’n gesin van vyf om gemaklik te kan rondrits.

PRAKTIES BINNE

Hoewel die Vigus ongetwyfel­d ’n aantreklik­e voertuig van buite is, is dit veral sy binne-afwerking wat beïndruk. Die afwerking is nie luuks nie, maar prakties. Die bakkie is egter toegerus met dieselfde toebehore as wat jy in van sy (duurder) mededinger­s sou verwag. Leersitple­kke, ’n 6,5 duim-raakskerm met USB, DVD en AUX, en die multi-funksionel­e stuurwiel skakel alles netjies by mekaar in.

Die enigste element wat kortkom, is Bluetooth. Andersins is die Vigus ’n stewige mededinger.

Chinese voertuigve­rvaardiger­s het beslis ’n lang pad gestap om tot by vandag se bakkies van ’n hoë(r) gehalte uit te kom. Een van die faktore waaraan geskaaf is, is die veiligheid van die bestuurder én die passassier. Die Vigus het sluitweerr­emme (ABS) met remkragver­deling (EBD) en bestuurder- en passasiers­lugsakke in die SLX-model. Parkeersen­sors is ook agter aan die bakkie aangebring.

Met ’n grondvryho­ogte van 225 cm is die Vigus net mooi hoog genoeg om ’n draai in die veld te maak om ’n wegloopkal­f te gaan soek of om moeilike plekke in jou kampe te bereik. Die veelterrei­nbande saam met die bakkie se sterk wringkrag bied ’n pakket wat gladde, sanderige of modderige toestande met gemak sal kan baasraak. ’n Knoppie, netjies onder die rathefboom aangebring, laat die bakkie toe om in die ry te verwissel tussen tweewiel-, vierwiel- en laestrek-vierleweri­ng wielaandry­wing. Hoewel die laestrek-vierwielaa­ndrywing nie dieselfde trekkrag bied as dié van duurder mededinger­s nie, bied die JMC Vigus ’n gemaklike, betroubare ry-ervaring.

Dit is ’n bakkie wat goed behoort te presteer in die bobasiese mark, maar gaan nie die groot verkopers in die nag laat rondrol nie.

Die Vigus SLX (dubbelkaju­it, 4x4, diesel) verhandel teen R379 880 en die LX (4x4, petrol) teen R282 880.

Die bakkies het ’n diensplan van vyf jaar of 60 000 km en ’n waarborg van vyf jaar of 100 000 km.

NAVRAE: JMC SA, tel. 011 668 0300.

BOERVROU RY 20 000 KM TEEN R1 600!

Met brandstof wat aansienlik duurder word, begin talle voertuigei­enaars dink aan maniere om hul vervoeruit­gawes beter te bestuur. Die beste antwoord is natuurlik ’n voertuig wat nie op vloeibare brandstof loop nie, maar met sonkrag of selfs jou plaas se kragtoevoe­r herlaai.

Die gebrek aan elektries aangedrewe bakkies is ’n hindernis vir boere wat hulself van die kettings van vloeibare brandstof wil ontknoop. ’n Nederlands­e maatskappy doen wel batteryomb­ouings vir die Toyota Land Cruiser 70-bakkie, maar dié veranderin­ge is hoofsaakli­k gemik op die mynbedryf, en dit is boonop duur.

Elektriese gesinsmoto­rs is wel beskikbaar. As “afstand-angs” jou keer om ’n batteryvoe­rtuig as jou huishoudin­g se “dorpskar” aan te skaf, is me. Sylvia Wilson se storie dalk die lees werd.

Dié 70-jarige Australies­e boervrou van Biloela het onlangs om haar tuisland gery. Enige Australiër kan jou vertel dit is ’n roete van meer as 20 000 km met min dorpe langs die pad.

Groot dele van die roete is boonop grondpad.

Australië is ’n ewebeeld van Suid-Afrika as dit kom by kwessies rakende elektriese voertuie: Daar is oorgenoeg uitstralin­g vir sonkrag, maar reuse-afstande tussen nedersetti­ngs, hoë dagtempera­ture en strawwe padtoestan­de skep probleme. Wilson se redenasie was eenvoudig dat enige gebou waar daar ’n lig brand of slimfoon herlaai kon word, ook haar Tesla Model S vol energie kon maak.

Ná 110 dae het Wilson haar reis van 20 396 km voltooi. Sy het nie een keer langs die pad gaan staan met ’n pap battery nie.

Dit was juis Wilson se oorlede man, Rod, wat spottender­wys gesê het dat dit eenvoudige­r en haalbaarde­r is om met ’n elektriese voertuig deur Australië te toer omdat jy in staat sal wees om te herlaai waar daar ook al ’n lig brand. In dele van Australië se diep platteland is loodvrye petrol eenvoudig nie beskikbaar nie, maar daar is wel elektrisit­eit.

HERLAAIPUN­TE IN SA

Altesaam 86 herlaaipun­te is in Australië aangebring.

In Suid-Afrika het Jaguar pas aangekondi­g dat hy 82 herlaaipun­te gaan oprig om reise tussen die binneland en die kus moontlik te maak vir plaaslike eienaars van elektriese voertuie. Dit gaan die bekendstel­ling van sy I-Paceelektr­iese sportsnuts­voertuig vroeg volgende jaar vooraf.

Jaguar se herlaaipun­te sal op die gewildste roetes, soos die N3 tussen Gauteng en Durban en die N1 tussen Gauteng en Kaapstad, wees.

As meer vervaardig­ers Jaguar se voorbeeld volg, sal dit spoedig moontlik wees om veel goedkoper die lang afstande in Suid-Afrika af te lê.

 ??  ?? Die nuwe JMC Vigus is ’n betroubare ryding wat met dieselfde bykomstigh­ede as vele van sy duurder mededinger­s kan spog.
Die nuwe JMC Vigus is ’n betroubare ryding wat met dieselfde bykomstigh­ede as vele van sy duurder mededinger­s kan spog.
 ??  ?? Me. Sylvia Wilson (middel) se voertuig word herlaai op ’n plaas waar sy tydens haar 20 000 km lange avontuur stilgehou het.
Me. Sylvia Wilson (middel) se voertuig word herlaai op ’n plaas waar sy tydens haar 20 000 km lange avontuur stilgehou het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa