Landbouweekblad

REUSE-KONINGSKAN­DELAAR BEKOOR NAMPO KAAP

- — ALANI JANEKE

’n Reuse-kandelaar wat uit 300 koningskan­delaarblom­me bestaan, het menige besoeker aan die eerste Nampo Kaap op Bredasdorp bekoor. Me. Marjolijn Malan, organiseer­der van die Overbergse inheemse flora-uitstallin­g in die BKB-saal op Nampo Kaap, sê dié reuse-koningskan­delaar is die grootste in sy soort ter wêreld. “Dit is die meeste koningskan­delaarblom­me wat nóg ter wêreld in een uitstallin­g gebruik is.”

Die bestuur van Nampo Kaap het Malan, wat onder meer ’n lid van die Wes-Kaap se blomme-vereniging is, genader om ’n unieke uitstallin­g van inheemse flora saam te stel. Mnr. Dirk Giliomee, ’n plaaslike boer, het haar met die uitstallin­g bygestaan.

Sy het die droë koningskan­delaarblom­me, wat net van Februarie tot April blom, in die veld bymekaar gemaak. “Ek het besluit om reg om die kandelaar verskillen­de blommerang­skikkings te maak van tonele wat eg aan die Overberg is. Die rangskikki­ngs is gekombinee­r met swart-wit foto’s van natuurtone­le uit die spesifieke streke van die Overberg waar die blomme voorkom.”

Mnr. Toit Wessels, assistentb­estuurder van bemarking en Nampo by Graan SA, sê hulle beoog om dié uitstallin­g by Nampo Kaap in 2019 selfs groter te maak. “Die droogte het ’n impak op die natuurlike flora gehad, maar ons hoop dat dié uitstallin­g volgende jaar nóg groter sal wees.”

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Rome is nie in ’n dag gebou nie . . . Ook nie die grootste koningskan­delaar ter wêreld wat op die afgelope Nampo Kaap te sien was nie. Me. Marjolijn Malan het maande lank kandelaarb­lomme bymekaar gemaak, terwyl die boer mnr. Dirk Giliomee ’n struktuur gesweis het waaraan die droë blomme geheg kon word. Hulle het vier dae lank by Bredasdorp­park aan die uitstallin­g gebou.
FOTO: VERSKAF Rome is nie in ’n dag gebou nie . . . Ook nie die grootste koningskan­delaar ter wêreld wat op die afgelope Nampo Kaap te sien was nie. Me. Marjolijn Malan het maande lank kandelaarb­lomme bymekaar gemaak, terwyl die boer mnr. Dirk Giliomee ’n struktuur gesweis het waaraan die droë blomme geheg kon word. Hulle het vier dae lank by Bredasdorp­park aan die uitstallin­g gebou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa