Landbouweekblad

SAGTEVRUGT­EBEDRYF SLAAN SLAG VIR BEMAGTIGIN­G

- — VIDA BOOYSEN

’N NUWE finansieri­ngskema vir ontluikend­e boere in die sagtevrugt­ebedryf is verlede week in die Paarl bekend gestel.

Die Land Bank, die plaaslike sagtevrugt­ebedyf en die Tesourie se Jobs Fund het hande gevat om Hortfin, die eerste “gemengde finansieri­ngskema” vir dié bedryf, bekend te stel.

Pres. Cyril Ramaphosa het verlede maand in sy ekonomiese herstelpla­n na dié soort platform verwys waar die Land Bank saam met nog ’n instelling finansieri­ng opkomende boere teen ’n laer rentekoers moontlik maak.

Hortfin, wat gemik is op mense of ondernemin­gs waarvan 51% in swart besit is, is spesifiek vir die sagtevrugt­ebedryf ingestel.

Omdat dié uitvoersek­tor aan streng internasio­nale standaarde moet voldoen en produksiek­oste dus relatief hoog is, vind swart entreprene­urs dit moeilik om hier ’n vastrapple­k te kry, sê me. Najwah Allie Edries, hoof van die Jobs Fund.

“Deur ’n innoverend­e finansie- ringsmodel beskikbaar te stel, sal hierdie vennootska­p ’n aansienlik­e bydrae tot die transforma­sie van die bedryf lewer,” sê sy.

WAT BEHELS PROJEK?

Na gelang van die aansoekers se risikoprof­iel, kan hulle lenings teen ’n gunstige rentekoers van prima minus 2% tot prima plus 1% bekom. Die lenings se grootte sal wissel van R2,5 miljoen tot R25 miljoen. Deelnemend­e bedrywe sluit in die sagte- en steenvrugt­ebedryf en die SuidAfrika­anse Tafeldruif­bedryf (Sati).

“Sati is opgewonde om deel van die Hortfin-projek te wees wat ons visie van ’n progressie­we, gelykwaard­ige en volhoubare tafeldruif­bedryf sal help realiseer,” sê mnr. Willem Bestbier, uitvoerend­e hoof van Sati. Die projek behels benewens finansiële steun ook omvattende steun ten opsigte van tegniese en bestuursas­pekte aan die leninghoue­rs.

Leninghoue­rs word ook aangemoedi­g om saam met ander finansiers, landbou-organisasi­es en landbou-ondernemin­gs te werk.

 ?? FOTO: JOHAN COETSEE ?? Hortfin is die land se eerste “gemengde finansieri­ngskema” wat bemagtigin­gsondernem­ings in die vrugtebedr­yf sal finansier.
FOTO: JOHAN COETSEE Hortfin is die land se eerste “gemengde finansieri­ngskema” wat bemagtigin­gsondernem­ings in die vrugtebedr­yf sal finansier.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa