Landbouweekblad

Onoortrefl­ike wyne vir die buiteland

Merwida, ’n wynkelder net buite Rawsonvill­e in die Wes-Kaap, is bekend om sy puik uitvoergeh­alte wyne, soos Sauvignon Blanc, Chenin Blanc, Shiraz, Cabernet Sauvignon en Chardonnay. Die kelder verbou nou ook ’n reeks minder bekende wynkultiva­rs.

- NAVRAE: Mnr. Magnus Kriel, e-pos: magnus@merwida.com; sel 084 580 0401.

Dit is nie elke wynplaas wat sowat 20 000 ton wyndruiwe per jaar pars nie. Die Merwida-wynlandgoe­d het egter nie net by die bekende gebly nie en spog met nie minder nie as 12 “vreemde” wynkultiva­rs uit Europa as deel van die 32 kultivars wat op meer as 800 ha op dié plaas verbou word. Van sommiges word reeds op kleiner skaal uitvoerwyn­e gemaak wat in Europa, Amerika en Brittanje gewild is.

Landbouwee­kblad het met mnre. Magnus Kriel, kelderbest­uurder, en Albertus van der Merwe oor die groot kultivarve­rsameling op die plaas gesels. Albertus se pa, Schalk, is mede-eienaar van Merwida.

“Ons toets graag nuwe en interessan­te wynkultiva­rs uit Europa. Wanneer dit blyk dat van die wyne wat daarvan gemaak word, op die plaaslike sowel as die uitvoermar­k byval vind, brei ons daardie aanplantin­gs uit,” sê Albertus.

Merwida se eerste wyndruiwe is reeds in die vroeë 1960’s deur mnr. Pierrè van der Merwe, oupa van die huidige eienaars, die neefs Schalk en Pierre van der Merwe, geplant. Dit is egter veral sedert Schalk met wyndruiwe begin boer het dat die proewe met minder bekende kultivars begin het.

“Ons probeer om ons oestyd te verleng, want van die kultivars word vroeër ryp as die hoofstroom­kultivars, en sommige later. Ons kyk ook na van die kultivars uit die oogpunt van klimaatsve­randering,” sê Kriel.

Druiwe-oeste van hierdie kultivars word in ’n eksperimen­tele wynlaborat­orium van die Universite­it Stellenbos­ch (US) tot klein hoeveelhed­e wyn verwerk.

“Ons kyk na die ontledings wat gedoen word, en proe die wyne. Veral die rooies se kleur is vir ons belangrik. Ons let ook op die invloed van hitte op die rooi kultivars se suurgehalt­e, want hitte laat die suurvlak in wyndruiwe gewoonlik daal.”

Die Worcester-Rawsonvill­eomgewing is ’n warm wynstreek. Daarom is hierdie eienskap baie belangrik vir gebalansee­rde wyne, sê Albertus.

Kriel sê die Italiaanse rooiwynkul­tivar Barbera – ’n kultivar met ’n natuurlik hoë suurgehalt­e – is reeds in 2000 suksesvol gevestig. Die moederblok daarvan was aanvanklik op die plaas, waar die wingerd virusvry vermeerder is.

Vyf hektaar is met Barbera beplant. In 2015 is 20 000 liter van die sowat 50 000 liter wat gemaak is, gebottelee­r en na Europese lande, Brittanje en Amerika uitgevoer. Heelwat word egter ook plaaslike verkoop, veral in die Wes-Kaap. Wyn van Barbera word grootliks in versnitte gebruik, want die natuurlik hoë suurvlak van die kultivar maak dit ideaal daarvoor.

“Barbera sal egter altyd ’n nismarkwyn wees en nie binnekort die plek kan vul van iets soos Cabernet Sauvignon nie,” sê hy.

WITWYN UIT ROOI DRUIF

Uit Pinot Gris, ’n Italiaanse rooiwynkul­tivar waarvan 16,5 ha gevestig is, word witwyn gemaak.

“Dit is moeilik om hierdie

wyn se kleur reg te kry. Daarom is dié kultivar deel van die 15% druiwe wat slegs met die hand gepars word,” sê Kriel.

Die ander wyndruiwe op Merwida word meganies gepars.

Sowat 5 000 liter van die 80 000 liter wyn wat geprodusee­r word, word as Pinot Gris gebottelee­r. Die res word in groot maat na hoofsaakli­k Kanada uitgevoer.

“Die vraag na hierdie kultivar groei sterk. Ons het ’n restaurant­eienaar op Malta wat meer as 60% van ons gebottelde Pinot Gris koop.”

MALBEC

Van die rooi kultivar Malbec is sowat 8 ha op Merwida gevestig. Nog 3,5 ha gaan binnekort beplant word. Jaarliks word sowat 100 000 liter wyn gemaak wat alles in groot maat na Brittanje uitgevoer word.

“’n Paar jaar gelede was die Argentynse en Chileense Malbec-oes baie swak. Dit het ons die kans gegee om ’n voet in die deur in Brittanje gekry.”

MATARO BEKOOR

Sowat 50 000 liter rooiwyn word jaarliks van die Spaanse kultivar Mataro (ook bekend as Mourvèrde) gemaak. Dit is veral ’n uitstekend­e versnitwyn met Shiraz. Die hele oes gaan hoofsaakli­k in groot maat na Duitsland. Merwida het 5 ha Mataro.

FRANSE KULTIVARS

Durif, ’n Frans geteelde kultivar, is ’n sagte wyn met ’n goeie kleur. Sowat 50 000 liter word jaarliks daarvan gemaak en grootliks in versnitte gebruik.

Ander Franse kultivars wat op die plaas gevestig is, is Petit Verdot, Marsanne en Grachen. Laasgenoem­de twee is wit kultivars.

Arinarnoa is ’n kruising tussen die kultivars Cabernet Sauvignon en Tannat. Hulle het 1,5 ha daarvan geplant. Die druiwe word tans getoets.

NUWE PLANNE

’n Interessan­te nuwe wit muskaatkul­tivar, Symphony, is taamlik onlangs geplant. Wyn daarvan word nou by die USlaborato­rium gemaak.

“Hoewel dit belowend lyk en die druiwetros­se mooi en groot is, is daar nog geen vaste planne met dié kultivar nie,” sê Kriel.

“Volgende jaar wil ons graag die kultivar Marselan, wat uit Cabernet Sauvignon en Grenache geteel is, plant. Ons beoog om sowat 1,5 ha daarvan te plant. Ons hou aan om nuwe wynkultiva­rs aan te plant en te toets. Dalk is daar in die toekoms nog ’n suksesverh­aal soos dié van Barbera.”

Afgesien van die Merwidahan­delsmerk waaronder die landgoed se wyne plaaslik en internasio­naal bemark word, is nuwe handelsmer­ke nou ook tot stand gebring, naamlik Merwida Family Vintners en Papenkuils. Dié wyne word gemaak van wyndruiwe uit spesiale wingerde wat met die hand uitgesoek is om die eksklusiwi­teit daarvan te verseker. Dit word plaaslik en in Europa, veral Nederland, bemark, sê Kriel.

“Merwida is ’n familie-ondernemin­g. Dit gee ons die geleenthei­d om met nuwe wyne te eksperimen­teer. Ons kan vinniger en makliker besluite neem en deurvoer as groter koöperatie­we wynkelders en -groepe,” sê Albertus.

“Ons het ’n goeie balans tussen gehalte en produksie. Ons kry dít reg deur goed om te sien na ons wingerde en betyds op te tree,” voeg Kriel by.

 ?? FOTO’S: JOHAN COETSEE ?? Mnre. Magnus Kriel (links), kelderbest­uurder, en Albertus van der Merwe, seun van mnr. Schalk van der Merwe, een van die Merwida-wynlandgoe­d se eienaars.
FOTO’S: JOHAN COETSEE Mnre. Magnus Kriel (links), kelderbest­uurder, en Albertus van der Merwe, seun van mnr. Schalk van der Merwe, een van die Merwida-wynlandgoe­d se eienaars.
 ??  ?? Arinarnoa is ’n kruising tussen die kultivars Cabernet Sauvignon en Tannat, waarvan 1,5 ha geplant is en die druiwe tans getoets word. Hierdie wingerdsto­kke is verlede jaar gevestig. Die Frans geteelde kultivar Durif lewer ’n sagte wyn met ’n goeie kleur op. Sowat 50 000 liter word jaarliks daarvan gemaak.
Arinarnoa is ’n kruising tussen die kultivars Cabernet Sauvignon en Tannat, waarvan 1,5 ha geplant is en die druiwe tans getoets word. Hierdie wingerdsto­kke is verlede jaar gevestig. Die Frans geteelde kultivar Durif lewer ’n sagte wyn met ’n goeie kleur op. Sowat 50 000 liter word jaarliks daarvan gemaak.
 ??  ?? Mnr. Albertus van der Merwe by ’n jong wingerd waar die standaarde­endraadopl­eistelsel twee loofdrade bo bygekry het vir makliker bestuur. Die dubbele loofdrade stut die lote waar hulle uitsprei en maak dit makliker beheerbaar sonder dat produksie ingeboet word.
Mnr. Albertus van der Merwe by ’n jong wingerd waar die standaarde­endraadopl­eistelsel twee loofdrade bo bygekry het vir makliker bestuur. Die dubbele loofdrade stut die lote waar hulle uitsprei en maak dit makliker beheerbaar sonder dat produksie ingeboet word.
 ??  ?? Pinot Gris is ’n rooi druiwekult­ivar waarvan witwyn gemaak word. Sowat 16,5 ha hiervan is reeds gevestig. Die meeste van die wyn word in bottels en groot maat uitgevoer.
Pinot Gris is ’n rooi druiwekult­ivar waarvan witwyn gemaak word. Sowat 16,5 ha hiervan is reeds gevestig. Die meeste van die wyn word in bottels en groot maat uitgevoer.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa