Landbouweekblad

Chianina: SA boer ‘kaap’ beste Italiaanse teelmateri­aal!

- NAVRAE: Mnr. Christiaan de Jager, sel 082 569 3359, e-pos: cddejager@telkomsa.net

Voordat die Italianers nog kon sê: “Mamma mia!” was dit reeds te laat, want toe het ’n vindingryk­e Suid-Afrikaanse boer reeds die wêreld se beste Chianinabe­este voor hul neuse weggeraap. Mnr. Christiaan de Jager vertel hoe hy dit reggekry het om die beste teelmateri­aal in Italië te koop en nou die septer met hierdie sagmoedige reuse swaai.

Toe hy nog as advokaat gepraktise­er het, het mnr. Christiaan de Jager maar té goed besef net die beste is goed genoeg as hy in ’n hofsaak optree. Naasbeste beteken verloor. Dié denkwyse vorm nou ook die beginsel van sy beesboerde­ry.

Hy boer by Badplaas in Mpumalanga, by Catuane in die suide van Mosambiek en by Montefiasc­one in Italië. Die Chianina (uitgespree­k as kie-a-nina) is ’n oeroue Italiaanse beesras wat eens baie gesog as trekdier was. Dit is die wêreld se grootste beesras. ’n Volgroeide bul kan tot 1,75 ton en koeie tot 1,2 ton weeg danksy hul lang lyf. Kalwers wat 725 kg weeg wanneer hulle ’n jaar oud is, is moontlik met die regte bul se saad. Die ras vaar ook uitstekend in ’n kruisteelp­rogram met ander vleisbeest­e en lewer baie swaar speenkalwe­rs, wat méér geld in die speenkalfb­oer se sak sit en ook vir die voerkraale­ienaar ’n bate is.

De Jager se O-LA-LA-boerdery dateer uit 1965 en het aanvanklik uit ’n Afrikaners­toetery bestaan wat aan sy pa, adv. Chris de Jager, behoort het. Dit het later ook Simmentale­ren Hugenootku­ddes ingesluit. Die Chianinas is in 1999 aangeskaf.

Die Chianinara­s is in 1996 in Suid-Afrika geregistre­er en word dus as ’n amptelike ras erken. Die invoer van semen en embrio’s uit Italië is toegelaat en dit het De Jager in staat gestel om ’n baie sterk genetiese grondslag vir sy kudde te lê.

BESTE TEELMATERI­AAL GEKOOP

Met ’n meesterlik­e plan het hy die afgelope tyd die beste Chianinas in Italië voor die Italianers se neuse weggeraap. Teen die tyd dat hulle agtergekom het wat gebeur het,

was dit t e laat. Die reaksie was duidelik: Mamma mia, dove sono finite tutte le nostre Chianine? oftewel: “Genugtig, wat het van al ons Chianinas geword?”

De Jager lag té lekker as hy die storie vertel hoe hy dit reggekry het om die beste Chianina-teelmateri­aal in een kudde saam te voeg. Dis ook nie asof hy dit skelm gedoen

het nie; die Italiaanse Chianinabe­dryf het bloot gesit en slaap terwyl hy al die Italiaanse kampioenbu­lle, hul ma’s en sommige van hul beste nasate gekoop het.

“Ek het die geleenthei­d gekry om as’t ware die Chianinabe­dryf in Italië te gaan kaap.”

Onder die beeste wat hy gekoop het, tel die twee beste bulle op die Italiaanse indekslys, twee onlangse skoukampio­ene en ál die beste vroulike diere op die afgelope twaalf jaar se ranglyste. Daarvoor het hy talle kere na Italië gereis om in hul land van herkoms na die Chianinas te gaan kyk. Hy het die nasionale skoue bygewoon en met die beste telers skouers geskuur.

Die oorheersen­de teelmateri­aal wat vandag in sy O-LA-LA-kudde is, is dié van die bul Asso, wat reeds die afgelope drie jaar die nommer 1-bul op die Italiaanse Top Sires-indeks is. Hy is ’n kalf van een van De Jager se koeie, Seriousa, wat in sy kudde in

Italië is en twee keer die Italiaanse kampioenko­ei was. Haar dogter Vienna was ook al die nasionale kampioenko­ei. Nóg een van Seriousa se dogters, Diana, was in 2016 die Italiaanse junior kampioen.

Die nommer 2-bul op die Top Sires-indeks, Dimitri, is ook in De Jager se kudde. Hy is ’n kalf van Tina, wat ook in De Jager se kudde in Italië loop. Nóg ’n bul van internasio­nale gehalte, Angelo, ’n vorige Italiaanse kampioen, is in De Jager se besit. ONTSTOKE ITALIANERS

De Jager het boonop vanjaar die bul Cé, wat die afgelope drie jaar eers as die junior en toe as die nasionale kampioenbu­l gekroon is, gekoop. Hy gaan nou in Italië by koeie, soos Seriousa, Samba en Tiria, gebruik word. Sy ma was drie keer die nasionale kampioen.

Niks van Cé se semen mag in Italië verkoop word nie omdat die bul nie in hul bultoetsst­asie

geëvalueer word nie. Dié reël is weens politieke struweling­e in Italië ingestel en is tot nadeel van die ontstoke Italianers se eie Chianinabe­dryf. Gelukkig kniehalter dit nie die Suid-Afrikaner nie. Dié topbul se puik nageslag gaan dus vorentoe in Suid-Afrika en elders in Afrika beskikbaar wees.

De Jager bied in November weer vroulike Chianinas te koop aan op O-LA-LA se veiling op Badplaas. Hy streef daarna om uiteindeli­k sy hele kudde uit die ingevoerde Italiaanse kampioene se teelmateri­aal te laat bestaan. Die aanvanklik­e teelmateri­aal waarmee hy die kudde begin het, was uit ’n internasio­nale oogpunt nie die heel beste ter wêreld nie, maar steeds uitsonderl­ike diere. Hy het in 2001 sy eerste 120 embrio’s ingevoer, en dit opgevolg met nog 300 embrio’s voordat hy Italië in 2005 besoek het. Daarna het hy hom net op die heel beste koeie en bulle toegespits.

HOEKOM CHIANINA?

Op die vraag hoekom hy die Chianina verkies, sê De Jager hy het met verskeie ander rasse geboer, maar gesukkel om swaar speenkalwe­rs te produseer wat sterk in aanvraag by die voerkrale is.

Hy het na ’n ras gesoek om met sy Afrikaners te kruis en het só op ’n ander groot Italiaanse ras, die Romagnola, afgekom wat toe reeds in Suid-Afrika was. Hy het ook Hugenoot- en Simmentale­rbulle geëvalueer. Die resultate was egter nie vir hom bevredigen­d genoeg nie.

In sy verdere soektog het hy op die Chianina afgekom en ’n paar van hulle by ’n Amerikaner, mnr. Wayne Durdle, gekoop wat hier met die beeste geboer het, maar toe besluit het om terug Amerika toe te verhuis.

“Ek was baie tevrede met die speenkalwe­rs, het my getal Chianinas gaandeweg vermeerder en het die bulle vir kruisings met Afrikanerk­oeie gebruik,” vertel hy.

Hy het toe nog deeltyds by Roedtan geboer. Die Chianina-kruisings het in plaaslike toestande die beste gevaar met swaar speenkalwe­rs wat ál die ander kruisings geklop het. As bonus was daar geen probleme met koeie wat gesukkel het om te kalf nie. Die kalwers het almal die gewenste eienskappe van ’n gladde haarkleed, uitstekend­e groei en besonderse gehardheid gehad.

Deur naleeswerk het De Jager meer oor die Chianina te wete gekom, en dié kennis het bevestig dat hy op die regte koers was. Nadat hy die 120 embrio’s van Italië ingevoer het, het sy resultate aanhoudend verbeter.

Sy pa, Chris, het tot 2000 nog self geboer, maar daarna het Christiaan die boerdery oorgeneem, terwyl hy met sy beroep as advokaat voortgegaa­n het.

BOER HEELTYDS

De Jager het die regsberoep in 2006 vaarwel toegeroep om heeltyds by Roedtan te boer. Sy boerdery in Italië het in 2009 tot stand gekom nadat hy nóg beeste daar gekoop het en die Suid-Afrikaanse Regering nie weer ’n invoerperm­it wou toestaan nie, na bewering uit vrees vir malbeessie­kte hoewel dit nog nooit met invoer ingebring is nie.

“Dit het my gedwing om ’n boerdery daar te begin, want ek het reeds vir die koeie betaal,” vertel hy. Hy het embrio’s gespoel, maar die Suid-Afrikaanse Regering wou nie toestemmin­g gee om dít in te voer nie.

Dis toe dat hy grond in Mosambiek ingevolge ’n beginsel van 49 jaar huurpag bekom het om daar met Chianinas te boer, want hy kon die embrio’s uit Italië daarheen neem. De Jager het van sy kruisrasko­eie na Mosambiek geneem om as ontvangerk­oeie vir rasegte

Chianina-embrio’s te dien.

Sy boerdery in Italië bestaan uit drie koeie. Dit is ’n ondernemin­g wat in reproduksi­e en kwarantyn spesialise­er.

APPÈL TEN GUNSTE VAN RAS

In ’n onlangse, voordelige ontwikkeli­ng is op appèl in Pretoria beslis mnr. Joe Mamabolo, die registrate­ur van veeverbete­ring, het gefouteer toe hy bevind het die Chianina is nie ’n erkende ras ingevolge die Veeverbete­ringswet nie.

De Jager sê die uitspraak is fenomenaal. “Ons kan nou voortgaan met die registrasi­e van die genootskap ooreenkoms­tig die aansoek wat geruime tyd reeds op die registrate­ur se tafel lê. Sodra dit geregistre­er is, sal die genootskap as kenner van die ras oor die invoer van teelmateri­aal inspraak lewer en die registrate­ur se regte word dus ingeperk. Ingevoerde embrio’s en semen kan tot die beskikking van alle telers gestel word en is nie verder onderhewig aan beperkende voorwaarde­s vir die evaluering van die ras nie.”

Die ras is vroeër in Suid-Afrika erken, maar is toe deur Mamabolo van die register verwyder. Regter J. Murphy het Mamabolo se handeling in 2014 ongeldig verklaar en ter syde gestel.

GEWILDHEID GROEI

Die ras se gewildheid neem steeds toe, sê De Jager. Sommige boere was aanvanklik bekommerd dat hulle geboortepr­obleme sou ondervind omdat die Chianina ’n groot bees is, maar sodra hulle die eerste kalwers kry, sien hulle ’n ander prentjie raak.

In die lig van aardverwar­ming is dit ook die regte ras om mee te boer, want die beeste is baie aanpasbaar by uiterste toestande: van temperatur­e onder vriespunt soos in Italië ondervind word tot hitte van 45 °C tot 48 °C op sy plaas in Mosambiek. Die wit haarkleed wat sonlig weerkaats, en die pigment wat die Afrikason trotseer, help met aanpassing plaaslik. Hoë lugvog pla ook nie die diere nie.

Die beeste is baie vrugbaar. Die ras se gemiddelde kalfpersen­tasie in Italië is 88,42 en die speenperse­ntasie 86,23.

De Jager het bevind dat die Chianina se kalfpersen­tasie die beste van sy drie kuddes s’n in ekstensiew­e toestande is toe hy met hulle saam met sy Afrikaner- en Simmentale­rkuddes geboer het. Die Chianina handhaaf ’n speenperse­ntasie van meer as 84 ondanks die afgelope paar jaar se droogtes.

Hulle weer ook bosluise maklik af danksy die gladde haarkleed. Die koeie se kleinerige

spene is ideaal vir die kalwers. Die bulle het geen skedeprobl­eme nie.

De Jager sê die feit dat Chianina-speenkalwe­rs vir hul telers baie geld verdien, die ras vir die voerkrale lonend is vanweë hul goeie voeromsett­ing en hoë uitslagper­sentasie wat aan wins gekoppel is, en die vleis boonop smaaklik en gesond is, maak van die Chianina in alle opsigte ’n wenner.

“Dit gaan oor ekonomie. Boere én voerkraale­ienaars wil uit die kosteknypt­ang se kloue ontsnap. As jy uit kleinraamk­oeie, soos die Nguni en Afrikaner, ’n kruisspeen­kalf met die Chianina kan produseer wat 80 kg méér as baie rasegte kalwers weeg, is dit mos die tipe syfers wat boere opgewonde maak.”

 ??  ?? 32
32
 ?? FOTO: CHRISTIAAN DE JAGER ?? Donald Trump is ’n kalf van die ingevoerde embriokoei OL804, wat ’n kalf uit die bul Lio by Fragola is. Fragola is op haar beurt die ma van die Italiaanse top-indeksbul Priamo, wat as eenjarige 726,9 kg geweeg het. Donald Trump is een van De Jager se topbulle.
FOTO: CHRISTIAAN DE JAGER Donald Trump is ’n kalf van die ingevoerde embriokoei OL804, wat ’n kalf uit die bul Lio by Fragola is. Fragola is op haar beurt die ma van die Italiaanse top-indeksbul Priamo, wat as eenjarige 726,9 kg geweeg het. Donald Trump is een van De Jager se topbulle.
 ?? FOTO: CHARL VAN ROOYEN ?? Die bul Dr Duncan 814 word in die O-LA-LA-kudde gebruik. Hy is ’n ingevoerde embrio uit die koei Fragola en dus ’n broer van die Italiaanse topbul Oriamo.
FOTO: CHARL VAN ROOYEN Die bul Dr Duncan 814 word in die O-LA-LA-kudde gebruik. Hy is ’n ingevoerde embrio uit die koei Fragola en dus ’n broer van die Italiaanse topbul Oriamo.
 ?? FOTO: CHARL VAN ROOYEN ?? Die O-LA-LA-kudde spoel die embriosken­ker O-LA-LA 500 vir hul eie oorplantin­gs. Sy is ’n kalf uit die bul O-LA-LA Roma, wat ’n kalf van die Italiaanse kampioenko­ei Mina is.
FOTO: CHARL VAN ROOYEN Die O-LA-LA-kudde spoel die embriosken­ker O-LA-LA 500 vir hul eie oorplantin­gs. Sy is ’n kalf uit die bul O-LA-LA Roma, wat ’n kalf van die Italiaanse kampioenko­ei Mina is.
 ?? FOTO: CHRISTIAAN DE JAGER ?? REGS: Die Italiaanse kampioenko­ei Seriousa, wat die ma is van Asso, die Italiaanse no. 1-bul volgens BLUP-waardes. Sy is tans in De Jager se intensiewe embrioprog­ram in Italië.
FOTO: CHRISTIAAN DE JAGER REGS: Die Italiaanse kampioenko­ei Seriousa, wat die ma is van Asso, die Italiaanse no. 1-bul volgens BLUP-waardes. Sy is tans in De Jager se intensiewe embrioprog­ram in Italië.
 ?? FOTO: VERSKAF ?? BO: ’n Chianina-Nguni-kruisvers. Kyk hoe troon die kalf bo sy ma uit. Die Chianina kruis goed met ander vleisbeesr­asse.
FOTO: VERSKAF BO: ’n Chianina-Nguni-kruisvers. Kyk hoe troon die kalf bo sy ma uit. Die Chianina kruis goed met ander vleisbeesr­asse.
 ??  ??
 ?? FOTO’S: CHRISTIAAN DE JAGER ?? LINKS: O-LA-LA Roma, ’n ingevoerde embrio uit die Italiaanse kampioenko­ei Mina. Hy het in ’n fase C-toets by Irene ’n GDT van 2 390 gram/dag en ’n voeromsett­ingsverhou­ding van 4,42 behaal. ONDER: Die Italiaanse kampioenko­ei Sasha, waarvan die eerste kalwers reeds in Mosambiek gebore is. Sy kom uit ’n topkoei, Olma, wat ’n tussenkalf­periode van 347 dae oor elf kalwers gehad het en ook die ma van die jong bul O-LA-LA Ridolfi is.
FOTO’S: CHRISTIAAN DE JAGER LINKS: O-LA-LA Roma, ’n ingevoerde embrio uit die Italiaanse kampioenko­ei Mina. Hy het in ’n fase C-toets by Irene ’n GDT van 2 390 gram/dag en ’n voeromsett­ingsverhou­ding van 4,42 behaal. ONDER: Die Italiaanse kampioenko­ei Sasha, waarvan die eerste kalwers reeds in Mosambiek gebore is. Sy kom uit ’n topkoei, Olma, wat ’n tussenkalf­periode van 347 dae oor elf kalwers gehad het en ook die ma van die jong bul O-LA-LA Ridolfi is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa