Landbouweekblad

BLOKTOETS VERBYSTER

-

’n Uitslagper­sentasie van 61,56 van ’n graad C-Chianinako­ei van mnr. Christiaan de Jager wys watter moontlikhe­de daar vir beesboere is om hul winsgrense te verhoog.

’n Uitslagper­sentasie van 50 en 55 as die koei baie vet is en ’n ongewone liggaamsbo­u het, is ’n goeie riglyn vir die meeste beesrasse. Toe De Jager die 12-jarige Chianinako­ei laat slag het, het dit bevestig wat hy lankal in die buiteland gehoor en self vermoed het: Daar is nog onontginde moontlikhe­de vir Suider-Afrika se boere om méér wins te maak en hul volhoubaar­heid te verhoog.

Die koei is by die Klipeiland-slagplaas op Bronkhorst­spruit geslag en ’n bloktoets is by die Uitkyk-vleismark in Pretoria gedoen. Die toets is met die samewerkin­g van BKB

gedoen, wat die gewigte gemonitor het.

De Jager meen dit maak nuwe deure vir boere en ook vir kommersiël­e telers oop. ’n Hoë uitslagper­sentasie beteken daar kom ’n groter karkas uit die geslagte bees, wat vir almal voordelig is.

Uitslagper­sentasie is belangrik. As dié koei (wat 814 kg geweeg het) net 50% sou uitslag (wat die norm is), sou haar karkas 407 kg geweeg het. Danksy haar beter uitslagper­sentasie het sy ’n karkas van 501,15 kg (koue gewig) opgelewer. Die verskil van 94,15 kg maak teen ’n prys van R38/kg ’n wesenlike verskil aan die bedrag wat ’n boer vir sy geslagte bees kry.

Die bloktoets het getoon die karkas het net 4,17% afvalbene gehad, veel minder as die gemiddelde 9,57% van standaardk­arkasse wat by Uitkyk beland.

Die Chianina het ook net 7,84% harde vet gehad teenoor ’n algemene karkas se 9,68%. Bene en vet word teen ’n verlies verkoop en die keursnitte moet daarvoor vergoed. Nog goeie nuus is die hoër persentasi­e keursnitte, naamlik kruisskyf, klubskyf en filet.

Die bloktoets dien sommer ’n ander mite die nekslag toe, naamlik dat die Chianina “te groot” is. “Wins met beesboerde­ry begin by ’n hoë kalfpersen­tasie, wat ook ’n eienskap van die Chianina is, maar vir die voerkraal gaan dit oor die voeromsett­ingsverhou­ding (VOV) en uitslagper­sentasie. Dís waar hul wins lê.”

Hy het van 2000 tot 2010 aan fase C-prestasiet­oetsing deelgeneem. Sy bulle se gemiddelde VOV was 5,01; met ander woorde hulle vreet 5,01 kg voer om 1 kg gewig aan te sit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa