Landbouweekblad

Sitrusinsp­uiting welkom: Rekordoes van 2m. ton betrap bedryf onkant

- — FREDALETTE UYS en JASPER RAATS

SUID-AFRIKA het, ondanks die droogte in die Wes-Kaap, vanjaar ’n rekordsitr­usoes van nagenoeg 2 miljoen ton behaal, en volgens die Suider-Afrikaanse Sitruskwek­ersverenig­ing (SASKV) is dit maar net die begin. Die land is reeds die grootste uitvoerder van sitrus naas Spanje.

Mnr. Justin Chadwick, uitvoerend­e hoof van die SASKV, sê Suid-Afrika kan verwag om volgende jaar 10 miljoen kartonhoue­rs meer as vanjaar te pak, en oor twee jaar nóg 10 miljoen kartonhoue­rs meer. Hy voorsien dat dié groeitempo ’n hele paar jaar sal aanhou namate nuwe aanplanble­me tings in produksie kom.

Chadwick sê Limpopo het die grootste deel van die jaar se oes gelewer, 40-45%, gevolg deur die Oos-Kaap met 35-40% en die WesKaap met sowat 15%.

Produksie in die Oos- en WesKaap het effens gedaal weens klimaatsfa­ktore.

Produksieg­roei het hoofsaakli­k by sagtesitru­s en suurlemoen­e plaasgevin­d. Chadwick sê die groei in suurlemoen­produksie is egter minder as wat die SASKV verwag het.

Nawelprodu­ksie, wat verlede jaar skerp afgeneem het weens die droogte in die noordelike produk- siegebiede, het weer herstel en tot die groter oes bygedra.

Die groot verrassing was pomelo’s. Mnr. Mitchell Brooke, die SASKV se logistieke ontwikkeli­ngsbestuur­der, sê die vooruitska­tting vir pomelo’s was onakkuraat. Die onverwagse toename het heelwat eise gestel wat vervoer betref. “Pomeloprod­uksie het sedert verlede jaar met 16 miljoen kartonhoue­rs tot 18 miljoen kartonhoue­rs toegeneem. Dit is ’n reusestygi­ng.”

LOGISTIEK

Volgens Brooke het die rekordoes vanjaar verskeie logistieke pro- vir die noordelike produksies­treek, wat van KwaZulu-Natal tot in Zimbabwe strek, ingehou.

Die SASKV sê daar moes vanjaar net meer as ’n miljoen palette vanaf die Durbanhawe uitgevoer word. Dit is drie keer meer as wat uit Kaapstad (307 000) en Port Elizabeth (357 750) verskeep is, en sal binne die volgende drie tot vyf jaar tot 1,135 miljoen palette styg.

Daar was reeds vanjaar nie genoeg vragmotors om vrugte van pakhuise na hawens te vervoer nie. ’n Tekort aan koue-opbergings­geriewe by die Durbanhawe het uitvoer verder vertraag.

Hy sê dié logistieke probleme kan nie binne ’n kort tyd opgelos word nie, aangesien die uitbreidin­g van vervoer en koue-opbergings­geriewe groot beleggings is.

TOEKOMSPLA­NNE

Een manier hoe die SASKV die logistieke probleem wil pak, is om meer vrugte per trein te vervoer. Die SASKV voer reeds geruime tyd gesprek met Transnet en hoop dat Transnet in beter toerusting vir die sitrusbedr­yf sal belê, “anders

gaan daar groot vervoerpro­bleme in die noorde wees”.

Volgens vooruitska­ttings sal die groter produksie teen 2022 ’n bykomende 8 000 vragmotorr­itte per jaar in die noorde noodsaak om sitrus by hawens te besorg.

Die Maputo-hawe in Mosambiek sal ná opknapping­s na verwagting volgende jaar gereed wees om sitrus te kan uitvoer. Die bedryf wag vir ’n skeepsvaar­tmaatskapp­y om aan te kondig dat hy van daar sal kan verskeep.

NÓg groei in sagtesitru­s- en lemoenprod­uksie word verwag omdat 25% van die land se aangeplant­e bome nog nie dra nie. Daarby behoort die Wes-Kaap se produksie ná die droogte te herstel.

Brooke sê vanjaar se totale sitrusprod­uksie van 130 miljoen kartonhoue­rs sal volgende jaar toeneem tot 145 miljoen, en oor twee jaar tot 190 miljoen.

“Die groei is só vinnig dat die infrastruk­tuur tot sy uiterste getoets word. Ons soek na beleggers wat kyk na beter vervoer en opberging. ”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa