Landbouweekblad

SA EEN ‘GIFTIGE SAMPIOEN’ WEG VAN SUKSES OF INEENSTORT­ING

- JOHAN COETSEE

“SUID-AFRIKA is slegs één giftige sampioen weg van óf ’n goeie regering, óf van totale ineenstort­ing ná die 2019-verkiesing. Laat ons hoop pres. Cyril Ramaphosa het goeie dokters wat hom kan red van die giftige sampioen. Dit plaas die land op ’n naaldpunt.”

Só het mnr. Christo van Rheede, adjunk- uitvoerend­e direkteur van Agri SA, op ’n tegniese inligtings­dag naby Robertson gesê. Die dag is deur die Inmaakvrug­te-produsente­vereniging en Droëvrugte Tegniese Dienste (DTD) aangebied.

“Stel jou ’n land voor met mnr. David Mabuza as president, me. Nkosazana (Dlamini-)Zuma as adjunkpres­ident, mnr. Ace Magashule in Luthuli-huis en die premier van Noordwes as sy adjunk!”

Tog moet boere nie toelaat dat hul emosies met hulle op loop gaan nie, want as Suid-Afrika sy boere verloor, plof die land in en dit kan nie bekostig word nie.

Van Rheede het na die Eenheidsfo­rum vir die Landbou (Asuf) se onlangse gesprekke verwys. Agri SA, Afasa, Nafu SA en TLU SA was daarby betrokke.

“Ek is baie meer optimistie­s ná die gesprek en ek glo dat dit die landbou in Suid-Afrika na nuwe hoogtes kan voer.

“Ons is besig om die ware boere van die land bymekaar te trek in die proses. Ongelukkig sit ons net met ’n onbeholpe burokrasie wat nie behoorlik uitvoering kan gee aan die President se opdragte nie.”

Agri SA steek ’n baie duidelike hand uit na die Regering. “Daar is 100 000 swart boere wat deur die verskillen­de affiliasie­s van Agri SA funksionee­r. Daar is 10 000 swart boere wat wol uitvoer na China en uitstekend­e pryse behaal en 10 000 swart graanboere wat uitstekend saam met Agri SAaffilias­ies funksionee­r.

“Agri SA hanteer die politieke

aspekte, maar onderhande­l nie oor grondontei­ening sonder vergoeding nie. Ons praat oor praktiese planne wat uitvoerbaa­r is, want dit is die enigste manier om die saak van die boer te stel, al kry ons baie kritiek.” ’n Mentalitei­t van wit teen swart kan nie bekostig word nie, “want ons wíl hê alle boere moet hul volle potensiaal bereik”. ’n Wen-wen-situasie deur vennootska­ppe is haalbaar.

Van der Rheede het ’n beroep gedoen dat politieke partye hulle op die ware probleme in die land moet toespits – werklooshe­id, armoede, sekerheid, kragproble­me, verblyf, water en onderwys, pleks van om van grond ’n politieke speelbal te maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa