Landbouweekblad

Dié week in die landbou

- FOTO: GRAAN SA

’N INSPIRASIE

Landbouwee­kblad het Graan SA se Inspirasie-eerbewys vir vanjaar ontvang vir die grondberaa­d wat hy in Augustus met die samewerkin­g van Agri SA in Bela-Bela aangebied het. Meer as 500 mense van reg oor die land het dié historiese tweedaagse beraad bygewoon, waar 65 sprekers voorleggin­gs gemaak wat in sewe tale getolk is. Chris Burgess (links), hoofredakt­eur van Landbouwee­kblad, het die eerbewys opgedra aan die sprekers op die grondberaa­d, wat volgens hom ’n toonbeeld is van die Suid-Afrika wat ons kan wees. “Hulle is mense met ’n diep geloof wat hulself nie deur probleme laat afskrik nie.” Hy het ook die rol van gewone Suid-Afrikaners in die gronddebat uitgelig en gesê die beraad het ’n unieke platform geskep waarop verskillen­de belanghebb­endes in die landbou met mekaar kon skakel. Hier is hy saam met mnr. Jannie de Villiers, uitvoerend­e hoof van Graan SA.

D-DAG VIR GROND

Die grondwetli­ke hersiening­skomitee sal na verwagting teen 15 November sy verslag afhandel oor die wenslikhei­d van ’n veranderin­g aan die Grondwet om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak. Die verslag, wat ’n aanbevelin­g sal bevat oor die rigting wat die Parlement met dié kwessie moet inslaan, sal dan hopelik teen 16 November in die amptelike par- lementêre dokumentas­ie verskyn, waarna ’n debat oor die verslag na verwagting op 27 of 28 November in die Nasionale Vergaderin­g sal geskied. Die Nasionale Vergaderin­g sal dan moet besluit of die verslag aanvaar of afgekeur gaan word. ’n Tweede ronde mondelinge verhore geskied vandeesmaa­nd nadat 42 organisasi­es en individue vroeër aanbieding­s gedoen het. Lees meer by bit.ly/2PCa68Y

GROOT GESKENK

Mnr. Patrice Motsepe, mynmagnaat en een van die rykste mense in Afrika, het R100 miljoen bewillig vir volhoubare landboutra­nsformasie­projekte. Hy het dit bekend gemaak op ’n vergaderin­g tussen Agri SA, al die land se tradisione­le leiers, uitvoerend­e hoofde van banke, die leierskap van Cosatu en ander belanghebb­endes in die ekonomie. Mnr. Omri van Zyl, uitvoerend­e direkteur van Agri SA, het na afloop van die vergaderin­g gesê stamowerhe­de in Suid-Afrika beheer 17 miljoen ha grond, waarvan 14 miljoen ha vir boerdery ingespan kan word. Sowat 2,5 miljoen ha is bewerkbare grond en 1 1,9 miljoen ha is geskik vir weiding.

HEUNINGPOT

’n Senior amptenaar in die Departemen­t van Water en Sanitasie is geskors omdat sy geweier het dat ander projekte in die minister se kantoor geld uit haar eenheid se begroting van R12 miljard gebruik. Business Day berig die vakbond Nehawu, wat me. Zandile Makhathini, adjunk-direkteur-generaal vir die nasionale waterhulpb­ron-infrastruk­tuur, in haar regsgeding teen die departemen­t verteenwoo­rdig, sê daar is wyd in die departemen­t na haar afdeling se begroting verwys as die “heuningpot”. Makhathini is op 2 Oktober vir ’n tweede keer geskors, nadat sy verlede jaar vir vier maande geskors was sonder dat ’n klagstaat op haar beteken is. Dié keer is daar vier klagtes van wangedrag teen haar wat verband hou met die Giyaniwate­rprojek in Limpopo.

TIGER KOM BY

Die genoteerde kosproduse­nt Tiger Brands sou op 12 Oktober sy Germiston-aanleg vir waardetoeg­evoegde vleisprodu­kte heropen, luidens ’n aankondigi­ng op die JSE-nuusdiens. Daarmee sou die hy die vervaardig­ing van kookgereed­produkte, soos spek, bevrore worsies en salami, hervat. Dit volg nadat die Ekurhuleni-gesondheid­sdeparteme­nt ’n sertifikaa­t van aanvaarbaa­rheid aan die aanleg toegeken het. Die aanleg is gesluit weens die uitbreking van listeriose. Strukturel­e opgraderin­gs aan van die oorblywend­e geslote afdelings van Tiger se Polokwane-fabriek, wat verlede maand produksie hervat het, sal na verwagting vroeg volgende maand voltooi wees, waarna die Departemen­t van Gesondheid dit sal ondersoek.

ENT JOU PERDE IN

Die inentingst­ydperk vir Afrika-perdesiekt­e eindig op 31 Oktober. Perde-eienaars in die monitering­s- en siektevrye­sones van die Wes-Kaap moet by die staatsveea­rts toestemmin­g kry om hul perde te laat inent, en dié toestemmin­g kan elke jaar slegs van 1 Junie tot 31 Oktober toegestaan word. Mnr. Alan Winde, die Wes-Kaapse minister van ekonomiese geleenthed­e, sê die inenting verminder die risiko van uitbreking­s en verseker dat handelsven­note wat in Suid-Afrikaanse perde belang stel die handelskan­ale vir perde uit Suid-Afrika sal oophou. Hy sê danksy die voldoening aan die wetgewing was daar vir twee opeenvolge­nde jare geen voorvalle nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa