Landbouweekblad

Groot beleggings, maar ook groot probleme vir SA se boere

- — JOHAN COETSEE

BELEGGINGS in die Suid-Afrikaanse landbou het sedert 2005 van R38 miljard tot R73 miljard gegroei, waarvan die meeste uit Europa en Amerika kom.

Só het mnr. Reghardt Strauss van Standard Bank Agribesigh­eid op Agri-Expo Livestock se vleisbees-inligtings­dag gesê.

Skuld het egter in 2015-’16 met 9% gegroei. Wat die situasie verder bemoeilik, is dat die markwaarde van grond hoër is as wat ’n boer met landboupro­duksie daaruit kan verdien.

Die grootste probleem vir die landbou wêreldwyd is dat meer voedsel in die volgende 50 jaar geprodusee­r sal moet word vir die groeiende wêreldbevo­lking as

in die vorige 500 jaar tesame. Dit moet ook ekonomies en bekostigba­ar gedoen kan word.

’n Plaaslike probleem waarby die landbou betrek word, is werklooshe­id. Laer werkverska­ffing in die landbou is moontlik weens presisiebo­erdery wat ál meer toegepas word. Voorts raak arbeid ’n duur aspek vir boere. Rasse-ongelykhei­d bestaan steeds. Sowat 14,3 miljoen mense in die land het nie altyd geredelike toegang tot voedsel nie.

Water bly ’n probleem. Suid- Afrika se gemiddelde reënval is 50% van die wêreldgemi­ddelde, maar die gemiddelde verbruik van water per persoon is 26% hoër. Daarom sal die landbou water ál meer produktief moet gebruik, soos om kultivars te plant wat minder water benodig.

“Die landbou moet sy mededingen­de voorsprong behou deur spanwerk, goeie waardes, aanpasbaar­heid, goeie sakemodell­e en uitstekend­e bestuur,” het Strauss gesê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa