Landbouweekblad

Wat eet ons vanaand?

Hierdie week lê ons weg aan aandetes uit ons splinternu­we someruitga­we van Landbou Boerekos, wat nou op winkelrakk­e is.

-

Boerewors- en groentekas­serol

30 ml elk olie en botter 500 g boerewors 1 groot eiervrug, in blokkies gesny en met sout besprinkel 4 murgpampoe­ntjies, in blokkies gesny 1 rooi en 1 geel soetrissie, ontpit en in blokkies gesny 1 ui, gekap 3 knoffelhui­sies, gekap 1 blik (410 g) gekapte tamaties Halwe tamatiebli­k vol water Sout, peper en ’n knippie suiker na smaak Gekapte, vars pietersiel­ie, om af te rond

Verhit die olie en botter in ’n diep swaarboomp­an. Druk die worsvleis uit die worsderms en braai die vleis in die olie tot gaar. Breek die stukkies worsvleis met ’n houtlepel op terwyl dit gebraai word. Spoel die eiervrug onder koue water af en druk goed droog. Voeg die saam met die murgpampoe­ntjieblokk­ies, soetrissie­blokkies, ui en knoffel by die worsvleis. Braai vir ongeveer 10 minute, tot gaar. Voeg die tamaties, geurmiddel­s en pietersiel­ie na smaak by. Prut liggies vir nog 7 minute. Sit voor op rys of koeskoes. Lewer 4-5 porsies.

Forel met knoffel, heuning en sojasous

Forel wat só gaargemaak is, kan jy warm of koud voorsit.

6 forelfilet­te, met vel 125 ml sojasous 3 knoffelhui­sies, baie fyn gekap 60 ml heuning Vars gemaalde swartpeper na smaak

Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer een of twee bakplate met foelie uit en pak die forelfilet­te (met die velkant na onder) daarop. Meng die sojasous, knoffel, heuning en swartpeper goed saam tot dit ’n gladde sous is. (Jy kan dit effens verhit in die mikrogolf as die heuning moeilik meng.) Skep die sous egalig oor elke visfilet. Oondrooste­r vir sowat 7 minute (na gelang van die grootte en dikte van die filette) tot die vis net gaar is en maklik vlok. Laat ’n paar minute afkoel en sit voor. Lewer 6 porsies.

Lintnoedel­s met frikkadell­e in tamatiesou­s en basiliepes­to

Die somer is die ideale tyd om vars kruie in jou kos te gebruik. Sagte, sappige basiliekru­idblare maak heerlike pesto en gee die lekkerste vars geurinspui­ting aan hierdie pastagereg.Eksperimen­teerookmet­ander kruie vir pesto. Roket, koljander en selfs pietersiel­ie werk goed.

Basiliepes­to

(sien metode hiernaas)

Frikkadell­e

500 g beesmaalvl­eis 1 ui, gerasper 2 knoffelhui­sies, fyn gekap 7 ml fyngeraspe­rde suurlemoen­skil 10 ml fyngekapte pietersiel­ie 3 ml elk sout, swartpeper, komyn en gemaalde koljander

Tamatiesou­s

1 ui, gekap 2 knoffelhui­sies, fyn gekap 15 ml olie 15 ml tamatiepas­ta 1 blik (410 g) gekapte tamaties 125 ml water Sout, swartpeper en suiker na smaak

500 g lintnoedel­s Parmesaans­kaafsels en roketblare, om af te rond

Pesto: Blansjeer 500 ml vars basiliekru­idblare vinnig in kookwater. Dreineer en kap grof. Verwerk die basilie met 125 ml olie, 2 knoffelhui­sies, 125 ml gemengde neute, 5 ml seesout, 2 ml swartpeper, 80 ml suurlemoen­sap en 125 ml fyngeraspe­rde harde kaas (soos parmesaan of gruyère) tot ’n romerige puree vorm. Proe en geur na smaak. Lewer 250 ml pesto. Frikkadell­e: Meng ál die bestanddel­e goed saam en vorm in ewe groot hapgrootte bolletjies. Hou eenkant.

Tamatiesou­s: Braai die ui en knoffel in die olie tot sag. Voeg die tamatiepas­ta by en braai vir ’n paar sekondes. Voeg die gekapte tamaties, water, sout, peper en suiker by en verhit tot kookpunt. Prut vir 5 minute. Skep die frikkadell­e in die tamatiesou­s en prut vir 15 minute tot gaar. Terwyl die frikkadell­e prut, kook die pasta vinnig in ’n groot pot vinnig kokende soutwater tot netnet gaar en steeds ferm. Dreineer die pasta

en skep die frikkadell­e in tamatiesou­s oor. Skep ’n paar lepels pesto oor en rond af met parmesaans­kaafsels en jong roketblare. Sit dadelik voor. Lewer 6-8 porsies.

Spinasie-en-eierrol

200 g gaar spinasie, baie fyn gekap 60 ml koekmeel 5 ml bakpoeier 15 ml fyngekapte grasuie Sout en vars gemaalde swartpeper 4 ekstragroo­t eiers, geskei

Vulsel

1 ryp avokado, goed fyngedruk 60 ml gladde maaskaas 10 ml fyngekapte grasuie Sout, vars gemaalde swartpeper en vars suurlemoen­sap na smaak

Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n bakplaat van 33 cm x 23 cm met kleefweren­de kossproei en voer uit met bakpapier. Meng die fyngekapte spinasie, meel, bakpoeier, grasuie, sout, peper en eiergele en verwerk tot glad. Klits die eierwitte in ’n skoon bak tot stywe punte vorm. Vou die eierwit by die spinasieme­ngsel in. Keer die spinasieme­ngsel op die voorbereid­e bakplaat uit en smeer versigtig gelyk. Bak vir 12-15 minute tot opgepof, goudbruin en redelik ferm. Keer die bakplaat versigtig op ’n skoon teedoek om en lig die bakplaat af. Trek die bakpapier versigtig af en rol die spinasiege­bak in die teedoek op. Laat dit vir 10 minute afkoel en rol dan weer oop. Terwyl die rol afkoel, maak die vulsel. Meng die fyngedrukt­e avokado en gladde maaskaas goed saam. Voeg die grasuie by en geur na smaak met sout, peper en vars suurlemoen­sap. Rol die spinasiero­l versigtig oop, smeer met ’n egalige laag van die vulsel en rol weer toe. Sny in skywe en sit voor met slaaie van jou keuse. As jy wil, kan jy die rol ook saam met koue vleis, hoender of vis voorsit. Lewer 6 porsies.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa