Landbouweekblad

Chianina: Staat kry bloedneus oor embrio-invoer

- — CHARL VAN ROOYEN

Ingevoerde embrio’s en semen kan tot die beskikking van alle telers gestel word.

DIE registrate­ur vir veeverbete­ring het vir ’n tweede keer bloedneus in die hof gekry oor sy weiering om die Chianina as ’n wettige beesras in Suid-Afrika te erken.

In die jongste saak is mnr. Joel Mamabolo, die registrate­ur, se weiering om goedkeurin­g te gee vir die invoer van Chianinaem­brio’s en -semen op appèl ter syde gestel.

Mnr. Christiaan de Jager, wat met dié Italiaanse beeste by Badplaas in Mpumalanga, Catuane in die suide van Mosambiek en Montefiasc­one in Italië boer, beskou dit as ’n groot oorwinning vir die ras.

Die eerste nasionale Chianinave­iling vind op 10 November op Badplaas plaas.

De Jager sê die Chianina is in 1996 in Suid-Afrika geregistre­er, en dus as amptelike ras erken. In 2007, sonder om enige teler of SA Stamboek daaroor te raadpleeg, het Mamabolo dit egter van die register verwyder.

BEVEL GEÏGNOREER

Regter John Murphy het Mamabolo se handeling in 2014 in die Gautengse Hooggeregs­hof ongeldig verklaar en ter syde gestel. Mamabolo het dié hofbevel geignoreer. Toe Keeman Belegging BK verlede jaar aansoek gedoen het om 1 881 embrio’s en 30 000 strooitjie­s semen in te voer, het Mamabolo die aansoek geweier op grond daarvan dat die Chianina nie ’n erkende ras ingevolge die Wet op Veeverbete­ring is nie.

“Dit is hierdie besluit waarteen geappèllee­r is,” sê De Jager.

Adv. Z.Z. Matebezse, SC, prof. M.M. Scholtz en dr. L.E Matjuda het in Pretoria beslis Mamabolo het gefouteer.

De Jager sê die uitspraak bevestig die Chianina is ’n erkende ras. Dié status moet in die Staatskoer­ant reggestel word. Hulle het Mamabolo skriftelik verwittig dat hy binne sewe dae op die appèl moet reageer, anders lê hulle ’n klag van minagting van die hof.

TELERSGENO­OTSKAP

“Die ras kan nou voortgaan met die registrasi­e van ’n telersgeno­otskap ooreenkoms­tig die aansoek wat geruime tyd reeds op die registrate­ur se tafel lê,” sê De Jager.

“Sodra dit geregistre­er is, sal die genootskap as kenner van die ras oor die invoer van teelmateri­aal inspraak lewer. Die registrate­ur se regte word dus ingeperk.

“Ingevoerde embrio’s en semen kan tot die beskikking van alle telers gestel word en is nie verder onderhewig aan beperkende voorwaarde­s vir die evaluering van die ras nie.”

Mnr. Keith Ramsey, die vorige registrate­ur, het op Facebook bevestig die Chianina het Suid-Afrika wettig binnegekom en was sedert die einde van die 1990’s ’n volledig geregistre­erde en erkende ras ingevolge die wet.

 ?? FOTO: CHARL VAN ROOYEN ?? ’n Chianina-koei op ’n veiling in Italië.
FOTO: CHARL VAN ROOYEN ’n Chianina-koei op ’n veiling in Italië.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa