Landbouweekblad

Parlement se ‘wit hemde’ bewaak korrupsieg­eheime

- — JOYLENE VAN WYK

DIE parlement se omstrede veiligheid­spersoneel, die “withemde”, is verlede week ingeroep om seker te maak geen medialede is teenwoordi­g by die Spesiale Ondersoeke­enheid, Valke en Nasionale Vervolging­sgesag se voorleggin­g oor bestaande en nuwe ondersoeke na ongerymdhe­de in die Departemen­t van Water en Sanitasie nie.

Al drie dié liggame het aanbeveel dat die vergaderin­g agter geslote deure moet plaasvind omdat individue se name genoem sal word, en weens die sensitiewe aard van die inligting.

Luidens die departemen­t se jongste jaarversla­g het sy opgehoopte, onreëlmati­ge uitgawes vir die jaar tot 31 Maart 2018 R6,1 miljard beloop. Dié uitgawes, wat reeds ondersoek word, strek van onreëlmati­ghede met tender-toekenning­s tot die aankoop van infrastruk­tuur.

Pres. Cyril Ramaphosa het in September vanjaar ’n verdere proklamasi­e bekragtig wat die Spesiale Ondersoeke­enheid

toelaat om beweerde ernstige wanadminis­trasie en onwettige besteding van openbare geld in die aanskaffin­g of kontrakter­ing van IT-dienste van die sagtewarem­aatskappy SAP te ondersoek.

DUBBELE FAKTURE

City Press het vroeër vanjaar berig dat honderde duisende mense in Giyani, Limpopo en aanliggend­e dorpies sonder water is omdat SAP twee keer fakture vir dieselfde werk by die departemen­t ingedien het wat honderde miljoene beloop het.

Me. Nomvula Mokonyane, die voormalige Minister van Water en Sanitasie, het in 2016 die kontrak met SAP goedgekeur, wat sagteware-lisensies aan ál

nege waterrade en die Trans-Caledon-Tonnelower­heid verskaf het.

Die portefeulj­ekomitee vir water en sanitasie het einde verlede jaar sy frustrasie uitgespree­k oor ondersoeke nie afgehandel word nie, en geen amptenare dissiplinê­r verhoor word nie. Die komitee het toe gesê dis onaanvaarb­aar dat werknemers van die departemen­t voortgaan om staatsgeld te plunder sonder gevolge.

Die komitee het gevra vir ’n volledige verslag oor ’n proklamasi­e wat uit 2012 dateer.

Dit is onbekend waarom mnr. Lulu Johnson, voorsitter van die portefeulj­ekomitee, die “withemde” ontbied het om die media te verwyder.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa