Landbouweekblad

KEER SÓ BRUCELLOSE

- — JOHAN VAN DER MERWE

Brucellose is ’n hoogs aansteekli­ke siekte wat vinnig in ’n kudde versprei en groot finansiële gevolge het. Aangetaste diere bly lewenslang­e draers en dien as bron van besmetting vir die res van die trop.

Brucellose is ’n beheerde siekte. Veeboere behoort minstens elke twee jaar hul ganse kudde vir die siekte te laat toets, beveel dr. Sophette Gers, veterinêre patoloog by Pathcare-laboratori­ums, aan. Sy was een van die sprekers op die Landbounav­orsingsraa­d (LNR) se vleisbeesb­oeredag wat einde September buite Franschhoe­k gehou is.

“Enige diere wat positief toets, moet geslag word. Moenie toelaat dat hierdie diere in die nasionale kudde bly nie.”

Hier is haar vyf stappe om brucellose te vermy en uit te wis indien jou kudde reeds besmet is.

1. Ent jou diere in. Volgens wet moet alle jong verskalwer­s van vier tot agt maande oud eenmalig ingeënt word. Daar is twee entstowwe wat gebruik kan word, naamlik Brucella S19 van Onderstepo­ort en RB51 van MSD.

2. Toets alle diere gereeld. Alle vroulike diere ouer as 18 maande moet gereeld getoets word (die toetsinter­val word deur die unieke omstandigh­ede en aard van die beesboerde­ry bepaal). Toets ook bulle vir die siekte. Die siekte is hoogs aansteekli­k en kan versprei indien alle besmette diere nie geïsoleer en van kant gemaak word nie.

3. Besmette diere moet geslag word. Diere wat positief toets, moet geïsoleer word van die res van die kudde en by ’n geregistre­erde slagplaas ingevolge ’n Rooikruisp­ermit geslag word.

4. Skenk aandag aan detail. Dit is belangrik om die diere individuee­l te identifise­er en die bloedmonst­ers te merk ten einde te verseker die regte dier se resultaat is beskikbaar.

5. Plaas gekoopte diere in kwarantyn. Indien jy verskalwer­s inkoop, hou hulle afsonderli­k van jou eie kudde tot hulle klaar gekalf het en getoets kan word. Omdat brucellose ’n beheerde siekte is, is dit enigiemand se reg om die brucellose-status van enige dier en trop aan te vra.

 ??  ?? Dr. Sophette Gers, veterinêre patoloog by Pathcare-laboratori­ums, beveel aan dat veeboere minstens elke twee jaar hul kudde vir brucellose toets.
Dr. Sophette Gers, veterinêre patoloog by Pathcare-laboratori­ums, beveel aan dat veeboere minstens elke twee jaar hul kudde vir brucellose toets.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa