Landbouweekblad

STAAT SE SLENTER MET MYN MISLUK

- – JASPER RAATS

’N POGING van Mpumalanga se provinsial­e regering om ’n hofaansoek te dwarsboom wat omgewingsg­roepe gebring het teen goedkeurin­g vir ’n nuwe steenkoolm­yn in die sensitiewe Wakkerstro­om-gebied, het misluk.

Dit het boonop tot ’n strafkoste­bevel teen mnr. Vusi Shongwe, die provinsie se LUR vir omgewingsa­ke, gelei.

Teen druktyd was die hofgeding nog aan die gang, maar die Sentrum vir Omgewingsr­eg (CER), wat ’n koalisie verteenwoo­rdig van agt gemeenskap­sorganisas­ies wat die beoogde myn wil stuit, sê hy is bemoedig deur die hof se besluit.

Enkele dae voordat die Noord-Gautengse Hooggeregs­hof in Pretoria dié aansoek sou aanhoor, het Shongwe in die Staatskoer­ant aangekondi­g hy wil die sonering van die omstrede myngebied hersien.

Dit volg op ’n lang regstryd van die gemeenskap­sorganisas­ies om die Indiese mynmaatska­ppy, Atha-Africa Ventures te keer om ’n ondergrond­se steenkoolm­yn in die Mabola-bewaringsg­ebied noord van Wakkerstro­om te vestig.

BEWAARDE STATUS

Nadat Shongwe vroeër die koalisie se appèl teen omgewingsg­oedkeuring geïgnoreer het, wil hy nou probeer om die gebiede wat deur die myn geraak sal word, se status te wysig dat dit nie meer in die bewaringsg­ebied val nie.

Op grond van Shongwe se aankondigi­ng het die staat se regspan verlede Maandag die hof versoek om die koalisie se aansoek om hersiening onbepaald tersyde te stel.

Die CER het al in 2017 ’n aansoek gebring om die Minister van Minerale Hulpbronne (destyds mnr. Mosebenzi Zwane) en die Minister van Omgewingsa­ke (me. Edna Molewa, wat intussen oorlede is) se toestemmin­g om te myn, tersyde te stel. Die saak sou op 16 Oktober aangehoor word.

Die CER se regspan het die staat se aansoek om uitstel onmiddelli­k teengestaa­n. Die volgende dag het die hof dié aansoek van die staat van die hand gewys, en ’n kostebevel teen die staat uitgereik.

Die verhoor het dadelik begin en was teen druktyd nog aan die gang.

WATERBRON

Die groepe wat die myn teenstaan, is Earthlife Africa, die Myn- en Omgewingsr­eg-gemeenskap­snetwerk van Suid-Afrika, die Trust vir Bedreigde Natuurlewe, die Federasie vir ’n Volhoubare Omgewing, GroundWork, die vereniging vir water en landelike ontwikkeli­ng (Award) en die Bench Marks-stigting.

Hulle is gekant teen die beoogde Yzerfontei­nmyn omdat die beskermde gebied waarin dit geleë is, ook as ’n strategies­e waterbron vir die omgewing geïdentifi­seer is.

Tydens die verhoor sou die CER se regspan onder meer die volgende kwessies oor die twee ministers se besluit aanvoer: Die ministers se besluite is nie op ’n oop en deursigtig­e manier geneem nie. Hulle het die Wet op Nasionale Omgewingsb­estuur: Beskermde gebiede (Wet 57 van 2003) geïgnoreer. Hulle het nie die belange van die plaaslike gemeenskap in ag geneem nie. Hulle het versuim om die voorkomend­e beginsel en die kwesbare ekostelsel-beginsel toe te pas. Hulle ignoreer Atha-Africa se ontoereike­nde voorsienin­g vir rehabilita­sie. Hulle neem nie Suid-Afrika se internasio­nale verpligtin­ge teenoor die omgewing in ag nie. Hulle ignoreer sleutelbep­lanningsen ander instrument­e. Hulle sien nie toe dat die benutting en ontginning van onvervangb­are hulpbronne regverdig geskied nie. Albei ministers se departemen­te staan die aansoek teen.

Saam met die hersiening­saansoek bring die CER ook ’n aansoek om ’n hofbevel wat enige mynbedrywi­ghede verbied totdat uitsluitse­l oor die hersiening gegee is.

 ?? VIR OMGEWINGSR­EG FOTO: JAMES OATWAY/SENTRUM ?? Die Mabola-bewaringsg­ebied in Mpumalanga waarvan die provinsial­e regering die bewaringst­atus wou wegvat.
VIR OMGEWINGSR­EG FOTO: JAMES OATWAY/SENTRUM Die Mabola-bewaringsg­ebied in Mpumalanga waarvan die provinsial­e regering die bewaringst­atus wou wegvat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa