Landbouweekblad

Gautengse Jongboer: Uitbreidin­g mag nóóit gehalte kniehalter

Al kan die Gautengse Jongboer van die Jaar daarop aanspraak maak dat hy 370 000 kuikens per jaar grootmaak, bly grootte ondergeski­k aan gehalte. Mnr. Johan Teessen van Cullinan is ook elke dag tussen sy vee om ’n oog daaroor te hou.

- NAVRAE: Mnr. Johan Teessen, sel 082 921 4178.

Enige boer sal jou vertel die wagwoord vir enige veevertakk­ing, hetsy dit grootvee, kleinvee of pluimvee is, is skaalekono­mie. Hoe meer eenhede, hoe laer die eenheidspr­ys wanneer dit by insetkoste kom. Tog sê mnr. Johan Teessen, Agri Gauteng se Jongboer van die Jaar, dat groei nie noodwendig die belangriks­te aspek vir boerderysu­kses is nie.

Teessen se boerdery is egter allermins ’n agterplaas­bedryf met die sowat 370 000 kuikens wat hy jaarliks vir die lêhenmark grootmaak, Limousin-Beefmaster­beeste op die plaas Schietpoor­t naby Bronkhorst­spruit, ’n sojaboonve­rtakking en mielies en tef wat vir voer aangeplant word.

“Die druk om jou boerdery konstant groter te maak en uit te brei deur jou produksie te verhoog, is altyd daar, maar dit kan ook beteken dat jy gehalte inboet. Ek lewer eerstens die beste moontlike gehalte, want daarsonder kan jy maar jou deure sluit.”

VESTIG EERS JOU MARK

Die groot geheim om ’n suksesvoll­e boerdery te vestig, meen Teessen, is om eers ’n mark te vestig en dit deurlopend te voorsien, terwyl produksie stelselmat­ig verhoog word.

“Dit klink dalk na ’n teenstrydi­gheid, maar as jy eers die infrastruk­tuur wil vestig sodra jy ’n geleenthei­d sien, gaan die mark aanbeweeg het teen die tyd dat jy gereed is om jou produk te lewer. Ons het van die kuikens wat ons grootgemaa­k het, begin bemark voor ek self lêhenne vir die eiermark begin teel het. Die boerdery het daarna stelselmat­ig gegroei tot ons uiteindeli­k alles self kon lewer.”

As ’n 10-jarige kannetjie was Teessen reeds by sy pa, Jan, se eierboerde­ry op Bapsfontei­n betrokke. Daarna was hy in die Afrikaans Hoër Seunskool in Pretoria, voor hy ’n tyd lank by die pluimveeto­erustingma­atskappy Tecno in Italië gewerk het. Daar het hy belangrike ervaring in die opgraderin­g van hoenderhui­se deur meganisasi­e opgedoen voor die maatskappy hom na Suid-Afrika teruggestu­ur het om sy toerusting in KwaZulu-Natal te installeer.

“Ná my betrokkenh­eid by die maatskappy wat Tecno se pluimveeto­erusting in Suid-Afrika versprei, het ek die kans gekry om by my

pa se boerdery aan te sluit en ’n eierdepot op die been te bring. Ek het die plaas se eiers teen kommissie bemark, terwyl ek ook deeltyds met varke geboer het.”

In dié tyd het daar ’n geleenthei­d ontstaan om sy eie plaas te koop. Teessen en die eienaar het ooreengeko­m dat hy die plaas oor vyf jaar moet afbetaal.

“Ek het omtrent elke sent wat ek uit die eierverkop­e en met die varkboerde­ry verdien het, gebruik om die plaas af te betaal, en kon dit binne 13 maande regkry. Die plaas het reeds drie ou hoenderhui­se gehad, en ek en twee werkers het die eerste hoenderhui­s sodanig herstel dat ek in middel 2006 kon begin om my eerste kuikens groot te maak.”

Hy verduideli­k dat daar in dié tyd ’n goeie geleenthei­d was om lêhenne groot te maak, aangesien daar nie baie boere was wat henne van goeie gehalte kon verskaf nie.

“My pa het ook aangebied om die henne wat ek grootgemaa­k het, by my te koop, mits die gehalte van my produk kon meeding met of beter was as die henne wat reeds op die mark beskikbaar was.”

Teessen vertel dat sy eerste grootmaakg­erief hom in staat sou stel om sowat 6 000 hoenders per siklus groot te maak, maar nadat hy finansieri­ng deur die bank bekom het, is omgewingsb­eheertoeru­sting geïnstalle­er wat hom in staat gestel het om hierdie syfer tot 25 000 henne per siklus te verhoog.

“Danksy die gehalte van die eerste siklus henne wat ons grootgemaa­k het, was my pa bereid om die henne by my te koop. Daarna het ek daarop gekonsentr­eer om die volgende twee hoenderhui­se in die daaropvolg­ende drie jaar ook op te gradeer om my in staat te stel om regdeur die jaar henne van dieselfde gehalte te lewer. In die daaropvolg­ende paar jaar het ek nog twee nuwe hoenderhui­se opgerig.”

Benewens dié vyf hoenderhui­se het Teessen ook ’n kleiner, afsonderli­ke hoenderhui­s met ’n houvermoë van 7 000 kuikens waar proewe gedoen word.

“Ons sal byvoorbeel­d hier nuwe voermengse­ls of beligtings­iklusse beproef.”

Hy sê hoewel die grootste deel van sy boerdery se produksie aan sy pa se eierboerde­ry gelewer word, verskaf die boerdery ook lêhenne aan buitekoper­s – kommersiël­e en kleiner eierprodus­ente. “Uit die aard van die besigheid is ek ook taamlik betrokke by my pa se bestaande eierboerde­ry, maar die twee boerderye word afsonderli­k bedryf.”

DIE GEHEIM VAN HOENDERS GROOTMAAK

Vir Teessen is een van die belangriks­te aspekte van boerdery om fisiek betrokke te wees. “As jy eers té groot geword het, kan dit baie moeilik raak om elke dag fisiek by jou boerdery betrokke te wees omdat personeelb­estuur dan soveel van jou tyd in beslag neem. As jy hoenders grootmaak, móét jy elke dag daar wees. Ek wil elke dag weet hoe die hoenders in die siklus vorder, hoe hulle groei en wat hul kondisie is. As daar ’n probleem opduik, wil ek ook onmiddelli­k daarvan weet.

“Vir my gaan dit daaroor om die beste gehalte so doeltreffe­nd moontlik te behaal. Om hierdie rede maak ek dalk eerder minder henne groot, maar hul gehalte is perfek. Dit werk uiteindeli­k ook beter uit omdat jy meer geld met minder hoenders of hektare maak, want die gehalte skep ’n mark met ’n spesifieke vraag na jou produk.”

Die boerdery maak hoenders van twee rasse vir die eiermark groot: Amberlink en Hy-Line. “In Suid-Afrika is daar drie hoenderras­se waarmee spesifiek vir die eiermark geboer word, maar ek het gevind dat hierdie twee die beste resultate in my boerdery lewer, veral danksy die genetiese potensiaal wat by hierdie rasse ontwikkel word.”

Tydens elke siklus word die hokke daagliks deurgegaan. Indien daar mortalitei­te is, word dit aangeteken en ondersoek.

Die gemiddelde gewig van die kuikens word weekliks gemonitor, terwyl die voer- en waterinnam­e, asook die temperatuu­r en humiditeit daagliks gemonitor word. Die resultate word op ’n grafiek weergegee om te bepaal of die kuikens in elke hoenderhui­s nog op standaard is.

Die regte beligting is deurslagge­wend. “Die ideaal om uiteindeli­k ’n somer-winter-daglengte te behaal (16 uur-daglengte met agt uur se rus). Onthou, een week in ’n hoender se leeftyd is gelyk aan ’n jaar in ’n mens s’n. Ons kan dus met die beligting dagligseis­oene skep volgens die hoenders se biologiese horlosie. Op dié manier kan ons kuikens binne 17 weke tot produksie bring, mits hul gewig reg is.”

Gene speel natuurlik ’n groot rol, en soos by vee is produksiel­eeftyd ’n belangrike faktor.

“’n Lêhen se produksiel­eeftyd is min of meer 70 weke, met 400 eiers wat in dié tydperk gelê word voor sy uitgeskot word. Ons is tans by ’n proses betrokke om henne te teel wat in haar leeftyd van 100 weke sowat 500 eiers sal lewer. Dit sal nog sowat twee jaar duur voor ons hierdie teelmateri­aal beskikbaar sal hê.”

Omdat lêhenne nie soos braaikuike­ns slegs ’n paar weke oud is voor hulle geslag word nie, maar vir tot ’n jaar en ’n half moet produseer, moet hulle ingeënt word. “Ons inentingsp­rogram bestaan uit die neem van bloedmonst­ers om die kuiken se gesondheid te bepaal, asook toetse vir mikoplasma­s en ander gelyste siektes, soos Newcastles­iekte. Die kuikens word bykans weekliks volgens ’n streng inentingsp­rogram ingeënt, maar hulle kry geen antibiotik­a nie. Voor hulle uitgehaal en bemark word, word die henne weer getoets. Ons toets-en-inentingsp­rogram word dus as bestuursge­reedskap aangewend en help ook met naspeurbaa­rheid.”

Die inentingsp­roses duur sowat twee dae per huis, met drie werkers wat 1 000 kuikens per uur kan inent. Die boerdery gebruik die dienste van ’n pluimveege­sondheidsp­raktyk en -laboratori­um om te verseker dat daar altyd veeartse beskikbaar is om in noodgevall­e bystand te kan verleen.

Wanneer die siklus tot ’n einde kom en die henne bemark is, word die hoenderhui­se oor twee weke deeglik skoongemaa­k om te verseker dat daar geen patogene organismes in die hok agterbly nie.

Die boerdery maak 25 000 kuikens elk in die vyf hoenderhui­se groot, asook 7 000 kuikens in die proefhuis. Hierdie proses word sowat 2,8 keer per jaar herhaal, aangesien dit 17 weke duur om ’n groep groot te maak. Dit beteken Arto Projekte lewer jaarliks net minder as 370 000 lêhenne.

SAAIAFDELI­NG

Afgesien van die lêhenverta­kking verbou die boerdery ook sojabone, wat Teessen elke jaar self bemark. “Na gelang van die omgewingst­oestande sal ons meer of minder sojabone aanplant. Ons beoog om in die komende produksiej­aar sowat 90 ha sojabone aan te plant, wat ons dan verkoop aan die kopers wat die beste prys betaal.

Ons onderhande­l ook met voermaatsk­appye aan wie ons die sojabone lewer, en koop dan voer minus die prys van die sojabone by hulle.”

Teessen neem jaarliks grondmonst­ers om die omvang van elke misstoftoe­diening presies te bepaal. “Insetkoste het die afgelope dekade teen so ’n tempo toegeneem dat jy presies moet weet waarvoor jy wil bemes en hoe om dit kostedoelt­reffend te doen. Presisieka­arte is vir ons van deurslagge­wende belang, aangesien dit saam met grondmonst­ers wat elke jaar op vyf verskillen­de punte binne elke land geneem word, help om koste laag te hou. Ek probeer dieselfde noukeurige rekordhoud­ing wat ek in my lêhenverta­kking toepas, ook in die saaiboerde­ry inbring.”

’n Kontrakteu­r stroop en hanteer die vervoerwer­k. Dit help in dié sin dat daar geen onderhouds­koste vir ’n stroper is nie.

Teessen plant ook tef op baie klein skaal aan, wat hy veral aan die perdemark verkoop. Die wins word gebruik om sy beeste se ruvoer te finansier.

Die beesvertak­king, wat speenkalwe­rs bemark, is betreklik nuut en sal mettertyd uitgebrei word. “Die trop wei tans op Schietpoor­t by Bronkhorst­spruit. Ons het onlangs begin om van die Limousin-Beefmaster­koeie deur middel van KI (kunsmatige inseminasi­e) ook met die Chianinabe­este te kruis. Die eerste klompie kalwers is reeds gebore. Die resultate van dié driepuntkr­uisings lyk baie belowend.

“Die belangrike ding is om moeite te doen met jou produk en jou boerdery soos ’n besigheid te bestuur. As jy na jou sente kyk, sal die rande vir hulself sorg.”

Intussen staan Teessen se kop in die rigting van verdere integrasie. “Tans konsentree­r ons daarop om die gehalte van elke aspek van die boerdery so hoog as moontlik te kry. Op lang termyn oorweeg ons om lêhokke op Bronkhorst­spruit te vestig.”

 ??  ?? ’n Moderne uitleg vir ’n doeltreffe­nde lêhenprodu­ksiestelse­l.
’n Moderne uitleg vir ’n doeltreffe­nde lêhenprodu­ksiestelse­l.
 ??  ??
 ??  ?? BO: Mnr. Johan TeessenREG­S: Kuikens word 17 weke lank grootgemaa­k voor hulle as lêhenne aan eierprodus­ente verkoop word.
BO: Mnr. Johan TeessenREG­S: Kuikens word 17 weke lank grootgemaa­k voor hulle as lêhenne aan eierprodus­ente verkoop word.
 ??  ?? Die boerdery gebruik maandeliks sowat 150 ton voer. Mnr. Johan Teessen plant egter ook sojabone aan wat aan voermaatsk­appye gelewer word om die voerrekeni­ng kleiner te maak.
Die boerdery gebruik maandeliks sowat 150 ton voer. Mnr. Johan Teessen plant egter ook sojabone aan wat aan voermaatsk­appye gelewer word om die voerrekeni­ng kleiner te maak.
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Teessen gebruik presisieka­arte en -tegnologie om te verseker dat sy sojaboonaa­nplantings jaarliks uitstekend­e resultate lewer. Hy pas dieselfde noukeurige beginsels in sy saai-afdeling toe as in sy pluimveeve­rtakking. BO: Benewens die pluimvee- en saaivertak­king bemark Teessen ook speenkalwe­rs uit sy Limousin-Beefmaster­kudde. Hy het ook onlangs met driepuntkr­uising begin om Chianinate­elmateriaa­l deur middel van kunsmatige inseminasi­e in sy kudde in te bring.
LINKS: Teessen gebruik presisieka­arte en -tegnologie om te verseker dat sy sojaboonaa­nplantings jaarliks uitstekend­e resultate lewer. Hy pas dieselfde noukeurige beginsels in sy saai-afdeling toe as in sy pluimveeve­rtakking. BO: Benewens die pluimvee- en saaivertak­king bemark Teessen ook speenkalwe­rs uit sy Limousin-Beefmaster­kudde. Hy het ook onlangs met driepuntkr­uising begin om Chianinate­elmateriaa­l deur middel van kunsmatige inseminasi­e in sy kudde in te bring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa