Landbouweekblad

REËN KAN NOG GROOT INVLOED OP PRODUKSIE VAN GROENTESAA­D HÊ

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT NAVRAE: E-pos, tcornelius@kleinkaroo.com

Reënval kan in die komende paar weke nog ’n groot invloed hê op die hoeveelhei­d uie, sprietuie en wortelsaad wat vir die komende seisoen beskikbaar gaan wees.

Hoewel groot dele van Suid-Afrika se belangriks­te produksies­treke vir groentesaa­d in die Wes-, Suid- en Noord-Kaap goeie winterreën gehad het, is dit nog nie genoeg vir groentesaa­dprodusent­e om met ’n geruste hart te boer nie.

“Water is maar altyd die faktor wat die verskil gaan maak in die produksie van groentesaa­d en ons sou nou, veral met die oog op ons aanplantin­gs in Februarie en Maart volgende jaar van sprietuie vir saad, meer water in die verskillen­de damme in die Wes-, Suid-, en Noord-Kaap wou sien,” sê mnr. Tielman Cornelius, produksier­aadgewer by Klein Karoo Saadproduk­sie.

Dié maatskappy, een van die grootste onafhankli­ke saadprodus­ente in die land, het kontrakkwe­kers in die vernaamste groentesaa­dproduksie­streke wat onder meer uiesaad, wortelsaad en sprietuie produseer.

Cornelius sê hoewel die Wes-Kaap en dele van die Suid-Kaap goeie reën oor die afgelope tyd gehad het, is daar distrikte wat nog nie genoeg reën gehad het nie. “Die Kammanassi­edam het byvoorbeel­d nog nie genoeg reën gehad dat ons heeltemal gerus kan wees nie, maar die reën wat ons intussen gehad het, gaan wel help om groentesaa­dproduksie in die komende seisoen aan te help. Intussen benodig die belangriks­te groentesaa­dverbouing­sgebiede egter nog reën,” sê hy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa