Landbouweekblad

BRAHMANE IN NAMIBIË VERDUBBEL

- — CHARL VAN ROOYEN

Die getal Brahmane in Namibië het in die afgelope tien jaar verdubbel. Dit staan nou op 20 000 geregistre­erde diere, terwyl die getal telers ná die droogte op sowat 120 gestabilis­eer het.

Mnr. Mecki Schneider, voorsitter van die Namibiese Brahmantel­ersgenoots­kap, het op die Windhoeksk­ou gesê die ras se gewildheid as voorrangra­s vind ook gestalte in kruisings. Sowat 70% van alle slagbeeste en speenkalwe­rs het Brahmangen­e in hulle.

’n Deel van die sukses kan aan die genootskap se beleid toegeskryf word dat alle Brahmane individuee­l gekeur en in die databasis opgeneem word nadat hulle op grond van 15 eienskappe geëvalueer is. Die genootskap volg ook ’n streng, geordende opleidings­beleid met beoordelaa­rs en keurders.

Sowat 84% van die lede neem vrywillig aan prestasiet­oetsing deel en 92% het teelwaarde­s vir hul kuddes. Brahmantel­ers het verder die meeste stereerbew­yse vir volledige dataaantek­ening van alle beesrasse in Namibië ontvang.

Internasio­naal werk die Namibiese genootskap nou saam met SuidAfrika, Australië en Amerika rakende genomiese navorsing.

Skoue bly ’n aktiewe bemarkings­aksie. Die genootskap probeer om die nasionale kampioensk­apskou, wat elke vier jaar plaasvind, verder uit te brei. Vanjaar is 200 stoetbeest­e van 19 telers vir die kampioensk­apskou in Windhoek ingeskryf.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa