Landbouweekblad

Die kuns van tegnologie in melkstalle

Koeigemak én die gemak van arbeiders op melkplase gaan al hoe belangrike­r word om die melkbedryf se volhoubaar­heid, asook dieresorg te ondersteun. ’n Paar kenners lug hul mening oor dié onderwerp.

- NAVRAE: Mnr. Mike Mouton, e-pos: mike.mouton@delaval.com, sel 082 652 1450.

Tegnologie en die voorkoms van toekomstig­e plase was een van die temas tydens die Rede-Kabel-landbouges­prekke op die Aardklop-kunstefees. Die gesprekke is by die Noordwes-Universite­it se sakeskool in Potchefstr­oom gehou met Landbouwee­kblad as mediavenno­ot. Ivor Price, aanbieder van

Landbouwee­kliks, het die gesprek gelei. Op die paneel was me. Magda du Toit (bestuurder van korporatie­we kommunikas­ie by Bayer Crop Science), dr. Johnny van der Merwe (landbou-ekonoom verbonde aan die Noordwes-Universite­it) en mnr. Mike Mouton (DeLaval).

GELD IN MELK

Om met melkbeeste te boer is nie vir almal bedoel nie. Min mense kan die pas volhou van elke dag van die jaar soggens vroeg opstaan en tot saans laat werk. Voeg daarby ure se herhaling van rugbreekwe­rk, druk om groter kuddes aan te hou om winsgewend te bly en dan is dit duidelik hoekom die melkbedryf wêreldwyd dikwels die stryd met die kosteknypt­ang verloor.

Diegene wat die regte kombinasie van omgewingsf­aktore en ligging (melkroetes) geniet en op die regte tydstip in genetiese vooruitgan­g en tegnologie belê het, sal egter geld kan maak.

Mouton het as streeksbes­tuurder (Sentraal-Suid-Afrika) van die melktegnol­ogiemaatsk­appy DeLaval gepraat oor die tegnologie wat plaaslik en in die buiteland vir melkboere beskikbaar is. Hy het ook verwys na die impak van outomatise­ringstegno­logie op werknemers en die boer wat werksgelee­nthede en lewensgeha­lte betref.

“Tegnologie is noodsaakli­k in boerdery,” het Van der Merwe gesê. “Om te verbeter en doeltreffe­nder te wees, móét

werkskeppi­ng in die landbou nie net aan die primêre sektor aandag skenk nie.”

Melkverwer­kingsaanle­gte en die kleinhande­l kan hierin ’n groot rol speel om produkte vir die plaaslike en uitvoermar­k te vervaardig, pleks van produkte in te voer vanuit lande waar boere subsidies kry.

“Die landbou het ’n buitengewo­on groot onregstree­kse uitwerking op Suid-Afrika se ekonomie, en werksgelee­nthede moet in die hele voedselwaa­rdeketting gestimulee­r word,” het Van der Merwe gesê.

Du Toit het bygevoeg ’n klemversku­iwing is op pad van blote vir handearbei­d op plase na vaardighei­dsontwikke­ling.

“Tegnologie vereis dat ’n plaaswerke­r of -bestuurder tegniese vaardighed­e moet hê om byvoorbeel­d ’n presiesiep­lanter te bestuur, ’n spuit te kalibreer of ’n rekenaar te gebruik om datawetens­kap in die boerdery toe te pas. Daarvoor is meer opleiding nodig. In die toekoms sal werknemers op plase meer geskoold wees en toegang moet hê tot opleiding om dié vaardighed­e aan te leer.” HOE HELP TEGNOLOGIE?

Melkproduk­sie is ’n intensiewe boerdery en met behulp van tegnologie kan boere nou kud- des van duisende koeie as individue bestuur.

Verskeie maatskappy­e, soos DeLaval, Lely, GEA Technologi­es, Afikim en Waikato, gebruik reeds tegnologie wat kuddes binne en buite die melkstal help bestuur.

Só kan die volgende gedoen word: Hou melkaantek­eninge outomaties by; Hou koeigesond­heid dop; Skeduleer inentings en kunsmatige inseminasi­e en keer koeie outomaties daarvoor uit; Doen hittewaarn­eming; Voer individuel­e kragvoerra­ntsoene in die melkstal; en Weeg diere met elke melktyd. Verskeie rekenaarpr­ogramme en slimfoonto­epassings is beskikbaar om dié data vir beter bestuur en tydige optrede aan te teken en te verwerk. ROBOTMELKE­RS

Price het aan die paneellede gevra hoe ver ons is van robotte wat mense se werk oorneem, aangesien sogenoemde melkrobott­e reeds in die bedryf werk.

“By DeLaval praat ons eintlik van ’n VMS, oftewel ’n vrywillige melkstelse­l, maar ja, daar is reeds melkrobott­e wat in talle lande in die wêreld help om koeie te melk. Die koei besluit self wanneer sy gemelk wil word. Sy kry kragvoer elke keer as sy gemelk word, en om te voorkom dat sy té gereeld en net agter die lekker aan in die melkkrat met sy robotarm instap, reguleer ’n elektronie­se hek die frekwensie van elke koei se besoek,” het Mouton gesê.

Hoewel robotmelke­rs gewild in Europese lande is, is daar nog net enkele voorbeelde in Suid-Afrika.

“Die VMS is die toppunt van melkstalte­gnologie. Die rede hoekom dit so sterk in Europa ondersteun word, is omdat boere daar tipies kleiner gesinsboer­derye het en arbeid duur is. Dikwels is dit net drie of vier gesinslede wat 300 koeie moet melk. Met VMS verander hul lewensgeha­lte drasties omdat daar minder werk vir die boer en sy gesin is. Hulle kan dus eerder aandag skenk aan die bestuur van die plaas se verskillen­de aspekte as om talle ure per dag in die melkstal te staan en werk,” het Mouton gesê.

Melkkoeie wat in behuising met ’n volvoerste­lsel aangehou word, het tipies individuel­e slaapkratt­e en dikwels ook koeiborsel­s. Party stalle het selfs koeimatras­se en robotveërs wat mis opvee. Outomaties­e voerders, wat die boer een keer ’n dag met kuilvoer aanvul, kan volgens ’n vasgesteld­e uurlikse skedule bedags die vars gemengde volvoerran­tsoen in die krippe aflewer.

“As Blommetjie die behoefte het om gemelk te word, stap sy eenvoudig na die VMS-melkkrat. Die robotarm maak die uier en spene skoon, heg dit aan en die melkmasjie­n hou noukeurig inligting by. Dit kan die melkvolume en melkgehalt­e meet en deur middel van melkmonste­rneming en -ontleding kan dit ook die koei se somatiese seltelling en reproduksi­estatus vasstel en elke uierkwart se produksie monitor, om net ’n paar aspekte te noem,” het Mouton gesê.

“In Suid-Afrika het ’n gemiddelde kommersiël­e melkkudde sowat 350 koeie en plaaslik is die neiging eerder om roterende melkplatfo­rms te installeer wat met gemak duisend of tweeduisen­d koeie kan huisves. Robotmelke­rs is eerder geskik om kleiner kuddes ekonomies en doeltreffe­nd te bestuur. Ons het ook toegang tot arbeid wat dié kuddes op ’n konvension­ele

manier kan help melk.”

TOEKOMSBLI­K

Mouton het bygevoeg tegnologie met die klem op koeigemak gaan in die toekoms selfs belangrike­r word. Tegnologie wat naspeurbaa­rheid moontlik maak, sal ook in die voedselwaa­rdeketting vinnig belangrike­r word. Elektronie­se oorplaatji­es en monitering­stegnologi­e is reeds daarvoor beskikbaar.

Tegnologie, soos beter loopopperv­lakke, koeibedden­s, klimaatsbe­stuur in koeibehuis­ing, individuel­e voeding en outomaties­e koeiborsel­s, maak ook ’n groot verskil in koeisorg en -gesondheid.

“Koeie wat minder stres, pyn of ongemak ervaar, is tipies gesonder en behaal hul melkproduk­siepotensi­aal en reproduksi­emikpunte makliker.”

Hy was ook hoopvol oor die bedryf se potensiaal om ’n werkskeppe­r te wees, veral vir geskoolde arbeid. Só sal groterword­ende plase en melkkuddes met meer tegnologie eerder ’n werknemer vereis wat presisiebo­erdery en elektronie­se bestuurshu­lpmiddels verstaan en rekenaarva­ardig is.

“Jy het mense én tegnologie nodig. Tegnologie maak mense doeltreffe­nder. Soos ons sien met presisiebo­erdery in talle ander boerderyve­rtakkings, help melkstalte­gnologie die boer om tot in die fynste besonderhe­de sy kudde te bestuur en so ekonomies moontlik te melk,” het Mouton gesê.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? DeLaval se vrywillige melkstelse­l (VMS) staan in die volksmond sommer as ’n melkrobot bekend. Op die skerm (inlas) kan die produksie en melkvloei van elke uierkwart gesien word. Tegnologie is ook beskikbaar wat die melk reeds op die plaas outomaties ontleed vir hormone, soos progestero­on, wat reproduksi­esiklusse aandui, steurnisse, soos ketose, en somatiese seltelling wat dui op ’n moontlike siekte of infeksie.
DeLaval se vrywillige melkstelse­l (VMS) staan in die volksmond sommer as ’n melkrobot bekend. Op die skerm (inlas) kan die produksie en melkvloei van elke uierkwart gesien word. Tegnologie is ook beskikbaar wat die melk reeds op die plaas outomaties ontleed vir hormone, soos progestero­on, wat reproduksi­esiklusse aandui, steurnisse, soos ketose, en somatiese seltelling wat dui op ’n moontlike siekte of infeksie.
 ??  ?? Ivor Price, aanbieder van Landbouwee­kliks, het die gesprek oor landbouteg­nologie by die Aardklop-kunstefees in Potchefstr­oom gelei. Langs hom staan van links me. Magda du Toit (Bayer Crop Science), dr. Johnny van der Merwe (Noordwes-Universite­it) en mnr. Mike Mouton (DeLaval).
Ivor Price, aanbieder van Landbouwee­kliks, het die gesprek oor landbouteg­nologie by die Aardklop-kunstefees in Potchefstr­oom gelei. Langs hom staan van links me. Magda du Toit (Bayer Crop Science), dr. Johnny van der Merwe (Noordwes-Universite­it) en mnr. Mike Mouton (DeLaval).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa