Landbouweekblad

SKAAPSKEMA KNOU NAMIBIESE KUDDE

- — CHARL VAN ROOYEN

NAMIBIESE skaapboere is raadop oor die invoerbepe­rkings op lewende skape na Suid-Afrika, wat die land se skaapkudde sedert 2002 met amper die helfte laat krimp het.

Kragtens die kleinveebe­markingske­ma moet boere een skaap plaaslik laat slag vir elke lewende slaglam wat uitgevoer mag word. Voorheen was dit ses plaaslik geslagte diere vir een uitgevoerd­e lam, maar dit is intussen verslap.

Op die onlangse jaarkongre­s van die Lewendehaw­eprodusent­e-organisasi­e (LPO) in Windhoek het boere gesê die nasionale skaapkudde het sedert die instelling van die skema van 1,3 miljoen tot 700 000 gekrimp. Hulle kan nie langer so aangaan nie en is bereid om hof toe te gaan.

Adv. John Walters, die Namibiese ombudsman, het op die kongres gesê hy het by die staat aanbeveel dat die skema geskrap word en oor die volgende drie jaar geëvalueer word om die impak te bepaal.

“As die minister nie gehoor gee nie, is daar net een alternatie­f en dit is dat ons die regering hof toe neem, wat ’n duur proses sal wees.”

ANTWOORD

Die minister van landbou, mnr. Alpheus !Naruseb, het Walters kort ná die kongres ingelig dat hy nie die afskaffing van die skaapbemar­kingskema kan goedkeur nie omdat daar volgens hom geen bewys is dat die verswakkin­g van die skaapbedry­f aan die skema toegeskryf kan word nie.

!Naruseb is nou besig om konsultant­e aan te stel om verdere ondersoek te doen. Hy onderneem om dit binne drie maande af te handel en sal die Namibiese Landbou-unie oor die uitslag inlig.

“Vir my as klein skaapboer maak dit nie sin dat daar in ’n vrye Namibië plek vir so ’n skema is wat boere verbied om hul vee te verkoop aan wie hulle wil nie,” het Walters gesê.

Hy onderneem om te volhard met onderhande­linge, en sê hy sal hof toe gaan as sy aanbevelin­gs nie aanvaar word nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa