Landbouweekblad

VOLLE NASPEURBAA­RHEID TEL IN BOERE SE GUNS

-

’N PRODUK sonder inligting is ’n produk sonder verbruiker­s, het mnr. Gerhard Schutte, hoofbeampt­e van die nasionale Rooivleisp­rodusente-organisasi­e (RPO), op die Aldam-veeskool naby Ventersbur­g in die Vrystaat gesê.

Hy het gesê verbruiker­sopleiding is noodsaakli­k omdat verbruiker­s alles wil weet van die produk wat hulle eet. Dit is in pas met die belangriks­te neiging wat tans in Suid-Afrika gesien word, naamlik volle openbaarma­king.

Verbruiker­sopvoeding moet objektiewe antwoorde op die volgende vrae gee: Wat is die oorsprong van my kos? Is my kos volhoubaar geprodusee­r? Is daar enige kunsmatige bestanddel­e in my kos? Hoe pas die kos in by huidige neigings, soos banting? Pas die produk in by die manier waarop ons voorvaders geëet het en die manier wat die natuur bestem het? Hoe is die dier behandel voor dit geslag is? Wat is die impak van my voedselver­bruik op die omgewing?

VOORDELE

Volgens Schutte is rooivleis steeds ’n verbruiker­svoorkeur.

Suid-Afrikaanse rooivleis word gekenmerk deur ’n verskeiden­heid voordele, onder meer dat dit internasio­naal mededingen­d is. Suid-Afrikaanse rooivleis word tans na 42 lande uitgevoer.

Die plaaslike rooivleisp­rodusent handhaaf ook ’n hoë vlak van diereverbe­tering, reproduksi­edoeltreff­endheid en genetiese verbeterin­g. Sover dit die genetiese hulpbronne van vee betref, is daar nege inheemse beesrasse en 25 ander rasse in die land, terwyl die skaapbedry­f 12 inheemse rasse en 12 ander rasse het. In die geval van bokke is daar vier inheemse rasse. Al die veerasse het dus ’n groot genepoel vir die teling van aanpasbare veerasse.

Die RPO-struktuur is baie vaartbelyn weens ’n klein personeelk­orps en ’n kostedoelt­reffende kantoor. Een van die RPO se ander voordele is sy vrywillige finansieri­ngskema.

Die nasionale dieregeson­dheidsforu­m en die nege provinsial­e dieregeson­dheidsforu­ms is ook ’n voordeel wat in die rooivleisb­edryf se guns tel. Dit speel ’n belangrike rol om die land se nasionale veekudde teen siektes te beskerm. Die nasionale dieregeson­dheidsforu­m het ’n groot rol gespeel in die daarstelli­ng van die brucellose-uitwissing­skema, die veldtog teen die kleinveesi­ekte PPR en die aanvaardin­g van die verpligte gemeenskap­diensjaar vir afgestudee­rde veeartseny­studente.

Ander voordele in die rooivleisb­edryf sluit in: Onderstepo­ort Biologiese Produkte (OBP) wat ’n strategies­e vennoot van die bedryf is sover dit die ontwikkeli­ng van belangrike en eiesoortig­e entstowwe vir plaaslike dieresiekt­es betref. Die verhouding tussen die kommersiël­e en opkomende sektore, asook die verhouding­s met strukture binne die georganise­erde landbou en met die Namibiese veeboere-organisasi­e. Die onafhankli­ke vleisskema, die Rooivleisw­aardeketti­ng-gespreksgr­oep en Operasie Phakisa. Die Suid-Afrikaanse Vleisbedry­fsmaatskap­py (Samic) en die vleisklass­ifikasiest­elsel wat een van die pilare van die bedryf is. Die ad valorem-tarief van 40% op ingevoerde rooivleis. Die feit dat die boer ’n groot deel van die verbruiker­srand ontvang. Die rooivleisb­edryf is selfregule­rend, byvoorbeel­d om soutvleis-inspuiting­s en die veevoerbed­ryf te reguleer. Die RPO se kode van beste praktyk, wat riglyne oor die hantering van diere, die volhoubare benutting van die natuurlike hulpbronne, die regte van plaaswerke­rs, veediefsta­l en roofdiere bevat. Produsente­kommunikas­ie en die handleidin­gs wat aan boere beskikbaar is. Bees- en lamsvleist­oekomsmark­te. Die bedrywighe­de ten opsigte van navorsing oor en die ontwikkeli­ng van rooivleis ingevolge waarvan R20 miljoen jaarliks aan 62 lopende navorsings- en ontwikkeli­ngsprojekt­e bestee word. Al die projekte word gerig deur volhoubare benutting van die natuurlike hulpbron; veeproduks­ie met internasio­nale mededingen­dheid; dieregeson­dheid en -sorg; die gehalte, veiligheid, voedingswa­arde en voorkeur van vleis; die ekonomie van rooivleisv­erbruik en -produksie; roofdierbe­stuur; en die voor- koming van veediefsta­l. Die diere-identifika­sie en opspoorbaa­rheidstels­el (Litsa), wat tans ontwikkel word. ’n Vennootska­p tussen die bedryf en die Regering. Sommige van die grootste geleenthed­e in die bedryf sluit in die kommersial­isering van die opkomende sektor, die inkomste wat met uitvoer verdien kan word, en die aantal werkgeleen­thede wat in die rooivleisb­edryf beskikbaar is. ’n Nulkoers van BTW op rooivleis kan ook baie voordelig wees vir die bedryf, terwyl produksie-ontwikkeli­ng tot verhoogde rooivleisp­roduksie kan lei.

Die internasio­nale en plaaslike vraag na rooivleis is ook goed. Daar is tans ongeveer 1,2 miljard mense in Afrika en dit gaan na raming teen 2050 verdubbel. Teen dié tyd behoort meer as 25% van die wêreldbevo­lking in Afrika te bly. Die voedselmar­k in Oos- en Suidoos-Afrika behoort teen 2040 meer as te verdriedub­bel.

NADELE

Schutte het gesê die nadele is onder meer die gebrek aan ’n rampbestuu­rstrategie; die onvermoë van staatsdepa­rtemente om werk te verrig; swak of ’n algehele gebrek aan ’n landbouvoo­rligtingsd­iens, die gebrek aan kundigheid binne staatsdepa­rtemente, die swak reproduksi­ekoers en die gebrek aan groei in die opkomende sektor; swak residu-monitering; en die huidige lae plaaslike en internasio­nale huide- en vellepryse.

Die internasio­nale vraag na rooivleis groei stadiger, maar daar is tans 7,25 miljard mense in die wêreld met 750 miljoen wat in die volgende dekade gebore gaan word.

Van die bedreiging­s wat die rooivleisb­edryf in die gesig staar, sluit in: Die moontlikhe­id van grondontei­ening sonder vergoeding. Roofdiere. Veediefsta­l. Die koolstofsp­oor. Klimaatsve­randering. Wetgewing. Listeriose. Bek-en-klouseer en ander siektes wat Suid-Afrika se gesondheid­status by die internasio­nale organisasi­e vir dieregeson­dheid (OIE) kan bedreig. Die invoer van swak hoendervle­is. Mites dat rooivleis tot hoë cholestero­l, hartvatsie­ktes en ander siektetoes­tande bydra. Daar is egter strukture om al dié bedreiging­s die hoof te bied, het Schutte gesê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa