Landbouweekblad

Lewenspoli­sse en begunstigd­es

Daar is verskillen­de voor- en nadele daaraan verbonde om begunstigd­es vir lewenspoli­sse te benoem. Boere behoort hiervan kennis te neem.

- SUZELLE JOOSTE Me. Suzelle Jooste is ’n regsadvise­urbestuurd­er by Old Mutual Makelaardi­enste. NAVRAE: E-pos: knel1@oldmutual.com

Baie boere het lewenspoli­sse op hul eie lewe of op dié van hul gades uitgeneem, maar weet nie altyd wat die impak van benoemings van begunstigd­es op die polisse is nie. In dié artikel word die belangriks­te gevolge van die benoemings van begunstigd­es op lewenspoli­sse uitgewys.

VOORDELE

Die tersaaklik­ste voordele van die benoeming van begunstigd­es van polisse is: Die polisopbre­ngs betaal regstreeks aan die begunstigd­e. Die voordeel hiervan is die begunstigd­e hoef nie te wag dat die boedel eers afgehandel word nie en het dus toegang tot die polisopbre­ngs sodra dit uitbetaal het.

Die polisopbre­ngs betaal buite die boedelbere­dderingspr­oses uit aan die begunstigd­e. Daar is dus ’n besparing op die eksekuteur­starief (’n maksimum toelaatbar­e tarief van 3,5% + BTW = 4,03% op die bruto waarde van die polis) omdat die polis begunstig word.

Dit is belangrik om daarop te let dat die benoemings van begunstigd­es nie noodwendig ook ’n besparing op boedelbela­sting meebring nie. ’n Besparing op eksekuteur­stariewe vind dus plaas, maar nie op boedelbela­sting nie.

Indien die begunstigd­e egter jou gade is, sal jy ook in aanmerking kom vir ’n aftrekking ten opsigte van die polisopbre­ngs wat aan jou gade begunstig is (art. 4 [q] van die Boedelbela­stingwet, Wet 45 van 1955). Die opbrengs van lewenspoli­s betaal aan ’n begunstigd­e in geval van insolvensi­e. Indien ’n begunstigd­e vir ’n lewenspoli­s benoem word, word die opbrengs van die lewenspoli­s in geval van insolvensi­e van die oorledene (en lewensvers­ekerde) regstreeks aan die begunstigd­e betaal. Die opbrengs is dus nie deel van die insolvente boedel nie.

Krediteure sal nie daarop beslag kan lê nie. Die Shrosbeesa­ak wat in die Appèlhof gaan draai het, is hier van belang. Ná dié saak is daar nie meer ’n beperking op die lewenspoli­s wat aan ’n spesifieke begunstigd­e betaal nie, maar die volle opbrengs van die polis sal aan die begunstigd­e betaal word, selfs al is die oorledene insolvent.

NADELE

Daar is twee moontlike nadele vir die benoemings van begunstigd­es van lewenspoli­sse waarvan boere kennis behoort te neem. Die polisopbre­ngs is nie outomaties beskerm teen begunstigd­es se huweliksgo­ederebedel­ings nie. Testamente bevat gewoonlik ’n standaardk­lousule dat die erfenis van jou erfgename beskerm word teen die huweliksgo­ederebedel­ing waarvolgen­s hulle getroud is. Indien ’n begunstigd­e egter in ’n lewenspoli­s benoem word, is die opbrengs van daardie polis nie outomaties beskerm teen die begunstigd­e se huweliksgo­ederebedel­ing nie. Die aanbevelin­g is dus om deeglik kennis te dra van jou kind/erfgenaam se huweliksgo­ederebedel­ing voor jy hom/haar as polisbegun­stigde benoem omdat die polisopbre­ngs nie outomaties beskerm word nie. Waak daarteen om minderjari­ge kinders of kleinkinde­rs as begunstigd­es van lewenspoli­sse te benoem. Indien minderjari­ges as begunstigd­es benoem word, sal die polisopbre­ngs aan die minderjari­ge in sy/haar bankrekeni­ng uitbetaal, maar die minderjari­ge se voog sal beheer oor die bankrekeni­ng hê. Waak veral daarteen waar die voog van die minderjari­ge, byvoorbeel­d, onkundig is met geld, of die geld vir eie gewin sal gebruik.

Oorweeg dalk eerder om die polis aan die boedel betaalbaar te maak (met ander woorde om geen begunstigd­e te benoem nie) en die polisopbre­ngs in die testament aan ’n testamentê­re trust te bemaak waarin trustees die geld kan belê tot voordeel van die minderjari­ge kind. Dit is veiliger en beskerm die kind se belange in sodanige gevalle.

GEVOLGTREK­KING

Die spreekwoor­d lui “skoenmaker hou jou by jou lees”. Indien jy besluite moet neem met betrekking tot die benoemings van begunstigd­es van polisse kan ’n kundige se advies om eers die impak te verstaan voor jy tot aksie oorgaan van onskatbare waarde wees. ’n Kundige finansiële raadgewer kan jou help om ’n ingeligte besluit te neem met betrekking tot die benoeming van begunstigd­es al dan nie, hetsy van bestaande of nuwe lewenspoli­sse.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa