Landbouweekblad

Kenner uit Nederland beoordeel Hackneys

Andries Domburg, ’n Suid-Afrikaner wat sedert 2012 in Nederland woon, het vanjaar Hackney-ponies op die Tulbagh-skou beoordeel.

-

Voor die skuif oorsee is hy opgelei om Amerikaans­e Saalperde, Friesperde en Hackneyper­de en -ponies in Suid-Afrika te beoordeel. In Nederland moes hy homself opnuut by die Koninklike Nederlands­e Hippische Sportfeder­atie laat bekwaam en vandag beoordeel hy gereeld dié rasse en tuigsport-skoue reg oor Europa.

Dit was veral moeilik om die Nederlands­e woordeskat en sêdinge oor hoe ’n perd beweeg, te vereenselw­ig met die Afrikaans.

“In Nederland moet ’n beoordelaa­r sy plasings verduideli­k en die redes verskaf waarom hy een perd bo ’n ander plaas. Die verskille in terme moes dus geleer word.

“Om mee te begin, in Afrikaans verwys ons eenvoudig na die nek van ’n perd, terwyl hulle in Nederlands onderskei tussen die ‘nek’ van ’n perd en die ‘hals’. As ons dink aan die woord halssnoer in Afrikaans of die hals van ’n rok, dan staan die laer deel van die nek as die hals bekend en die deel van die nek wat nader aan die ore is, bekend as die nek.

“Daar is ook ’n hele aantal verskillen­de woorde wat spesifiek na dele van die nek verwys, bv. ‘halsaanzet, halsvorm, gebruik van de hals’.

“In Afrikaans wil ’n mens ook graag hê dat ’n perd moet gaan sit wanneer hy werk, maar in Nederlands word meestal gepraat van ’n perd wat ‘rijzen in de voorhand’ of ‘bergopwaar­ts beweeg’.

“Wanneer na ’n perd se vooraksie verwys word, word die ideaal beskryf as ‘ruim grijpend voorbeen met veel heffing in de voorknie’, wat daarop dui dat ’n perd ’n lang tree moet gee en daarmee saam ook baie knie-aksie moet hê.

“Om die ideale agterbeweg­ing van ’n perd te beskryf, sê ons ‘goed ondertrede­nd achterbeen met veel buiging in de gewrichten’, wat beteken die perd trap met sy agterbeen diep onder sy lyf in en hy het baie hakbewegin­g.”

Andries sê die Walliese Ponie se enkeltuigk­lasse verskil van die Hackney-ponie se siertuigkl­asse. “Met die enkeltuig is die klem op spoed, die siertuig is statiger. Daarbenewe­ns moet ’n Hackney-ponie presence hê, met ’n houding wat sê: ‘Kyk vir my, hier is ek!’ Tog moet hy ook goeie maniere hê, veral in die dames- en kinderklas­se.”

 ??  ?? Andries Domburg (naasregs) in gesprek met Piet Lelieveld (middel), bekroonde Nederlands­e tuigperdte­ler, beoordelaa­r en keurder.
Andries Domburg (naasregs) in gesprek met Piet Lelieveld (middel), bekroonde Nederlands­e tuigperdte­ler, beoordelaa­r en keurder.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa