Landbouweekblad

SKOENE VAN SUIWER WOL VERRAS ONTWERPERS

- MARLEEN

Eers was daar liggewig-sportklere van suiwer wol wat gemaklik soos ’n tweede vel pas, warm én koel kan wees, en sportlui of buitelugge­esdriftige­s droog op die vel hou.

Nou is die jongste modegier op die mark skoene wat van suiwer wol geweef is, veral tekkies en gemaklike draskoene.

Een van die maatskappy­e wat dié nuwe omgewingsv­riendelike neiging begin het, is Allbirds van San Francisco in Amerika. Sy eerste was die gewilde Wool Runner, wat met superfyn Merinowol uit Nieu-Seeland geweef word. Dit is ’n heel nuwe klas in skoeisel. Resensente skryf dat dit voel of jy op lug loop daarmee.

Hul tekkies het ál die ander voordele wat suiwer wol bied: Dit is warm, pas gemaklik en is anti-mikrobies.

Die Allbirds-ontwerpers sê die sukses van die nuwe wolskoenre­eks het hulle ietwat uit die veld geslaan.

Ander skoenmaker­s wat intussen suiwer wol in hul tekkies begin weef is, is die maatskappy Nike, wat wol tot sy Air Max- en Air Jordans-produkreek­s toegevoeg het.

Die luukshedem­aatskappy Zegna verkoop ook ’n paar Merino-tekkies. So ook die maatskappy Giesswein.

In Suid-Afrika, soos elders ter wêreld, is hierdie soort skoene nie vrylik op die winkelrakk­e beskikbaar nie. Dit word meestal aanlyn oor die internet bestel en afgelewer.

Me. Monica Ebert, oorspronkl­ik van ’n skaapplaas in Amerika, het onlangs by die landboumaa­tskappy BKB aangesluit as internasio­nale handelsmer­k-ontwikkela­ar van Core Merino.

Sy sê hoewel daar nog geen vaste planne gemaak is nie, is die skoene van suiwer wol ’n produk wat beslis ook op hul radar is. Dit sal wel baie navorsing en ontwikkeli­ng verg.

Sy het modeontwer­p en bemarking aan die Staatsuniv­ersiteit van Kansas gestudeer, sowel as mode-ontwerp in Londen, waar sy geleer het hoe om wol se gehalte volgens mikron, lengte en sterkte te beoordeel. Voorts het sy aan die San Angelo-universite­it in Texas gestudeer, waar sy navorsing oor die genetiese eienskappe van skape en die invloed daarvan op wolkleding­stukke gedoen het. Dit is werk wat van die skaap op die plaas tot by die kledingstu­k gestrek het. Sy het ook in die wolbedryf in die Amerikaans­e deelstaat Montana en in Nieu-Seeland gewerk voordat sy by BKB in Port Elizabeth aangesluit het.

— SMITH

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Die maatskappy Allbirds van San Francisco, Amerika se Wool Runners word van fyn Nieu-Seelandse Merinowol geweef, weeg net 453,6 g elk en word in Milan, Italië, geweef. Al hoe meer tekkies soos dié betree deesdae die skoenmark.
FOTO: VERSKAF Die maatskappy Allbirds van San Francisco, Amerika se Wool Runners word van fyn Nieu-Seelandse Merinowol geweef, weeg net 453,6 g elk en word in Milan, Italië, geweef. Al hoe meer tekkies soos dié betree deesdae die skoenmark.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa