Landbouweekblad

John Deere spog met nuwe reeks

John Deere het ’n nuwe reeks trekkers ontwikkel wat spesifiek ontwerp en gebou is om die struikelbl­okke die hoof te bied wat ’n boord, wingerd en kwekery aan boere stel.

- NAVRAE: Webwerf: www.afgriequip­ment.co.za; tel. 011 063 2347.

John Deere se reeks 5EN Narrow-trekkers bied twee modelle. Danksy John Deere se PowerTech-dieselenji­ns van 57 kW tot 67 kW kan boere verseker wees daar is genoeg krag beskikbaar vir selfs die moeilikste take. Kapasiteit en trefkrag is vir John Deere belangrik.

“Operateurs­tasies vir die reeks 5EN Narrow-trekkers sluit ’n oop stasie en kajuitplat­form in,” sê me. Irene Hart, produksies­telselspes­ialis vir boord- en wingerdtre­kkers.

“Transmissi­e-opsies sluit die basiese 12F/12R PowerRever­ser met ’n opsionele kruipratop­sie in. Dit is ideaal vir veeleisend­e toestande.”

Die swaardiens-MFWD-vooras met meganiese beheer bied ’n betroubare werkvermoë in normale laaitoesta­nde. Die beperkte glip-ewenaar ontsluit die ware potensiaal van die as. Dit laat verhoogde trekstangk­rag en verbeterde vastrapver­moë toe, selfs wanneer een band nie voldoende grondkonta­k het nie.

Operateurs kan danksy die ekonomiese 540/540E-kragaftakk­er die keuse uitoefen oor wat nodig is vir hul kragaftakk­erwerktuie. Die 540E-model bied 540 r/min. aan die kragaftakk­er teen ’n enjinspoed van 1 700 r/min., wat baie brandstofd­oeltreffen­d is. Hefboomkon­troles is maklik om uit te ken en ergonomies en gerieflik geposision­eer.

GERIEFLIKE KAJUIT

Operateurs van die reeks 5EN Narrow-trekkers sal die verminderi­ng van geraas en vibrasie deur die sitplek, stuurwiel en hefboomkon­troles waardeer, tesame met ’n fabrieksge­ïnstalleer­de kajuit wat ROPS-gesertifis­eer is dat dit beskerming bied indien die trekker rol.

Die 5EN Narrow se kajuit bied ’n skoon, stil omgewing met beskerming teen elemente en sluit ’n filter met geaktiveer­de koolstof in.

Die kantvenste­rs maak na voor oop vir uitstekend­e ventilasie. Die linkerdeur maak wyd oop, wat dit maklik maak om in en uit te klim.

TORINGSPUI­TE

Die bespuiting van spesialisg­ewasse is nou meer presies en goedkoper danksy John Deere se gespesiali­seerde reeks wingerden boordspuit­e. Boere kan kies uit verskeie werktuie en torings waarvan die lugvloei en tenkgroott­es verskil volgens wat hul bedrywighe­de op die plaas die beste pas.

“Die reeks is ideaal vir produsente van spesialisg­ewasse wat egaliger en presiese chemiese bespuiting vereis en minder geld aan brandstof en chemikalie­ë wil uitgee deur bespuiting­sdoeltreff­endheid te verhoog,” sê Hart.

Die toringspui­te in die M100reeks is ontwerp vir vrugteboor­de en wingerde. Die R100-reeks se toringspui­te is spesifiek vir sitrus ontwerp. Die toringspui­te in die M200-reeks is vir olyfboere ontwerp.

Die plantvorm van wingerde maak dit moeilik om die blare en vrugte te bereik, wat bespuiting derhalwe ook bemoeilik. Dit is nou maklik danksy die R300reeks se toringspui­te met ’n unieke kombinasie van atomiserin­g en blaastegno­logie.

Nóg ’n belangrike aspek van John Deere se nuwe reeks gespesiali­seerde gewasspuit­e is die lugtoevoer­stelsel. ’n Doeltreffe­nde waaierontw­erp, kragtige aksiale waaier en groter waaiermont­eerstuk verhoog die volume lug wat ingeneem word, aansienlik. Dit lewer ’n kragtiger uitset, wat tot doeltreffe­nde lugvolumes en lae kragverbru­ikvereiste­s lei.

John Deere het verskeie torings om bykomende hoogte by neute of ’n sagter newel by vrugte te skep, na gelang van ’n boer se behoeftes en voorkeure.

 ?? FOTO’S: AFGRI ?? Dit is moeilik om wingerde te bespuit omdat die blare en vrugte weens die plantvorm nie maklik bereik kan word nie. Die reeks R300-toringspui­te bemeester egter dié taak met die unieke kombinasie van atomiserin­g en blaastegno­logie.
FOTO’S: AFGRI Dit is moeilik om wingerde te bespuit omdat die blare en vrugte weens die plantvorm nie maklik bereik kan word nie. Die reeks R300-toringspui­te bemeester egter dié taak met die unieke kombinasie van atomiserin­g en blaastegno­logie.
 ??  ?? John Deere se nuwe 5EN Narrow-trekkerree­ks is só kragtig dat boere gerus kan wees daar sal genoeg krag wees vir selfs die moeilikste take.
John Deere se nuwe 5EN Narrow-trekkerree­ks is só kragtig dat boere gerus kan wees daar sal genoeg krag wees vir selfs die moeilikste take.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa