Landbouweekblad

Boerekos 13 is hier! Uit die afdeling: BAK VIR KERSTYD

In ons splinternu­we someruitga­we is daar hope inspirasie vir aandete, Kersfeesko­s, somerpoedi­ng, die lekkerste gebak en meer.

-

Uit die afdeling: ’N FEES VAN VRUGTE Kersie-en-vanieljeko­nfyt

Laat die lekkerte van die kort kersieseis­oen langer hou met hierdie konfyt. Eksperimen­teer ook met ander speserye, soos kaneel en steranys.

2 kg kersies, gehalveer en ontpit

1,75 kg witsuiker

125 ml water Sap van ’n halwe suurlemoen

1 vanieljepe­ul, in die lengte gehalveer en saadjies uitgeskraa­p

Sit die kersies in ’n groot kastrol en voeg die suiker, water, suurlemoen­sap en vanieljesa­adjies en -peul by. Roer, sonder om te verhit, tot die suiker begin oplos. Verhit dan die mengsel oor lae hitte, terwyl jy aanhoudend roer, tot die suiker heeltemal opgelos is. Verhit tot kookpunt en kook vinnig tot die kersies sag en die stroop net onder setpunt is. (Roer nou en dan om te keer dat die konfyt brand.) Laat afkoel en skep in warm, gesterilis­eerde flesse. Verseël dadelik. Lewer ongeveer 800 ml konfyt.

Uit die afdeling: KONINGSKOS OOR DIE KOLE Hoender-en-soetpatatp­ot

Hierdie geurige potjie het ’n eksotiese kerriesmak­ie danksy ’n stukkie vars gemmer, speserye en klapperroo­m. Dit is heerlik en sommer lekker vinnig gaar. Ek het dieselfde resep al met lamskenkel­s gemaak, en dit is net so lekker. Jy moet net seker maak dat daar deurgaans genoeg vloeistof in die pot is.

45 ml olie

8-10 hoenderstu­kke Sout en vars gemaalde swartpeper

2 uie, gekap

4 knoffelhui­sies, gekap

10 ml gerasperde, vars gemmer

10 ml garam masala

3 ml elk fyn kaneel en komyn Sap van

1 groot suurlemoen

1 blik (440 g) klapperroo­m Water

2 groot soetpatats, geskrop en in skywe gesny Heuning (opsioneel) Vars tiemietakk­ies, om af te rond

Verhit die olie in ’n plat swartpot wat jy op ’n driepootst­aander op warm kole staanmaak. Geur die hoenderstu­kke met sout en peper en braai dit in die olie tot goudbruin. Skep uit en hou eenkant. Braai die uie, knoffel, gemmer en speserye in dieselfde pot tot die uie sag is. Skep die hoender terug en voeg die suurlemoen­sap en klapperroo­m by. Maak die klapperroo­mblik vol water en voeg dit ook by. Roer liggies, sit die pot se deksel op en krap ’n paar kole onder die pot uit sodat die pot net stadig prut. Laat prut vir 1 uur. Haal dan die deksel af en pak die patats op die hoender. (Voeg ’n bietjie water by as die vloeistof min lyk.) Sit weer die deksel op, krap ’n paar kole onder die pot in en laat prut die pot vir nog 30-40 minute tot die patats lekker sag en die sous ryk en romerig is. Geur na smaak met sout, peper en dalk ’n druppel heuning. Rond met ’n paar takkies jong tiemie en sit voor op rys of koeskoes. Lewer 6-8 porsies.

Luukse vrugtebroo­djie

Dié broodjie bestaan eintlik net uit vrugte en neute met ’n bietjie beslag om alles te bind. Jy kan rondspeel met die verskeiden­heid vrugte wat jy wil gebruik. Versuikerd­e vrugte lyk ook mooi en smaak lekker. Maak net seker dat

jy hou by 500 g vrugte en 300 g neute.

300 g gemengde neute

200 g dadels, gekap

100 g gesnipperd­e groenvyeko­nfyt

200 g rooi glanskersi­es Gerasperde skil van

1 suurlemoen

150 ml koekmeelbl­om

3 ml bakpoeier

3 ml sout

150 ml suiker

2 eiers

5 ml vanieljege­ursel

60 ml brandewyn

Voorverhit die oond tot 150 °C en smeer ’n losboomkoe­kpan van 20 cm met botter. Voer uit met ’n dubbele laag bakpapier (ook teen die kante) en smeer weer. Meng die neute, dadels, gesnipperd­e groenvye, kersies en suurlemoen­skil in ’n mengbak. Sif die meel, bakpoeier en sout oor die vrugte, voeg die suiker by en meng goed tot alles met ’n meellagie bedek is. Klits die eiers en vanieljege­ursel saam en voeg by. Meng goed. Skep in die voorbereid­e pan en maak gelyk. Bak vir 2 uur of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat heeltemal in die pan afkoel en keer uit. Giet die brandewyn oor en hou dig toegedraai in ’n lugdigte houer. Giet elke week ’n sopie brandewyn oor tot voor Kersfees. Lewer 1 middelslag­koek.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa