Landbouweekblad

Versorgers se bydrae is ‘meer as ’n werk’

- — JACOLETTE KLOPPERS

VEEVERSORG­ERS is die tweede agtereenvo­lgende jaar op Agri-Expo Livestock vereer. Vanjaar was mnr. Basie Erasmus van Blaauwberg-plaas by Melkbosstr­and die wenner van Landbouwee­kblad en AgriExpo Livestock se Grooms’ Challenge vir 2018.

Mnr. William van Rheede van die plaas Milagro by Humansdorp was tweede en mnr. Attie Rhode van die plaas Rietvlei by Mosselbaai was derde.

“Ek sê vir Landbouwee­kblad baie dankie dat hulle vir ons die kans gegee het om te wys ons doen goed. By ons bestaan soms ’n ding dat ons net ons werk moet doen. Maar ek is baie bly Landbouwee­kblad sien dit is meer as ’n werk. Miskien is hier van die manne wat meer ingesit het as ek om te wen. Ek is baie bly vir al die manne wat hier is,” het Erasmus gesê.

Mnr. Breyton Milford, AgriExpo se bedryfsbes­tuurder, het by ’n vleisbraai na afloop van die Angus-kampioensk­ap hulde gebring aan die hanteerder­s.

“Boere kan hierdie beeste teel soos hulle wil, maar daar’s manne wat hulle moet mak maak. Daar is manne wat hulle moet kosgee en moet was en skeer. Daar is manne wat hulle moet skou. Ek het in die ring gesien hier is van julle manne wat wragtag ’n slag het met skou,” het hy gesê.

Landbouwee­kblad het winterbaad­jies ter waarde van onderskeid­elik R1 000 en R650 vir die wenner en naaswenner geborg, asook Landbouwee­kbladgeske­nke.

Naas braaivleis vir ’n spesiale ete het Checkers ook drie koopbewyse van R500 elk geskenk. Agri-Expo het ’n kontantbed­rag aan die wenner geskenk.

 ?? FOTO:JACOLETTE KLOPPERS ?? Mnr. Basie Erasmus het die Grooms’ Challenge vir 2018 op vanjaar se Agri-Expo Livestock gewen.
FOTO:JACOLETTE KLOPPERS Mnr. Basie Erasmus het die Grooms’ Challenge vir 2018 op vanjaar se Agri-Expo Livestock gewen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa