Landbouweekblad

Migdol samel amper R1miljoeni­nvir droogtesla­goffers

- — VIDA BOOYSEN

DROOGTE is steeds ’n aaklige werklikhei­d vir verskeie distrikte in die land, en daarom sal hy steeds voortgaan om te help.

Só sê mnr. Burre Burger, die boer van Vredendal wat sedert Maart verlede jaar reeds 909 vragte voer, mielies en ander droogtehul­p tot in die verste uithoeke van die land afgelaai het.

Hy het sy dank uitgespree­k teenoor die klein boeregemee­nskap van Migdol in Noordwes wat hul harte en hande oopgemaak het en net minder as R1 miljoen met ’n droogtehul­pfees ingesamel het.

Die fees, by Suidwes Landbou se silo’s op dié dorp, is ondanks gure weer deur meer as 1 200 mense bygewoon.

Mnr. Retief Riekert, ’n boer van Migdol en lid van die plaaslike boereveren­iging, was die stille krag agter dié fees.

“Dit is net een oggend toe ek opstaan op my hart gelê ek moet iets doen om daardie boere wat steeds swaarkry te help, en toe reël ons ’n fees,” vertel Riekert.

VEILING

Die fees het ook gespog met ’n veiling van diere wat geskenk is deur boere wat self vroeër in die nood was.

Die afslaers André Kock en Seuns het die veiling behartig. Die veiling het R200 000 ingebring.

Boere van Williston, waar daar steeds dele is wat baie droog is, het onder meer 100 skape vir die veiling geskenk om dankie te sê vir hulp wat hulle ontvang het toe die nood op sy hoogste was.

Riekert sê verskeie kunstenaar­s wat opgetree het, het hul dienste gratis gelewer. Jagpakkett­e wat opgeveil is, het goeie aftrek gekry.

Volgens mnr. Deon Badenhorst, bestuurder van koöperatie­we bemarking en kommunikas­ie by Suidwes Landbou, wat die terrein vir die fees beskikbaar gestel het, is dié maatskappy bewus van lede en gemeenskap­pe waar vee weens die droogte vrek. Hulp word veral dringend in die NoordKaap benodig.

“’n Gebied soos die Richtersve­ld se weiding is tot niet; dit het ses jaar laas behoorlik daar gereën,” het Burger bygevoeg.

Hy sê daar is ook groot nood op Aberdeen in die Oos-Kaap en Beaufort-Wes en Bitterfont­ein in die Wes-Kaap.

“Dit reën net kol-kol vanjaar, daar is dus steeds dringend hulp nodig,” sê hy.

Hy bereken die waarde van die vragte droogtehul­p wat al aangery is op R65 miljoen.

 ?? FOTO: BURRE BURGER ?? Boere van die Migdol-omgewing, wat self vroeër onder ’n vreeslike droogte deurgeloop het, het diere geskenk wat opgeveil is ten bate van boere wat hulp nodig het.
FOTO: BURRE BURGER Boere van die Migdol-omgewing, wat self vroeër onder ’n vreeslike droogte deurgeloop het, het diere geskenk wat opgeveil is ten bate van boere wat hulp nodig het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa