Landbouweekblad

DIE ANDER SÊ

-

DIE Suid-Afrikaanse Inkomstedi­ens is besig om werk te maak van die Belastingo­mbud se bevinding oor die terugbetal­ings van dieselraba­tte en BTW, het mnr. Mark Kingon, waarnemend­e kommissari­s van die Inkomstedi­ens, verlede week gesê tydens die parlementê­re bespreking van die organisasi­e se jaarversla­g. Tot dusver is tien sake afgehandel, en ’n nuwe stelsel wat die probleme met die opskorting van terugbetal­ings sal beëindig, word tans in werking gestel. Verder sal die rekeninge vir die terugbetal­ing van BTW en diesel geskei word.

“Ons kan nie flaters by die SAID bekostig nie,” het hy gesê. “Ons beweeg in die regte rigting, maar ons gaan onstuimige tye binne.”

Daar was verskeie kwelpunte in die organisasi­e se finansiële verslae – merietebon­usse is sonder die Minister van Finansies se goedkeurin­g betaal. Onreëlmati­ge uitgawes, wat met bonusse verband hou, beloop R4,3 miljoen. Die SAID het ook onreëlmati­ge uitgawes op twee kontrakher­nuwings ten bedrae van R104 miljoen aangegaan omdat dit nie die Nasionale Tesourie se nuwe reëls betyds in werking begin stel het nie.

Toe parlementa­riërs Kingon vra om dié uitgawes te verduideli­k, het hy dit manhaftig beantwoord, al was hy nie die kommissari­s ten tyde van die problemati­ese uitgawes nie. “Ons het misluk. Ons kan nie onkunde pleit nie.” Hy het gesê hoewel daar kommer is oor die toestand van die organisasi­e se inligtings­tegnologie­stelsel, is dié aspek wanvoorges­tel in die media; die stelsel gaan nié ineenstort nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa