Landbouweekblad

REKENAARBR­EIN SOEK SIEKTES TOT OP SELVLAK

- — JOHAN VAN DER MERWE

DIE Kaapse maatskappy Aerobotics het onlangs ’n nuwe tegnologie bekend gestel wat elke boom op ’n plaas tot op sub-millimeter­vlak kan ondersoek vir siektes, plae, voedingste­korte en ander probleme.

Dié tegnologie, wat op die wynplaas Leopard’s Leap buite Franschhoe­k bekend gestel is, gebruik kunsmatige intelligen­sie, fotografie van hoë resolusie in verskillen­de ligspektru­ms en ’n databasis van siektes en plae om simptome van siektes, plae en voedingste­korte op vrugtebome te identifise­er.

Die identifika­sie geskied baie vroeër as wat dit met die blote oog gedoen kan word. Dit kan boere op die lang duur groot moeite en koste in plaagbestr­yding of onnodige kunsmistoe­diening bespaar.

Anders as met die visuele ontleding van satellietb­eelde (remote sensing), wat oor die afgelope paar jaar begin veld wen in gewasboerd­ery, is Aerobotics se diens geskoei op inligting wat ingesamel word met hommeltuie wat op ’n hoogte van 1 meter bo die blaredak vlieg.

Die Aerobotics-programmat­uur ontleed dan die beelde ingevolge ’n databasis om te bepaal waar daar probleme in die boord is. Sodra die kunsmatige intelligen­sie enige van die simptome gewaar, word die boer per selfoon gewaarsku.

PROGRAMMAT­UUR

Die hommeltuie kan ook enkele bome in ’n boord uitsonder en daarvoor ’n GPS-merker gee sodat hy daarna kan terugkeer vir bykomende ontledings.

Tans is ’n span landboukun­diges besig om die Aerobotics-programmat­uur te leer hoe al die verskillen­de simptome van verskillen­de bakteries en siektes lyk. Die simptoombe­elde word gekoppel aan siektes en plae en só leer die programmat­uur deurentyd watter letsels en simptome watter siekte, plaag of tekort is. Hoe meer inligting ingesamel word, hoe doeltreffe­nder sal die identifika­sieproses raak.

“Die grootste voordeel van die produk is die besparing op bestryding­skoste deur onnodige toediening uit te skakel, beter gehalte te verseker en verliese te beperk,” sê mnr. James Paterson, Aerobotics se uitvoerend­e hoof.

Mnr. Janse Rabie, hoof van natuurlike hulpbronne by Agri SA, sê die gebrek aan inligting wat besluite oor natuurlike hulpbronne beïnvloed, is die grootste bedreiging vir die volhoubaar­heid van die plaaslike landboubed­ryf.

BEGIN SOMMER NOU

Mnr. Hein Gerber, besturende direkteur van die konsultant­egroep First Fruit, sê dit is belangrik om so vroeg moontlik die tegnologie in boerderye te begin gebruik.

“So gebruikers­vriendelik soos wat die tegnologie is, is daar steeds opleiding en ’n leerproses nodig. Ek raai boere aan om hierdie soort tegnologie so gou moontlik toe te pas sodat hulle nie agterbly namate die tegnologie ontwikkel nie.”

Mnr. Dirk Uys, ’n Bolandse boer, het op die bekendstel­ling op Franschhoe­k gesê dit staan bo alle twyfel dat hierdie die toekoms van vrugte-produksie is. “Die bemagtigin­g van ons werksmag in die gebruik van hierdie tegnologie sal bepaal of jy deel is van dié toekoms.”

Die tegnologie kos tans sowat R40 per hektaar per maand om toe te pas.

 ?? FOTO: AEROBOTICS ?? ’n Voorbeeld van hoe Aerobotics se tegnologie plante vir siektes en plae ontleed.
FOTO: AEROBOTICS ’n Voorbeeld van hoe Aerobotics se tegnologie plante vir siektes en plae ontleed.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa