Landbouweekblad

Limpopo: AK47-bende teister boere

- — MARLEEN SMITH

BOERE in die distrik Lephalale in Limpopo voer ’n toenemende stryd teen bendes misdadiger­s wat hulself deesdae met AK47-gewere bewapen.

Die boere ry elke nag patrollie in skofte van ses uur, terwyl hulle bedags boer.

Lede van die plaaslike veiligheid­sforum met sy byna 500 lede gebruik radio’s om elke oggend en aand mekaar te kontak om seker te maak alles is wel. Hul radiobehee­rkamer op die dorp, wat die boere self bedryf en op die been gebring het, werk 24 uur per dag.

Mnr. Douw Pelser, voorsitter van die veiligheid­sforum, sê polisiesta­tistieke toon die meeste plaasaanva­lle is op swart plaasbewon­ers, dikwels wanneer die aanvallers weet werkers het kontantlon­e gekry of het slimfone, wat maklik teen R6 000 tot R7 000 gesmous kan word.

Die gebied is ’n deurgang vir misdadiger­s van Johannesbu­rg en Tshwane af na Botswana, Zambië en Zimbabwe deur Maartensdr­if. Aanvallers kom dikwels vanaf die Gautengse woonbuurte Dobsonvill­e en Alexandria, met binne-inligting oor wat wanneer op die plase te buit is.

‘NIE RASGEDREWE’

“As jou honde deesdae buite blaf, kan jy nie sommer net uitgaan om te kyk of dit ’n muskeljaat­kat is nie. Jy moet twee keer dink om te keer dat hulle langs jou bed staan,” sê Pelser.

In een voorval is dr. Werner Emslie in September verlede jaar op sy plaas, Goedehoop, in die Afguns-gebied deur aanvallers doodgeskie­t. Sy vrou, Mariëtte, ook ’n mediese praktisyn, en hul dogter, Barbara, is ernstig beseer.

Pelser meen die aanvalle is nie rasgedrewe nie. Dit het veral begin toeneem sedert Medupi, die nabygeleë steenkoolk­ragsentral­e van Eskom, werkers die afgelope jare begin aflê het en gesinne ’n gebrek aan kos begin ervaar het, sê hy.

POLISIE ONONTBEERL­IK

Hy voeg by dat die veiligheid­sforum goed met die polisie saamwerk. Hulle vergader gereeld met onder meer lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsial­e kommissari­s, en genl.maj. Jan Scheepers, sy adjunk. Dié polisiehoo­fde het landelike veiligheid in die gebied tot ’n voorrangsa­ak verklaar.

Vier landbou-organisasi­es – Agri SA, TLU SA, Nafu en Asafa – is in die forum verteenwoo­rdig. Hulle werk almal saam onder die vaandel van die plaaslike gemeenskap­spolisiëri­ngsforum.

“Ons kan nie hierdie pad sonder die polisie loop nie,” sê Pelser.

Wat beveiligin­g op ’n plaaswerf betref, glo hy in opskerping en betrokkenh­eid.

“Maak seker jou buurman is by die netwerk betrokke en kan eerste reageer as daar ’n aanval op jou plaas is. Die polisie is nie naby genoeg om vinniger as jou buurman by jou uit te kom nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa