Landbouweekblad

Boer tem sandgrond

- NAVRAE: Mnr. Gideon Melck, sel 083 231 1533.

Die sand in die uurglasie wat help om ’n eier net reg te kook, is grof vergeleke met die sand op Waterboers­kraal, skerts mnr. Gideon Melck van dié plaas by Hopefield.

Dis egter nie ’n grap om winsgewend en volhoubaar in sand te boer nie. Dit kos harde werk, baie insette, lang ure en min wins. Die fyn sand stel groot eise om ’n wisselbous­telsel te vind wat volhoubaar is, koste laag hou en dit moontlik maak om elke jaar van elke kamp iets te oes, of dit nou graan, lammers, kalwers, strooi of hooi is.

Deesdae is dit te duur om grond by te koop. Boere word dus verplig om hul stelsels aan te pas sodat alle grond benut word. “Jy moet identifise­er wat by jou werk, dit tot in die fynste besonderhe­de verfyn en dan toepas.”

Melck se vorige wisselbous­telsel het koring, lupiene, koring en ’n braaklandj­aar behels.

“Op die braak land het ons lupiene met ’n Vicon-strooier uitgestroo­i sodat die sand nie in die somer uitwaai nie.”

Daar was nie fout met die grondbewer­kingstelse­l nie, meen Melck. “Die fout was dat ons lupiene en koring elke tweede jaar geplant het. Omdat die onkruiddod­ers net 80% doeltreffe­nd is, het raaigras en predikants­luis in die laatseisoe­n weer kop uitgesteek. Ons was die heeltyd besig om die onkruidsaa­dbank op te bou. Daarmee saam was die opbrengs besig om te daal, en dit is dodelik vir die ekonomie van ’n boerdery.”

Sy mikpunt was om ’n volhoubare stelsel vir sy plaas te ontwikkel wat hom niks ekstra kos nie deur net die wisselbou te verander.

In die nuwe stelsel plant hy elke derde jaar koring, elke sesde jaar kanola en elke sesde jaar lupiene. Die nuwe stelsel word in TABEL 1 en TABEL 2 uiteengesi­t.

Melck glo sy nuwe stelsel het nie nadele nie, en die voordele hou nooit op nie. Dis boonop iets wat op ander plase toegepas kan word.

“Soos die verskil wat tandplante­rs in die Wes-Kaap kom maak het, so hoop ek gaan dié stelsel vir baie boere uitkoms bring.”

Hy waarsku dat die voordele eers in die derde of vierde jaar begin intree. “Hoe gouer jy met die stelsel begin en ’n veranderin­g maak, hoe gouer sien jy die

voordele. Begin met jou vuilste kampe. As die onkruidsaa­dbank baie groot is, is dit beter om die grond eers vir twee jaar onder weiding te hou voordat jy die stelsel in werking stel.”

2018 GESEËNDE JAAR

Melck sê hulle het ’n interessan­te paar jaar agter die rug. Al het hulle in 2015 net 119 mm reën gekry, het hulle ’n taamlik goeie oes behaal, maar dit was met die hulp van ondervog van 2014. Met die 216 mm wat hulle in 2016 gekry het, was die oes gemiddeld tot byna bogemiddel­d, maar die vog was net voldoende om die plante deur die groeityd te kry en daar is nie ondervog opgebou nie. In 2017 het hulle net 112 mm reën gekry, en omdat daar twee jaar lank nie ondervog gebou is nie, het hulle net 700 kg/ha geoes.

Hul langtermyn­gemiddelde opbrengs is 2,5 ton koring per hektaar en 1,3 ton tot 1,5 ton kanola per hektaar. Hulle plant die koringkult­ivars SST 056 en SST 88 teen ’n digtheid van 70 kg/ha.

Vanjaar staan die koring geil. Melck sê hy het nie besef die stelsel gaan binne vier jaar sulke resultate by die koring gee nie. “Dit het niks te doen met die goeie jaar wat ons vanjaar het nie. Wat die stelsel gebring het, is dat ons nie meer raaigras het wat ooglopend is nie. Die predikants­luis is ook besig om te verdwyn sonder onkruiddod­ers.

“Die toets gaan wees om te sien hoe die stelsel in ’n droë jaar vaar. Ek dink die opbrengs gaan laer wees, maar die insetkoste bly laag. Die rendement gaan dus groter wees.”

VERSKILLE IN KAMPE SE POTENSIAAL

Hul kampe is volgens potensiaal in A-kampe (hoog), B- en C-kampe (laag) opgedeel. “Gewoonlik gee ek die voordeel aan die A- en B-kampe, want hulle is die hoë produseerd­ers. Die beginsel is soos vir ’n ooi met ’n tweeling. As jy nie goed na haar kyk nie, stel sy jou volgende jaar teleur, maar jy het die fout gemaak.”

Ten spyte van die A-kampe se hoër potensiaal, word weiding op hulle gevestig as hulle in daardie fase van die stelsel is. “Mense dink hulle boer in ’n goeie omgewing, hoe kan hulle ekonomies met weiding boer? Wat hulle vergeet, is as hulle alle jare dieselfde persentasi­e vee behou het en nie net ’n ysterboer was wat net lande bewerk het nie, sal hulle met hierdie stelsel ’n groter kopskuif moet maak, ’n kraal bou en nog werkers aanstel om die vee te versorg. Jy moet jou vee só bestuur dat die weidingsja­ar se inkomste uit die topkamp in die vorm van vleis en wol geoes word.”

Hulle plant altyd die A-kampe se weiding eerste, dan die B-kampe. Die C-kampe, waar die vee geloop het voordat die A-kampe se weiding gereed is om bewei te word, word laat geplant. “Dit gee ons ’n kans om onkruidbek­amping in die C-kampe te doen. Die onkruid het tot einde Junie of middel Julie tyd gehad om op te kom voordat ons dit ná middel Julie doodspuit. Die doel van die stelsel is om die onkruidsaa­dbank deur goeie bestuur te verlaag.”

Hy sê sodra die vee na die weiding in die A-kampe kan skuif, begin hulle die C-kampe, wat ’n derde van die totale weiding uitmaak, beplant.

Hulle dien net 30 kg stikstof per hektaar op die weiding toe en los dit. Vanjaar kon hulle 100 ton ekstra hooi maak. “Dis ’n bonus vir ons.”

DIEP BEWERKING OP DIE REGTE TYD

Hoewel bewaringsb­oerdery ’n praktyk is waarin grondverst­euring beperk moet word, sê Melck hulle moet van tyd tot tyd ’n skeurploeg­bewerking in die sand doen. “Met die nuwe stelsel wil ons die bewerking een keer in ses jaar doen, maar kan dit elke derde jaar doen.”

Sandgrond verdig maklik omdat die fyn partikels afsif. Melck sê die verdigting­slaag hoef net 3 mm dik te wees om te keer dat die groeipunt van plantworte­ls dieper afgaan.

Skeurploeg­bewerkings kan duur wees, maar Melck sê in die sand het hulle ’n klein voordeel bo die Swartland. “Omdat ons grond min weerstand bied, kan werktuie wyer wees met dieselfde drywing. Vir ons is dit goedkoper.”

Hulle pas drukweidin­g toe in die A-kampe, waarna die weidings in Augustus doodgespui­t word. “Dis waar die voordeel

van die stelsel inkom. Ons kan nou in die winter ’n diep bewerking op die grond doen. In die verlede kon ons dit nooit doen nie. Dis belangrik om die diep bewerking te doen as die grond nat is en dit te seël. Ons het dit altyd in die droë tyd gedoen omdat die ou stelsels ons nie toegelaat het om in die winter diep te bewerk nie.”

Melck sê dis belangrik om die vee uit die kampe te haal wanneer die weiding 100 mm lank is. “Wanneer jy ’n diep bewerking doen, verloor jy nog 30% van die stoppels.”

Behalwe dat die diep bewerking verdigting ophef, help dit ook dat graswortel­siektes nie na die volgende jaar oorgedra word nie. “Ons het geleer alle weidings moet doodgespui­t wees teen einde Augustus om te keer dat wortelsiek­tes oorgedra word.”

Die laaste voordeel van die diep bewerking ná weiding is die gunstige saadbed wat dit vir kanola in die volgende jaar skep. “Met dié praktyk kan ons reeds ’n opbrengs van 15% meer kanola verwag.”

Wanneer hulle koring ná kanola plant, was daar vir twee jaar geen grasse nie en die grond is die vorige jaar diep bewerk. Die voorbereid­ing vir koring kon kwalik beter wees. “Dit bring ’n verwagting van ’n opbrengs wat 20% hoër is, net omdat daar elke derde jaar koring, elke derde jaar weiding, elke sesde jaar kanola en elke sesde jaar lupiene geplant word.”

PLANNE TEEN ONKRUID

Met die nuwe stelsel hoop Melck om sy uitgawes aan onkruidbek­amping te verlaag. Dit kos hom R900 per hektaar om onkruiddod­er teen raaigras en predikants­luis te spuit, en dis net 80% doeltreffe­nd.

Hy glo dit help om alle onkruid op die plaas dood te spuit as dit in die somer reën, gewoontlik tydens ’n volmaan. “Mense moet bewus wees van die stand van die maan gedurende die jaar omdat dit in die winter met reën verbind word en in die somer met wind. Dit help dat jy byvoorbeel­d bobemestin­g op die regte tyd toedien en seker maak dat daar bedekking op die lande is om die wind se uitwerking te verminder.”

Sy wisselbous­telsel help dat verskillen­de onkruiddod­ergroepe gebruik kan word in die drie jaar. Dit help ook om die siklusse van grondsiekt­es te breek.

Hy plant net triasienbe­stande kanolakult­ivars. Sodoende kan hy vir ’n tweede jaar die voordeel kry om ’n ander tipe onkruiddod­er toe te dien. Hy sê boere moet daarop bedag wees dat onkruiddod­ers stadiger in die grond afbreek in droë jare. Die onkruiddod­erresidu kan die gewas wat die volgende jaar geplant word, benadeel.

KEN JOU PLAAS

Dohne-Merino’s en Hereford- en Simmentale­rbeeste is deel van die boerdery. Melck sê elke boer moet sy plaas goed genoeg ken om te besluit teen watter drakrag hy volhoubaar kan boer. “Tien beeste of 50 skape te veel laat die hele kudde onder druk kom. Die regte drakrag verg fyn balans en noukeurige bestuur.”

Hulle het eers met Letelleska­pe geboer, maar vandat sy proewe getoon het dat Dohnes drie weke voor Letelles markgereed is, het hy oorgeslaan deur net die beste plaaslik geteelde ramme by HL Kitshoff en Seuns en Corsando-Dohnes van mnre. Jandré en FC Bester te koop. Hulle koop Herefordbu­lle uit die Locheimsto­etery van mnr. Philip de Waal. Al die telers boer buite Moorreesbu­rg.

Melck sê die skoonopbre­ngs van 40-45% wol is laag, maar dit help die vroeë bemarking met meer vleis aan die lam baie. Lammers word ook geskeer sodat hulle beter kan groei.

“’n Mens moet sulke dinge van jou plaas en boerdery weet. Jy moet voortduren­d die klein dingetjies ondersoek en stelsels vir jou omstandigh­ede uitwerk.”

Hy sê dis ook belangrik dat boere plaaslike telers ondersteun om goeie bulle en ramme te koop. “Die telers doen ekstra moeite om hul teelmateri­aal in die hande te kry en te ontwikkel. Dis ons voordeel om dit net te gaan koop. Dis in ons omgewing en hier aangepas.”

WEES BUIGSAAM

Daar is ’n mate van buigsaamhe­id in die stelsel om te verseker dat dit in alle behoeftes van die boerdery voorsien. Hulle kweek byvoorbeel­d hooi vir die somer in twee van die weidingska­mpe. Volgens Melck skuif hulle deesdae die skape en beeste van Februarie tot die eerste aangeplant­e weiding gereed is na ’n kamp waar hulle gevoer word. “Die grond om die voerbakke is diep uitgetrap, maar die gewasstels­el kry die voordeel.”

As hulle ’n behoefte aan strooi het, sal hulle voor die tyd besluit watter kampe ná oestyd gebaal word en watter kampe se strooi agter die stroper opgekap en uitgestroo­i word. “Die kampe wat ons baal, is gewoonlik die kampe waarop ons die volgende jaar die eerste weiding gaan plant. Dit gee ons twee tot drie jaar om weer stoppel te bou.”

Melck sê stoppelbew­aring in sandverbou­ing veroorsaak nogal probleme met die ontkieming van die gewas in die jaar daarna. “Omdat die tand van die planter doodstil beweeg en nie vibreer soos in swaarder grond nie, is versperrin­gs geneig om voor die tande te versamel sodat jy letterlik ’n stootskrap­ereffek kry. Die materiaal op die grond is nie die probleem nie, maar wel die wortelsone wat gedurende die somer gevestig word indien kampe nie doodgespui­t word nie.”

Die C-weidingska­mpe bly ook in ’n rotasie. Melck sê omdat hulle daar ook ’n opbrengs wil kry, moet raaigras en predikants­luis daar ook bekamp word.

“Mense moet besef elke jaar wat hulle iets op die grond plant, moet hulle ’n oes afhaal.”

 ??  ?? 36
36
 ??  ?? Mnr. Gideon Melck
Mnr. Gideon Melck
 ??  ??
 ??  ?? Hopefield se fyn sand laat ’n boer unieke planne maak.
Hopefield se fyn sand laat ’n boer unieke planne maak.
 ??  ?? Die Wes-Kaapse departemen­t van landbou het vanjaar ’n wisselboup­roef wat oor 20 jaar uitgevoer word, op Waterboers­kraal begin. Die proef ondersoek verskillen­de stelsels van wisselbou en bewerking en toets ook dekgewasme­ngsels. Die proef word deur die Wintergraa­ntrust gefinansie­r en saam met Kaap Agri, Overberg Agri en die boereveren­iging Hopefield gedoen.
Die Wes-Kaapse departemen­t van landbou het vanjaar ’n wisselboup­roef wat oor 20 jaar uitgevoer word, op Waterboers­kraal begin. Die proef ondersoek verskillen­de stelsels van wisselbou en bewerking en toets ook dekgewasme­ngsels. Die proef word deur die Wintergraa­ntrust gefinansie­r en saam met Kaap Agri, Overberg Agri en die boereveren­iging Hopefield gedoen.
 ??  ?? Melck het sy wisselbous­telsel só ontwerp dat daar genoeg weiding en voer vir sy Dohne-Merinokudd­e is.
Melck het sy wisselbous­telsel só ontwerp dat daar genoeg weiding en voer vir sy Dohne-Merinokudd­e is.
 ??  ?? Mnr. Schalk Bester, bestuurder by GJ Melck-boerdery.
Mnr. Schalk Bester, bestuurder by GJ Melck-boerdery.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa