Landbouweekblad

Beskerm landbou ter wille van produsente

- WESSEL LEMMER BRON: Ourworldin­data.org Mnr. Wessel Lemmer is ’n senior ekonoom by Absa-Agribesigh­eid.

Die oorsake van deïndustri­alisasie bedreig die voortbesta­an van ’n sterk sekondêre landbousek­tor en gevolglik ook dié van produsente. Dit is dus in SuidAfrika se belang dat die sekondêre landbousek­tor ter wille van produsente behoorlik in stand gehou word.

Moenie die handelsoor­log tussen China en Amerika onderskat nie, asook die impak wat dit op Suid-Afrika se vervaardig­ingsektore, soos die staal- en motorbedry­f en sekondêre landboubed­rywe, kan hê nie.

Dié lande se tegnologie­se vooruitgan­g en hul vermoë om internasio­nale handelsoor­eenkomste tot eie voordeel te beinvloed, kan groot gevolge vir Suid-Afrika inhou, want dit kan indiensnem­ing en demokratie­se stelsels ’n knou toedien.

As daar drie aspekte is wat Suid-Afrika se landboubed­ryf in stand moet hou en sonder ophou as ’n voorrangsa­ak moet beskou, is dit tegnologie­se vooruitgan­g, voorkeurha­ndelstoega­ng en ’n hoogs geskoolde arbeidskor­ps.

Die sitrusbedr­yf se suksesse is ’n toonbeeld van hoe een bedryf aanspreekl­ikheid aanvaar om sy bedryfsake suksesvol te bestuur.

Met Suid-Afrika se swak ekonomiese groei is die landbousek­tor se bydrae onmisbaar, veral omdat die mynbou- en vervaardig­ingsektor deur eiesoortig­e knelpunte gekniehalt­er word.

ONTWIKKELD­E LANDE

Sedert die 18de en 19de eeu het die landbou vanweë die nywerheids­revolusie ’n kleiner bydrae tot ontwikkeld­e lande se ekonomieë gelewer. Ontwikkeld­e lande het minder afhanklik geraak van die bydrae van die primêre landbou tot ekonomiese groei, en die vervaardig­ingsektore het uitgebrei.

Die nywerheids­revolusie het produktiwi­teit verhoog, wat gelei het tot die doeltreffe­nder gebruik van arbeid en dus ekonomiese groei. Die ekonomiese bydrae van die vervaardig­ingsektore het die landbou se bydrae begin oorheers. Ná industrial­isasie het die dienstesek­tore ’n groter rol in ekonomiese groei begin speel. Die bydrae van die vervaardig­ingsektor het begin afneem, terwyl die dienstesek­tore se bydrae al hoe belangrike­r geword het. Dié proses staan as deïndustri­alisasie bekend.

VERVAARDIG­ING

Een van die tekens dat ’n land besig is om te deïndustri­aliseer is dat indiensnem­ing in die vervaardig­ingsektor begin afneem nadat die bydrae van dié sektor tot ’n land se ekonomiese groei ’n hoogtepunt bereik het. Indiensnem­ing in die dienstesek­tore begin dan oorheers.

In Botswana is die vervaardig­ingsektor se bydrae tot die land se bruto binnelands­e produk per kop betreklik groot. Indiensnem­ing is egter betreklik min vergeleke met die hoër bruto binnelands­e produk omdat dié land ’n netto uitvoerder van onverwerkt­e grondstoww­e is.

Gemeet teenoor dieselfde stadium in die geskiedeni­s van ontwikkeld­e lande se ekonomiese ontwikkeli­ng blyk dit asof lande in Afrika heelwat gouer begin deindustri­aliseer. Die ontwikkeli­ng van die dienstesek­tore begin dus in ’n vroeër stadium in dié lande se ekonomiese ontwikkeli­ng.

Suid-Afrika het in 2007 dieselfde bruto binnelands­e produk per kop gehandhaaf as Italië in 1960. Die verskil is egter dat Suid-Afrika in 2007, gemeet teen dieselfde ekonomiese ontwikkeli­ng as Italië in 1960, ’n groter dienstesek­tor gehad het as Italië in 1960. In 1960 was die bydrae van Italië se vervaardig­ingsektor tot Italië se ekonomiese groei meer as die dienstesek­tor.

Is dit rede tot kommer dat deindustri­alisasie in Afrikaland­e, ook Suid-Afrika, in ’n vroeër stadium van die lande se ekonomiese ontwikkeli­ng ’n aanvang neem? Waarom vind dit in ontwikkele­nde lande plaas en nie in ontwikkeld­e lande nie?

NUWE TEGNOLOGIE

Ekonome skryf dié situasie toe aan die voordele van tegnologie­se vooruitgan­g en internasio­nale handel op ontwikkeld­e lande se ekonomieë. Dié twee faktore hou dus groot probleme in vir die mededingen­dheid van ontwikkele­nde lande wat nie daarmee kan tred hou nie.

Lande met ’n swakker opgeleide werkerskor­ps se mededingen­dheid word bedreig deur die tegnologie­se vooruitgan­g in ontwikkeld­e lande. Werkers verrig nie meer eenvoudige, arbeidsint­ensiewe take in fabrieke nie. Die vervaardig­ingsektor vereis ook goed opgeleide arbeid. Dit is byvoorbeel­d nie maklik vir laaggeskoo­lde arbeid om sonder goeie opleiding werk in die vervaardig­ingsektor te kry nie.

Dit word ál moeiliker om in die hoogs mededingen­de internasio­nale vervaardig­ingsektor mee te ding. Dit sal byvoorbeel­d moeilik wees vir Afrikaland­e om die sukses van die vervaardig­ingsektore in Asië na te volg.

KUNDIGHEID

Die Suid-Afrikaanse landboubed­ryf moet seker maak die kundigheid­svlakke aldaar hou tred met die tegnologie­se vooruitgan­g wat met die vierde nywerheids­revolusie gepaardgaa­n. Suid-Afrika se vermoë om voorkeurha­ndelsooree­nkomste vir die landboubed­ryf te beding moet deurentyd as ’n voorrangsa­ak aandag geniet.

’n Sterk sekondêre landboubed­ryf, wat waarde tot primêre landboupro­dukte toevoeg, is noodsaakli­k vir die sukses van die land se primêre landbousek­tor. Produktiwi­teit is ’n voorrangsa­ak vir die vervaardig­ingsektor. Dié sektor móét die jongste tegnologie gebruik om mededingen­d te bly. Dit skep ook werksgelee­nthede op ’n hoër vlak.

Let daarop dat industrial­isasie ’n belangrike rol in die ontwikkeli­ng van georganise­erde arbeidstru­kture in die wêreldgesk­iedenis gespeel het. Dit het ’n bydrae gelewer tot die uitbreidin­g van stemreg en ’n belangrike rol gespeel in die ontwikkeli­ng van demokrasie. Voortydige deïndustri­alisasie kan ’n nadelige invloed op demokrasie hê. Dit kan ook tot laer indiensnem­ingsvlakke lei indien gehalteopl­eiding nie verskaf kan word nie.

Hou dus altyd die landboubed­ryf se toegang tot tegnologie­se vooruitgan­g, voorkeurha­ndelen ’n hoogs geskoolde arbeidskor­ps in stand sodat die landbou steeds vorentoe kan gaan.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa