Landbouweekblad

HEFFINGS OP MAKADAMIAS IS HIER

- — JASPER RAATS

DIE nuwe heffings vir die makadamiab­edryf is deur mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, in die Staatskoer­ant afgekondig.

Die heffings sal die Makadamiak­wekersvere­niging (Samac) in staat stel om marktoegan­g vir plaaslike makadamian­eute te ontwikkel en uit te brei, om transforma­sie in die bedryf te bewerkstel­lig, om mediese en ander navorsing oor die gesondheid­svoordele van makadamias te finansier, om beste praktyke vir verbouing en verwerking daar te stel en om die impak van diefstal op die bedryf te bepaal.

Die eerste heffingste­rmyn strek van 14 November vanjaar tot 13 November 2022.

In die eerste jaar is die heffing vasgestel op 50c/kg gedroogde, ongedopte neute. Daarna verhoog dit jaarliks tot 56c/kg, 62c/kg en teen 2021 tot 68c/kg.

Volgens die minister sal dié heffing nie werkgeleen­thede of regverdige arbeidspra­ktyke in die makadamiab­edryf benadeel nie.

PLIGTE

Die heffing sal van toepassing wees op alle ongedopte makadaaan mias wat deur kwekers aan verwerkers of hanteerder­s gelewer word. Die verwerker, hanteerder of uitvoerder sal verantwoor­delik wees om die heffing van die kweker se vergoeding te verhaal en aan Samac oor te betaal.

In uitsonderl­ike gevalle waar gedopte neute aan verwerkers of verpakkers gelewer word, sal die ontvanger moet aandring op ’n beëdigde verklaring dat daar ’n heffing op die besending betaal is, anders sal die heffing op daardie besending bereken word deur die kerngewig deur 0,3 te deel om die gedopte neute se gewig na ’n ongedopte ekwivalent met 1,5% voginhoud te verwerk.

Hoewel die verwerkers, konsolidee­rders en uitvoerder­s verantwoor­delik sal wees om die heffing namens kwekers oor te betaal, sal dit die kweker se verantwoor­delikheid bly om toe te sien dat die heffing van sy betaling afgetrek en oorbetaal word.

Die heffing moet binne 90 dae van die maandeinde waarin die neute gelewer is, oorbetaal word.

SKUIF

Makadamias is tot onlangs deur Subtrop, die sambreelli­ggaam vir subtropies­e gewasse, bemark en heffings is deur Subtrop ingevorder en gebruik. Makadamiak­wekers het egter gekies om self onder die Samac-vaandel na hul belange om te sien. NAVRAE: Samac, tel. 012 643 3400.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa