Landbouweekblad

Landbou hoog aangeslaan vir werkskeppi­ng

Daar is voorstelle om onbenutte landboupot­ensiaal in produksie te bring en sodoende nuwe swart boere te vestig en werk te skep. As dit suksesvol is, sal dit heelwat druk wegneem rondom die histerie van die hervorming van kommersiël­e landbougro­nd.

- JOHAN WILLEMSE

Die onlangse werkberaad van die Regering het heelwat nuusdekkin­g gekry. ’n Hele aantal inisiatiew­e is aangekondi­g om in die volgende dekade of wat werk te skep met die doel om die huidige hoë vlakke van werklooshe­id (omtrent een uit drie mense) te verlig. In die raamwerkoo­reenkoms wat die Regering binne die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkeli­ngs- en Arbeidsraa­d (Nedlac) met die georganise­erde arbeid en werkgewers­organisasi­es bereik het, word daar groot gewag gemaak van die rol wat die landbou kan speel om werk te skep en werklooshe­id te verlig.

Daar is heelwat goeie voorstelle, maar die inwerkings­telling daarvan bly ’n kwessie, veral waar vennootska­ppe tussen die staat en die private sektor (wat nie juis in die verlede gewerk het nie) ter sprake is. Nogtans wil dit voorkom of daar heelwat geleenthed­e is vir boere wat in die toekoms oopkop wil kyk na hoe om daaruit voordeel te trek.

Werklooshe­id in Suid-Afrika is op ’n nuwe

rekordhoog­tepunt en die ekonomie in ’n resessie. Die ekonomiese groei raak al hoe stadiger. Sedert die laat 1980’s het slegs sowat 40% van die beskikbare arbeidsmag in Suid-Afrika permanente werk. Volgens die amptelike werklooshe­idsyfer is sowat 27% van die werksoeker­s werkloos. Ander maatstawwe dui op 40%. (Sien GRAFIEK 1 .)

Daarmee saam het landboupro­duksie oor die laaste paar dekades skerp toegeneem, soos GRAFIEK 2 toon. Dit is die groei in landboupro­duksie op ’n indeksbasi­s. Daarteenoo­r wys GRAFIEK 3 hoe die getal permanente werkers in die landbou in dié tyd gedaal het weens die Regering se beleidsops­ies, wat eerder meganisasi­e aangehelp het. Nogtans het die produksie per werker oor die laaste drie dekades aansienlik gestyg. Dit is te wagte in ’n kommersiël­e landbousek­tor wat internasio­naal moet meeding.

VOORSTELLE IN RAAMWERKOO­REENKOMS

Die raamwerk het ’n hele aantal oorkoepele­n- de voorstelle hoe om werklooshe­id te verminder, maar daar is baie spesifieke sektorvoor­stelle, soos vir die mynbou en die landbou. Een van die oorkoepele­nde benadering­s is ’n aansporing om meer Suid-Afrikaanse produkte aan te koop en dat die staat die voorbeeld daarmee moet stel.

Die veldtog Koop Suid-Afrikaans gaan nuwe lewe kry, wat weer ’n geleenthei­d gee vir binnelands­e bedrywe om aan te dring op die etiketteri­ng van ingevoerde landboupro­dukte en om nuwe projekte te begin. Daar word ook melding gemaak dat invoerbesk­ermingsvla­kke beter behoort te wees met spesifieke verwysing na die hoender- en koringbedr­yf.

Die voorstelle rondom die landbou is daarop gemik om produksie uit te brei (en so meer mense in diens te neem). Vennootska­ppe tussen kommersiël­e boere en nuwe boere, waarvoor daar spesiale finansieri­ngspakkett­e gaan wees, is belangrik, maar ook die ekstra produksie en uitvoer moet vergemakli­k word.

Die volgende hoofpunte word in diepte vir die landbou bespreek. Dit sal goed wees as bedrywe en landbou-organisasi­es die voorstelle bekyk, want dit gee ’n aanknoping­spunt om Regeringsb­eleid te verander, toegewings te kry en selfs produksie of uitvoer te stimuleer.

1. Landbouver­werking en -waardekett­ing

Die standpunt word gehuldig dat die vrugteen wynuitvoer groot groeipoten­siaal inhou en daar is verskeie inisiatiew­e om die produksie uit te brei. Daar word beoog om damme te bou en ’n ekstra 55 000 hektaar van die twee

gewasse onder produksie te bring. Die stimulerin­g van appelprodu­ksie vir appelsap kry ook aandag, met die basis van invoerverv­anging.

Deel daarvan is om die nasionale varsproduk­markte tot ’n werkende basis te herstel en die vervoerste­lsel vir uitvoer te verbeter. Die doel is om nuwe boere marktoegan­g te gee.

’n Landbouver­werkingske­rnpunt word vir die weste van Gauteng beoog (R15 miljard tot R30 miljard). Die myne gaan onder meer betrek word.

Die graan- en veewaardek­etting moet gestimulee­r word deur meer swart boere te kry om te produseer en meer aandag moet deur middel van vennootska­ppe (die Sernick-model) aan voerkrale gegee word. Die invoerverv­anging van veevoer behoort aandag te kry. Die beheer van dieresiekt­es en ander statutêre dienste van die staat moet verbeter.

2. Nuwe finansieri­ngsmodel

Baie nuwe boere in die grondherve­rdelingspr­ogram het nie voldoende toegang tot kapitaal nie en dit moet aandag geniet. Landboubes­ighede (deur Agbiz) en kommersiël­e banke beoog om binnekort ’n gesubsidie­erde finansieri­ngsmodel op te stel. Volgens hulle kan dit tot R1 miljard per jaar vir finansieri­ng beskikbaar stel. Baie klem sal geplaas word op die vennootska­psbenaderi­ng tussen bestaande kommersiël­e boere en nuwe swart boere met gesubsidie­erde finansieri­ng en skenkings. Talle kommersiël­e boere is bereid om dié model te gebruik om hul plaaswerke­rs te bemagtig met plaasaanko­pe en gedeelde bestuur.

3. Landboupar­ke

Die voorstel is dat kernpunte in die onderontwi­kkelde platteland gevestig moet word om nuwe boere in hul produksie te ondersteun en om hul produkte te verwerk en te bemark. Daar is reeds enkele voorbeelde van landboupar­ke en volgens inligting werk dit nie goed nie. Die geriewe is onder meer verkeerd geplaas en verdubbel reeds bestaande geriewe.

4. Plaaswerke­rdorpies

Die idee van die vestiging van plaaswerke­rdorpies, waar hulle kaart en transport kry en sekere landbouver­wante bedrywighe­de kan beoefen, is voorgestel. Altesame 18 plekke is geïdentifi­seer, waar onder meer die Pro-Agri-boeregroep grond beskikbaar gestel het.

5. Produktiew­e grondhervo­rming

Erkenning word gegee aan die probleme en dispute rondom grond en -hervorming en om dit gouer op te los. Die voorstelle sluit in dat die distriksgr­ondhervorm­ingskomite­es doeltreffe­nder moet wees en ’n kernrol in die herverdeli­ng van grond moet speel. Die komitees in baie distrikte is glo wanfunksio­neel.

6. Bosbouproj­ekte in KZN

In baie gevalle lê uitgewerkt­e myngrond verlate. Die plan is om met gemeenskap­pe (vorige mynwerkers) saam te werk en as deel van die rehabilita­sie van die grond bosbouproj­ekte daar te vestig.

TEN SLOTTE

Daar kan seker heelwat kritiek op van die voorstelle gelewer word. Dit is egter die eerste keer dat die ANC-regering erken werklooshe­id is ’n probleem en word nie net uit een hoek na herverdeli­ng gekyk nie, maar eerder om onbenutte landboupot­ensiaal in produksie te bring en sodoende nuwe swart boere te vestig. Dit gaan ’n tyd duur om die voorstelle in werking te stel. Maar dit kan net tot die land se voordeel wees indien dit suksesvol gedoen word. Dít kan heelwat van die histerie rondom die hervorming van kommersiël­e landbougro­nd wegneem.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa