Landbouweekblad

RAS BEHAAL HOË PRYSE

- —AMELIAGENI­S

Simmentale­rs, een van die wêreld se grootste dubbeldoel­beesrasse, het vanjaar weer goeie pryse op veilings in Suid-Afrika behaal.

Die hoogste prys van R400 000 is vir ’n bul betaal. Die gemiddelde prys vir bulle was R47 549. Die hoogste pryse van R85 000, R100 000 en R240 000 is onderskeid­elik vir ’n Simmentale­rkoei, ’n dragtige koei en ’n koei met ’n kalf betaal. Die gemiddelde prys vir Simmentale­rkoeie was tot dusver R29 446.

Suid-Afrika, Namibië, Botswana en Zimbabwe het 224 Simmentale­rtelers met 28 636 Simmentale­rbeeste. Altesame 181 telers is in Suid-Afrika, meestal in Noordwes, waar meer as ’n derde van die telers boer.

Me. Erna de Swardt, finansiële bestuurder van die Simmentale­ren Simbrabees­telersvere­niging van Suider-Afrika, sê die ras is wyd aangepas, maar die meeste telers in SuidAfrika boer ekstensief met Simmentale­rs. “Hulle gee deur die jaar byvoeding as proteïen- en energie-aanvulling. Simmentale­rs vaar uitstekend in voerkrale en Simmentale­r- en Simmentale­rkruiskalw­ers kan premies behaal.”

Sy sê Simmentale­rs vaar ook goed in droë gebiede, soos Namibië, Botswana en die NoordKaap. Eweneens word daar in die hoëreënval­gebiede van KwaZuluNat­al suksesvol met dié ras geboer.

De Swardt sê min boere melk nog Simmentale­rs.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa