Landbouweekblad

VOORDELE VAN KRUISTELIN­G

-

Mnr. Christiaan de Jager het proewe vir swaarder speenkalwe­rs gedoen deur Chianinabu­lle met Afrikaner-, Brahman-, Angus-, Pinzgauer-, Simmentale­r-, Simbra-, Braunvieh-, Nguni-, Boran- en Bonsmarako­eie te kruis.

Die jongste proefkruis­ings was met die Wagyu, wat uitstekend­e resultate ten opsigte van marmering en veral groei en karkassame­stelling opgelewer het.

Die kruisings lewer almal ’n speenkalf met ’n gladde haarkleed en goeie bespiering, groei, pigmentasi­e, temperamen­t en skede. Die kalf bereik vinnig ’n bemarkbare gewig.

Hy het ook ’n Simmentale­r-Chianinakr­uisbul by die Landbounav­orsingsraa­d (LNR) se Instituut vir Diereverbe­tering by Irene vir ’n fase C-toets ingeskryf. Die bul se gemiddelde daaglikse gewigstoen­ame van 2 436 gram/dag en voeromsett­ingsverhou­ding van 3,88 was die beste in dié toetsgroep. Sy daaglikse voerinname van 9,48 kg was slegs 2,25% van sy liggaamsge­wig.

De Jager skryf ’n deel van die sukses met kruistelin­g daaraan toe dat die Chianina uit die Bos primigeniu­s stam en geneties nie nou aan enige van die tipies Europese of plaaslike rasse in SuiderAfri­ka verwant is nie.

Die vleis word deur lae kilojoules en cholestero­l (slegs 53 mg per 100 g vleis) en hoë proteïen (meer as 20%) gekenmerk, wat dit baie gesond en gesog maak. In Italië word dié vleis onder sy eie handelsmer­k bemark en die welbekende Italiaanse Fiorentina verwys na ’n T-been afkomstig van ’n Chianina.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa