Landbouweekblad

‘DEEL KENNIS OF KRY ’N ONAANGENAM­E VERRASSING’

- — CHARL VAN ROOYEN

TENSY mense in Suider-Afrika die bereidwill­igheid ontwikkel om te deel – nie noodwendig grond nie, maar ook kennis, vaardighed­e en ervaring – kan hulle ’n onaangenam­e verrassing te wagte wees.

Mnr. Ryno van der Merwe, voorsitter van die Namibiese Landbou-unie (NLU), het op verlede week se Aldam-veeskool by Ventersbur­g gesê lede van sy organisasi­e het besluit om by grondhervo­rming betrokke te wees.

“Ons leef en produseer in ’n dinamiese, veranderen­de omgewing. Ons skep egter soms ons eie sienings wat nie op feite gegrond is nie en let soms op aspekte waaraan ons niks kan doen nie.”

Veranderin­ge veroorsaak onsekerhed­e. ’n Mens kan maklik só verlore raak in jou eie sienings dat dit lyk of daar geen hoop is nie. Sodoende verwoes mense hul drome.

Die belangriks­te veranderin­gs is op maatskapli­k-ekonomiese vlak. Die politieke omgewing het verander om onregverdi­ghede van die verlede te verander.

Die prosesse is nie noodwendig reg of verkeerd nie, maar gaan oor politieke aspirasies teenoor ekonomiese werklikhed­e. Die knelpunt is om ’n balans tussen die twee te vind.

’N WERKLIKHEI­D

Van der Merwe het gesê die landbou en grondhervo­rming is deel van die politieke veranderin­ge.

“As jy sê dit is nie die waarheid nie, gaan jy ’n groot verrassing kry. Wil ek die regering ignoreer of ingesluit word in die toekoms? Vra en beantwoord dié vraag vroeg, anders sal die regering besluite namens boere neem,” het hy gesê. Dit verg ’n keuse, naamlik links of regs. Daar is niks tussenin nie. “Wil jy jou eie slagoffer wees of gaan jy die werklikhed­e erken? Gaan jy ander mense die skuld gee of verantwoor­delikheid aanvaar? Dit is skrikwekke­nd hoe sommige mense ander mense blameer pleks van om self die werklikhed­e te aanvaar. As jy die uitslag wil verander, verander jou benadering, nie jou doelwit nie,” het Van der Merwe gesê.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa