Landbouweekblad

Staat speel vuil oor steenkoolm­yn

- – JOYLENE VAN WYK

’N SENIOR amptenaar van die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye is deur ANC-LP’s oor die vingers getik oor haar standpunt dat boere kapitaalbe­steding op infrastruk­tuur terughou weens beleidonse­kerheid, veral rakende onteiening sonder vergoeding.

Me. Ellen Matsei, direkteur vir ekonomiese ontleding en statistiek­e by die departemen­t, het die landbousak­ekamer Agbiz se sakevertro­ue-indeks vir die derde kwartaal vanjaar in haar ontleding van die produktiwi­teit van die landbousek­tor aan die Parlement se portefeulj­ekomitee vir landbou, bosbou en visserye voorgehou.

Sy het gesê die departemen­t het bewus geword van die gevoel dat beleidonse­kerheid min ruimte bied aan boere om werk te skep. Die meeste boere koop nie toerusting aan nie, brei nie hul bedrywighe­de uit nie en bestee niks aan infrastruk­tuur nie, omdat onteiening sonder vergoeding ’n ernstige kwessie is wat nog in die lug hang.

Die land se stadige ekonomiese groeikoers beïnvloed ook boere se beleggings­vermoë.

Me. Mamonare Chueu, ANCLP, het gesê die kwessie rakende onteiening sonder vergoeding het nie in 1994 bestaan nie, maar tog was landboubes­ighede se winsgewend­heid toe ook laag.

Me. Machwene Semenya, voorsitter van die portefeulj­ekomitee, het gesê dit kan nie waar wees dat die kwessie van onteiening sonder vergoeding bygedra het tot ’n swak bruto binnelands­e produk vir die sektor nie, want dit is eers betreklik onlangs afgekondig.

“Ek het nog nie ’n boer ontmoet wat aangedui het hy gaan nie plant nie weens die voorstel van onteiening sonder vergoeding.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa