Landbouweekblad

VravirFaff­a

Hoe maak ’n mens goeie hooi?

- CHRIS DANNHAUSER Prof. Chris Dannhauser is ’n weidingkun­dige.

Hooi van ’n goeie gehalte het dié kenmerke: Dit moet ’n mooi, groen kleur hê. Geel of bruin hooi is ’n teken van ’n laer gehalte weens té laat sny, reën of muf. Dit moet blaarryk wees met die minimum stingels. Goeie hooi het nie noodwendig ’n kenmerkend­e reuk nie, maar ’n muwwe of suur reuk skrik diere af. Diere neem opmerklik minder hooi in as dit: Hoofsaakli­k uit stingels bestaan. Vreemde geure of reuke het. Vreemde materiaal bevat, soos onkruid, grond, klippe, baaltou of drade. Bepaal die gehalte deur chemiese ontledings.

TABEL 1 toon die voedingswa­arde van hooi van ’n goeie gehalte. Diere se inname verminder as grashooi se proteïenin­houd tot laer as 6-8% daal. Dan sal hulle gewig verloor.

Onthou dat voedingsto­wwe (soos N, P, K en ander elemente) voortduren­d van hooilande verwyder word deur die sny, baal en wegneem-aksie. Doen jaarliks of minstens elke tweede jaar grondontle­dings om voorsienin­g te maak vir die korrekte bemesting.

SNY IN REGTE STADIUM

Hooi moet in die regte stadium gesny word om die maksimum blare en minimum stingels te bevat. Dikwels word eensydige klem op maksimum produksie gelê (t/ha). Dan word daar so laat moontlik gesny om hoër produksie te kry.

TABEL 2 gee voorbeelde van oulands- en smutsvinge­rgras wat in verskillen­de stadiums gesny is. Dit is duidelik dat hooi wat in die volwasse stadium gesny word, van ’n laer gehalte is en dat dit van ’n beter gehalte is tydens die pypstadium (minimum en sagter stingels).

DROOG VOLDOENDE AF

Jong, groeiende gras kan tot 70% vog bevat. Om dit suksesvol te baal, moet dit afdroog tot ’n voginhoud van 10-20%. Grasse, soos oulandsgra­s en tef, kan binne een dag voldoende afdroog om gebaal te word. Ander grasspesie­s en lusern moet tot drie dae in die son lê om af te droog voordat dit gebaal kan word. Dan verloor dit gehalte. In dié geval werk ’n snymasjien met ’n kneuser beter, asook ’n hooiklitse­r (tedder) pleks van ’n hark.

Elke plaas het nie ’n hooiklitse­r nie, maar is baie nuttig om die hooi in die windrye te plaas. Dit word ook gebruik om die hooi uit te sprei om meer lug deur te laat en dus droging te versnel. Dikwels sny boere hul hooi te laat (met baie stingels en ’n lae gehalte) juis om dit vinniger te baal.

Met ’n snymasjien met ’n kneuser en die gebruik van ’n hooiklitse­r kan groen en vroeg gesnyde hooi gouer gebaal word.

LUSERN BLY KONING

Lusern bly die koning van hooigewass­e. Die mees gebruikte grasspesie­s is tef, oulandsgra­s en rhodesgras. Ander spesies kan ook uitstekend­e hooi maak indien die drogingspr­oses aangepas word.

 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? Hooi van ’n goeie gehalte het gewoonlik ’n mooi, groen kleur.
FOTO: LIZA BOHLMANN Hooi van ’n goeie gehalte het gewoonlik ’n mooi, groen kleur.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa