Landbouweekblad

OLYFOLIE-OES IETWAT GROTER

- — AMELIA GENIS

Vanjaar se olyfolie-oes was sowat 10% groter as verlede jaar se oes, maar steeds kleiner as die oes van 2016.

Me. Karien Bezuidenho­ut, bestuurder van SA Olive, sê olyfoliepr­oduksie was sowat 1,5 miljoen liter. “Die gehalte van die olie is baie goed. Van die 93 olies wat vir die jaarlikse SA Olive-kompetisie ingeskryf is, het 81 medaljes ontvang.”

Bezuidenho­ut sê die winterreën was te laat vir vanjaar se oes. Hulle glo dit gaan goed wees vir die 2019-oes.

Sy sê die droogte van die afgelope paar jaar het weer die klem op droogtebes­tande kultivars geplaas. “Die bedryf kyk na ander opsies met die samewerkin­g van die Landbounav­orsingsraa­d, maar gaan nie binnekort nuwe kultivars beskikbaar stel nie.”

Hoewel die meeste olie-olywe in ander ander wêrelddele meganies geoes word, word olywe plaaslik meestal met die hand geoes. “Buiten dat die bedryf graag tot werkskeppi­ng bydra, is die fisieke skade minder as die olywe met die hand geoes word.”

Suid-Afrikaanse olyfolie het vanjaar skoonskip gemaak in die Italiaanse Sol D’Oro Southern Hemisphere-kompetisie in Kaapstad. Die gehalte van plaaslike olie kan toegeskryf word aan produksie-eenhede wat klein genoeg is om aandag aan detail te gee.

SA Olive skat sowat twee derdes van die olyfolie wat plaaslik gebruik word, word ingevoer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa