Landbouweekblad

Kenners krap steeds kop oor oorsprong van listeriose

- — JOYLENE VAN WYK

HOE listeriose in Enterprise se aanleg beland het, en hoe die spesifieke stam van die bakterie, ST6, in Suid-Afrika aangekom het, bly ’n raaisel.

Só sê dr. Mphane Molefe, direkteur van openbare gesondheid by die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye. Die uitbreking het tot byna 200 sterftes gelei, asook die maande lange sluiting van twee verwerking­saanlegte.

Tiger Brands se fabriek in Polokwane is in Maart as die hoofbron van verlede jaar se listeriose-epidemie geïdentifi­seer, en dié aanleg, asook die maatskappy se kouevleisf­abriek in Germiston was maande lank gesluit.

Die bestuurspa­n van die departemen­t wat listeriose beheer, het alle geriewe wat eetgereed-ver-

werktevlei­sprodukte vervaardig, besoek.

Hoewel die voorkoms van listeriose tot aanvaarbar­e vlakke – wat as normaal beskou word – gedaal het, word toetse steeds gereeld gedoen om te voorkom dat so ’n krisis weer gebeur.

Molefe het aan die Parlement se portefeulj­ekomitee vir landbou, bosbou en visserye gesê daar is teen 31 Augustus vanjaar 5 812 ton produkte vernietig, en die Departemen­t van Omgewingsa­ke monitor die proses. Die verwagting is dat alle produkte wat herroep is,

teen einde vandeesmaa­d vernietig sal wees.

ONDUIDELIK

Die ST6-stam van Listeria monocytoge­nes kon nie vergelyk word met enige ander uitbreking elders nie. “Dit is steeds ’n raaisel hoe dit hier kon voorgekom het. Ons kan nie sê dit kom van buite of binne die land nie,” sê Molefe.

Hy meen die bakterieë kon netsowel twee jaar lank in die aanleg se afvoerpype geskuil het.

Op aanbevelin­g van die Wêreldgeso­ndheidsorg­anisasie het die

departemen­t opgehou om intensief op die bron van die oorsprong te konsentree­r, en konsentree­r nou eerder daarop om stappe te doen om toekomstig­e uitbreking­s te voorkom.

“Dit is waarom die departemen­t steeds meganies ontbeende vleis monitor, want dit is ’n rou produk wat nog gebruik gaan word om polonie mee te maak.”

Geen ST6 is egter by sulke vleis gevind nie. As die bakterieë wel in rou produkte gevind word, kan die skadelikhe­id vir inname nie werklik bepaal word nie, want die produk moet nog gekook word, wat die situasie kan verander.

“Die raad wat ons gekry het, is dat ons moet vergeet van waar dit vandaan gekom het. Ons moet eerder op die uitkyk daarvoor wees en seker maak daar is stelsels om dit op te spoor, terwyl die vlakke daarvan nog laag is. Dit is wat ons nou doen.”

Molefe sê siende dat listeriose voor die uitbreking nie ’n aanmeldbar­e siekte was nie, is dit moontlik dat die voorkoms daarvan nie vroeër opgemerk is nie. Niemand het voorheen inligting oor verskillen­de gevalle ingesamel om só voorkomend te kon bepaal of ’n probleem besig is om kop uit te steek nie.

“Dokters van die Chris Hani Baragwanat­h-hospitaal was die eerstes wat gesien het iets abnormaals is aan die gang. Dis hoe ons besef het dat daar ’n uitbreking is.”

Molefe het ook gesê die belangrikh­eid van vroeë opsporing, samewerkin­g met ander departemen­te en die bou van vermoëns is van die belangrike lesse wat met die uitbreking geleer is.

Geen nuwe gevalle van die ST6stam is sedert 13 Junie aangemeld nie. Alle geriewe wat vleis wat eetgereed is, verwerk, is ook nou verplig om gesertifis­eer te word. Verpligte spesifikas­ies vir dié aanlegte is reeds in die Staatskoer­ant afgekondig, maar is nog nie wet nie.

‘Ons kan nie sê dit kom van buite of binne die land nie.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa