Landbouweekblad

MNR. CHRISTIAAN DE JAGER

-

WAT IS DIE BESTE BOERDERYBE­SLUIT WAT JY AL GENEEM HET?

Om met die Chianina, ’n beesras waarvoor ek ’n passie het, te boer.

WAT IS DIE BESTE RAAD WAT JY AL GEKRY HET?

Diepte en ’n groot pens by ’n bees laat jou afval verkoop, wat ’n vaste prys het, maar lengte en ’n agterkwart laat jou bees in vleiswaard­e tot sy reg kom. Jy leer niks van beesboerde­ry deur te praat nie; wel deur te kyk, te luister en te lees. As jy nie die goeie eienskappe in elke beesras kan raaksien nie, gaan jy ’n baie arm boer wees.

WAT IS DIE GROOTSTE FOUT WAT JY IN JOU BOERDERY GEMAAK HET?

Deur besluite te neem op grond van ondernemin­gs wat deur amptenare van die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye gegee is.

WIE WAS JOU MENTOR?

’n Beesboer se mentor is die een in wie se voetspore hy as kind in die kraal geloop het. In my geval was dit my pa, Chris. Van reproduksi­ewerk het ek by dr. Duncan Prinsloo geleer en oor die Chianina by die Italiaanse nasionale keurder, mnr. Matteo Ridolfi.

WAT IS JOU STRUIKELBL­OKKE?

Om langtermyn­beplanning te doen in boerderyom­standighed­e waar eiendomsre­g in die gedrang kan kom.

EN DIE GROOTSTE GELEENTHED­E?

Die feit dat ek die reggekry het om semen van die Chianinara­s se prominents­te bulle, Orizio, Oblo, Feleno, Saul, Gegio, Tallurino en Urpino, te gebruik terwyl die Italianers nie dié bulle mag gebruik nie.

WATTER TEGNOLOGIE IS ONMISBAAR?

’n Mikroskoop en embrio-oorplantin­g. O-LA-LA-Chianinas het ’n fase betree waar meer as 600 embrio’s van die heel beste teelmateri­aal tans in beeste in Suider-Afrika oorgeplant word. Sonder dié tegnologie sou die ras nooit tot sy reg kon kom in Afrika nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa