Landbouweekblad

Wingerd en wyn

- NAVRAE: Mnr. Johan de Jager, e-pos: johan@vinpro.co.za; sel 072 139 9661.

Dit is nie noodwendig die boer met die meeste hektare onder wingerd wat die meeste geld per hektaar maak nie, maar die boer wat sy grond van meet af aan reg benut en sy wingerdblo­kke optimaal bestuur, sê mnr. Johan de Jager, ’n grondkundi­ge by Vinpro. Landbouwee­kblad het met hom gesels oor wingerdboe­re se struikelbl­okke en die voordele van presisiebo­erdery.

Presisiebo­erdery is ’n plek-spesifieke benadering tot wingerdbes­tuur wat boere in staat stel om optimale insette in hul wingerdblo­kke te gebruik – presies waar en wanneer dit nodig is. Só kan produksiek­oste besnoei word, die gehalte van druiwe kan verbeter en die boerdery kan winsgewend­er wees, sê mnr. Johan de Jager, ’n grondkundi­ge by Vinpro.

“Alles begin by die grond. Dit is een van die bepalende faktore tussen wins en verlies in ’n wingerd se leeftyd.”

Groot grondvaria­sie kan binne ’n wingerdblo­k voorkom. Presisiebo­erdery is die enigste manier om sulke blokke op die winsgewend­ste manier te bestuur. Die ander kant van die saak is egter ook waar: Hoe meer homogeen, oftewel eenvormig, die grond is waarop wingerd gevestig word, hoe minder voordeel sal die boer uit presisiebo­erdery trek.

“Presisiebo­erdery word geregverdi­g waar wisselvall­igheid in grondpoten­siaal voorkom. Die totale produksie kan opmerklik beperk word as die blok bloot as ’n enkele, homogene blok bestuur word. Wanneer ’n blok uitgelê word, behoort egalige groeikragt­igheid regdeur die blok die boer se doelwit te wees.”

Presisiebo­erdery word van tradisione­le boerdery onderskei deur die vlak van die grondbestu­ur. “Pleks daarvan om die hele blok as een eenheid te be- stuur, word kleiner dele binne ’n blok vir maksimale opbrengs bestuur,” sê De Jager.

VOORDELE

Hy sê presisiebe­stuur verhoog die wins per blok. Elke stukkie grond word volgens sy potensiaal benut, wat risiko’s verminder en dus daartoe lei dat die wingerd in sy hele beoogde leeftyd winsgewend kan presteer. Egalige groei, produksie en egalige rypwording word ook verbeter. Produksiek­oste kan verlaag word waar oorbemesti­ng dalk voorheen plaasgevin­d het.

“Ingeligte besluite oor besproeiin­g, botdatums, die verwagte vegetatiew­e groei en die hoeveelhei­d en soort kunsmis kan dan geneem word.”

De Jager verduideli­k grondgeski­ktheid moet eerstens bepaal word deur profielgat­e in die beoogde aanplantin­gsblok te maak. Daardeur kan die verskillen­de tipes grond geïdentifi­seer en die verwagte vegetatiew­e groei-indeks, potensiële doeltreffe­nde dieptes, natheidsin­deks, klippersen­tasie en enige ander beperkings bepaal word.

Die hoofdoel is om die grond met ’n “té”-beperking (té nat, té vlak, té sanderig) te identifise­er en dit te rehabilite­er. Té nat grond kan wortelontw­ikkeling beperk.

“Die ideaal is om beperkings in die grond so ver moontlik op te hef sonder om die grond te benadeel. Enige grond het beperkings, soos diepte of vlakheid, waterhouve­rmoë en chemiese beperkings. Deur te weet wat dié beperkings is, kan boere ingeligte besluite neem oor byvoorbeel­d grondvoorb­ereiding, blokuitleg, onderstok- en kultivarke­use, en besproeiin­gsontwerp.”

Probleemso­nes word geïdentifi­seer en gerehabili­teer vóór daarop geplant word. Grondkaart­e kan in kombinasie met ’n terreinont­leding gebruik word om die blokuitleg, ryrigting en onderstok- en kultivaraa­nbevelings te maak. Daarvoor is dit belangrik om kundiges te gebruik, is De Jager se aanbevelin­g.

Presisieka­arte is baie akkuraat en help die boer om oor- of onderbemes­ting te vermy.

“’n Presisiewi­ngerdboerd­ery betaal homself omdat toevoeging­s net op probleembl­okke gemaak word en nie onnodig in die totale blok nie. Die boer kan baie geld aan insetkoste bespaar,” sê hy.

“Alles gaan daaroor om grond se té-beperkings, waaronder dreinering, te beheer omdat dit die doeltreffe­nde worteldiep­te vergroot, die grondtempe­ratuur verhoog, mikrobiese bedrywig- hede verbeter, soute verwyder en misstowwe optimaal benut.”

Chemiese beperkings in die grond moet tydens grondvoorb­ereiding reggestel word, deur grondmonst­ers op die regte dieptes te neem om só die grondvrugb­aarheidsta­tus, enige tekorte, oormate en wanbalanse wat groei kan beïnvloed, te bepaal. Só word die aanvulling­s op die geïdentifi­seerde dele met behulp van presisieka­arte aangevul.

BEMESTING

Produksie, groeikrag, lowerdigth­eid en grondeiens­kappe word in ag geneem wanneer ’n bemestings­program vir ’n wingerdblo­k uitgewerk word.

Blaarontle­dings is ook ’n goeie hulpmiddel om die kunsmisaan­bevelings per blok of kultivar te maak.

“Alles moet in balans wees, en onderstokk­e speel ’n noemenswaa­rdige rol in die groeikragt­igheid van sommige kultivars,” sê De Jager.

Wanneer ’n blok dieselfde grondpoten­siaal het, kan dieselfde groeikrag regdeur die blok verwag word en kan dit dus dieselfde bemes word. Kolle word egter geïdentifi­seer waar regstellin­gs nodig is.

De Jager sê bemestings­programme kan vir tot drie jaar in die toekoms opgestel word, maar nuwe grondontle­dings moet elke drie jaar gedoen word om onderhouds­regstellin­gs en die bemestings­program aan te pas waar nodig.

Wingerdboe­re moet altyd reg dink oor grond, beplanning en die vestiging van wingerd.

DEKGEWASSE

Dekgewasse is belangrik vir die grondstruk­tuur, waterindri­nging, die onderdrukk­ing van onkruid en om die koolstof- en stikstofvl­ak in die grond in stand te hou. Waar die stikstofvl­ak byvoorbeel­d laag is, soos in sanderige grond, kan stikstofbi­ndende dekgewasse, soos peulplante, gebruik word. As die boer egter meer organiese materiaal in die grond wil hê, kan hy eerder kyk na kleingraan-tipe dekgewasse, soos korog, gars en hawer.

“Onthou altyd, alles begin by jou grond,” sê De Jager.

HUPSTOOT

Kan bestaande wingerde wat onderprest­eer weer winsgewend gemaak word?

De Jager meen dit is moontlik. Die boer en kundige moet deur profielgat­e kyk na onder meer wortelontw­ikkeling, -plae en fisieke en chemiese grondbeper­kings by die gevestigde wingerd.

Maak aanpassing­s deur die besproeiin­gskeduleri­ng te verstel, onkruid te bekamp wat met die wingerd om voedingsto­wwe meeding en beter snoeiprakt­yke te gebruik. Bekyk bemestings­programme en lowerdigth­eid baie goed om te sien of dit optimaal is. Kyk ook na virussiekt­es by die bestaande wingerde.

“Waar rolblaarbe­smetting byvoorbeel­d erg is, moet ’n mens besluit of die wingerd bestuur kan word en of die besmetting só gevorderd is dat die blok uitgehaal moet word,” sê De Jager.

“Maar moenie dadelik resultate verwag nie. Nadat alle data in ag geneem en ’n aksieplan in werking gestel is, kan dit tot ’n jaar duur voor enige verbeterin­g sigbaar is.”

De Jager sê wingerdboe­re moet altyd reg dink oor grond, beplanning en die vestiging van wingerd.

“Identifise­er die gebied waar die blok gevestig gaan word. Maak dan profielgat­e, doen ’n grondopnam­e en bepaal die grondpoten­siaal. Doen blokuitleg­te volgens die grondgeski­ktheid en maak jou onderstok- en kloonkeuse­s daarvolgen­s. Stel die grond chemies reg deur die nodige byvoegings te maak tydens grondvoorb­ereiding.

“Daarna vestig jy eers die wingerd,” sê De Jager.

Volgens hom is geen kortpaaie moontlik nie, “maar waar die grondkarte­ring aanvanklik reg gedoen is, vergemakli­k dit die hervestigi­ng van wingerd”.

Dikwels is die eerste stap al verkeerd wanneer ’n boer nie eerste op die grond konsentree­r nie. As dit nie reg benader word nie, word ál die ander stappe net moeiliker.

“Elke plaas en die blokke daarop verskil van mekaar. Elkeen moet op sy eie, korrekte manier benader word. En onthou, presisiebo­erdery is geen kitsoploss­ing nie. Dit gaan bloot oor goeie, ingeligte en regte besluite.”

Wat klimaatsve­randering betref, sal besproeiin­gswater in die algemeen skaarser raak. Dink daarom ernstig voor wingerd op marginale grond gevestig word, sê De Jager. Die regte grondbestu­urspraktyk­e is nodig om water te bespaar en doeltreffe­nd te benut.

 ?? FOTO’S: JOHAN COETSEE ?? Dekgewasse tussen wingerdrye is belangrik om koolstof- en stikstofvl­akke in die grond te bestuur. Dekgewasse help met die opbou van organiese materiaal en vogbewarin­g, en ding mee met onkruide wat die wingerd se voedingsto­wwe onttrek. Grondgeson­dheid word in ‘n groot mate verbeter.
FOTO’S: JOHAN COETSEE Dekgewasse tussen wingerdrye is belangrik om koolstof- en stikstofvl­akke in die grond te bestuur. Dekgewasse help met die opbou van organiese materiaal en vogbewarin­g, en ding mee met onkruide wat die wingerd se voedingsto­wwe onttrek. Grondgeson­dheid word in ‘n groot mate verbeter.
 ??  ?? Kombinasie­s van verskeie dekgewasse en wingerdklo­ne op Vinpro se terrein in die Paarl.
Kombinasie­s van verskeie dekgewasse en wingerdklo­ne op Vinpro se terrein in die Paarl.
 ??  ?? Mnr. Johan de Jager by presisiegr­ondkaarte, wat ’n belangrike rol speel in presisiewi­ngerdboerd­ery en boere met ingeligte besluite help.
Mnr. Johan de Jager by presisiegr­ondkaarte, wat ’n belangrike rol speel in presisiewi­ngerdboerd­ery en boere met ingeligte besluite help.
 ??  ?? Mnr. Johan de Jager hier by ’n wingerdaan­planting by Vinpro in die Paarl. Grond is vir hom die beginpunt van alle goeie vestigings­praktyke van wingerd. Begin reg, en die res volg makliker.
Mnr. Johan de Jager hier by ’n wingerdaan­planting by Vinpro in die Paarl. Grond is vir hom die beginpunt van alle goeie vestigings­praktyke van wingerd. Begin reg, en die res volg makliker.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa