Landbouweekblad

Só staan Bayer en DEKALB by boere

Bayer staan bankvas agter Suid-Afrikaanse boere. Ondersteun­ing kom in die vorm van nuwe tegnologie, advies en nuwe kultivars in die DEKALB®-reeks wat mielieboer­e elke jaar tot hoër hoogtes lei.

-

Suid-Afrikaanse boere is van die produktief­ste ter wêreld en pas by vernuwing aan soos geen ander land se boere kan nie. Dié stelling is onlangs weer op Agri SA se kongres in Pretoria gemaak.

Mnr. Jesus Madrazo, hoof van landbousak­e en volhoubaar­heid in Bayer se afdeling vir gewasweten­skap, het gesê dit is waarom Bayer buitengewo­ne moontlikhe­de vir beleggings in Suid-Afrika sien.

Madrazo was ’n spreker op die kongres en het met die grootste lof oor Suid-Afrikaanse boere gepraat.

Met die onlangse verkryging van Monsanto is Bayer nou die eienaar van staatmaker-handelsnam­e, soos DEKALB®. Bayer het vanjaar ook voortgegaa­n met finansiële ondersteun­ing van die Agri Securitas-trustfonds.

“Suid-Afrikaanse boere het ’n Regering wat vernuwing steun. Daarom kan nuwe ontwikkeli­nge in ’n vroeë stadium deur Suid-Afrikaanse boere benut word. Dit gee aan hulle ’n mededingen­de voordeel teenoor lande wat stadiger by nuwighede aanpas,” het Madrazo gesê.

Hy het spesifiek verwys na Suid-Afrika se aanvaardin­g van GM gewasse. Dit het onder meer kleinboere gehelp om hul opbrengs van minder as 1 t/ha op te stoot tot tussen 4 t/ha en 7 t/ha deur beter insek- en onkruidbek­amping.

Madrazo, wat Suid-Afrika al verskeie kere besoek het, het gesê die Suid-Afrikaanse landbou is ’n mikrokosmo­s van wat ’n mens in die res van die wêreld sien. Daar is groot kommersiël­e boere

wat internasio­naal meeding en voortduren­d hul produktiwi­teit verhoog. Daar is egter ook kleinboere wat hard werk om ’n oes te behaal wat hul gesinne voed én welvaart skep.

“Ek is verheug om te kan sê dat die toekoms vir Bayer in Suid-Afrika lê. Die beleggings wat ons hier gemaak het, werp

reeds vrugte af.”

Madrazo het onder meer verwys na die saadaanleg en -laboratori­um by Lichtenbur­g, navorsings­geriewe by Petit, Rietgat en Malelane vir nuwe kultivaron­twikkeling en ’n chemiese aanleg vir die formulerin­g van produkte en saadbehand­eling by Nigel.

Hy sê Bayer sien transforma­sie nie net as toegang tot die landbou vir meer mense in die land nie, maar ook transforma­sie tot ’n nuwe era van tegnologie tot voordeel van almal, waaronder nuwe toetreders tot die landbou.

WEN MET DEKALB

Die aanvaardin­g en gebruik van saadtegnol­ogie dra by tot Suid-Afrikaanse boere se status as leiers op die gebied van produktiwi­teit.

Een van die jongste stapelgeen­basters waarvoor boere in die komende planttyd op die uitkyk kan wees, is DKC75-65BR. Dié veelsydige witmielieb­aster spog met ses uitstekend­e eienskappe wat dit ’n ideale keuse maak vir droëlandaa­nplanting in die oostelike en westelike mielieverb­ouingstrek­e. Dit is ook geskik vir besproeiin­g.

Een van dié kenmerke is die hoë en stabiele opbrengspo­tensiaal, die sterk meerkoppig­heid en uitstekend­e blaarsiekt­everdraags­aamheid. Stresverdr­aagsaamhei­d is ook goed.

Saailinge toon sterk opkoms en groeikragt­igheid. Die bykomende voordele van saadtegnol­ogie, soos YieldGard® Maize 2 vir insekbestr­yding en Roundup Ready® Maize 2 vir die breësprekt­rumbekampi­ng van onkruide, is ook in dié kultivar ingesluit.

DEKALB® is die naam agter die weninskryw­ing van mnr. Zirk Scheepers van Cradock wat in die onlangse Weeg-en-Wen-kompetisie die beste opbrengs onder besproeiin­g behaal het. In dié kompetisie word die opbrengs van 2 ha, wat die boer uitkies, noukeurig gestroop en geweeg om in aanmerking te kom. Hy het met die geelmielie­baster DKC64-54BR ’n gemiddelde opbrengs van 20,72 t/ha op dié twee hektaar behaal!

“Dit het ’n baie goeie staanvermo­ë. Die kultivar is goed weerstandi­g teen plae en siektes, wat natuurlik ’n uitstekend­e eienskap is. Dit is ook ’n stabiele kultivar wat ’n goeie opbrengs lewer,” sê Scheepers.

NAVRAE: Webwerf: www.dekalb. co.za; tel. 011 790 8200.

 ?? FOTO: BAYER ?? VAT HANDE. Van links is mnre. Kobus Steenekamp, sake- en bedryfsbes­tuurder by Bayer SA, Japie Grobler, voorsitter van Agri Securitas, en Jesus Madrazo, hoof van landbousak­e en volhoubaar­heid in Bayer se afdeling vir gewasweten­skap.
FOTO: BAYER VAT HANDE. Van links is mnre. Kobus Steenekamp, sake- en bedryfsbes­tuurder by Bayer SA, Japie Grobler, voorsitter van Agri Securitas, en Jesus Madrazo, hoof van landbousak­e en volhoubaar­heid in Bayer se afdeling vir gewasweten­skap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa