Landbouweekblad

Parow vir sakpas-gholf

Parow is bekend as ’n vriendelik­e klub. Die bekostigba­arheid maak dit waarskynli­k boonop die baan wat die beste waarde vir geld in Kaapstad bied.

- NAVRAE: Tel. 021 930 2160.

Die Parow-gholfklub lê digby die kruising van die N1 en M12, net mooi buite die stad se lawaai en rook, maar naby genoeg om Tafelberg mooi te kan sien. Parow is nie ’n kampioensk­apbaan nie, eerder een sonder tierlantyn­tjies wat deur die deursneesp­eler en sy gesin geniet kan word – en die bestuur wil dit graag so hou.

Die baan, wat ’n raps langer as 6 000 m is, is altyd in goeie toestand. Die skoonvelde is redelik gelyk en herinner aan dié van die Hoëveld, behalwe dat daar minder bome is.

WATER EN WIND

’n Groot dam voor die klubhuis huisves baie voëls (elke putjie dra ook die naam van ’n voëlsoort) en die water kom in spel op die moeilike syfer 3- 17de putjie, asook die lang 18de putjie. Daar is ook ander waterhinde­rnisse en net genoeg sandkuile om dinge interessan­t, pleks van moeilik, te maak – veral om die groot setperke met hul subtiele hellings.

Wind kan ’n faktor wees op dié vlakte tussen Tafel- en Tygerberg. Drie van die syfer 3-putjies speel reguit in die tande van die suidooster in, terwyl die wind op die kort sewende van regs waai. Met water kort van die vlaggie is dit glad nie maklik nie.

Dis veral ’n lekker baan in die winter. Lede meen die beste tyd om te speel is op Junie of Julie se windstil dae, veral as jy ’n Indiese somer tref. Wanneer dit reën, droog die sanderige grond egter gou uit. Dis ’n groot voordeel, want die Kaap kan nat word as hy lus is.

AMPER 80 JAAR OUD

Die oorspronkl­ike baan is reeds in 1929 deur Ken Elkin ontwerp, maar is in 1976 herbou – of eerder uitgekerf tussen die Port Jackson-indringers wat destyds nog die gebied gekenmerk het. Intussen is die uitleg al ’n paar keer verander as gevolg van die ontwikkeli­ng in die omgewing.

Die klub spog met bykans 580 lede wat elke maand ’n gewilde wynproe teen slegs R90 kan geniet, met ’n bord boerekos én poeding ingesluit. Die wyn is dus verniet!

’n Buitelid betaal slegs R600 jaargeld, wat dit aantreklik maak vir boere wat net nou en dan stad toe kom om sommer ’n bietjie gholf te speel. En as jy van groot vliegtuie hou – in die somer vlieg hulle reg oor jou kop as deel van Kaapstad Internasio­nale Lughawe se lugverkeer.

Drie van die syfer 3-putjies speel reguit in die tande van die suidooster in.

 ?? FOTO: TOBIE DE HAAS ?? Die negende putjie is ’n syfer 4 van 377 m lank.
FOTO: TOBIE DE HAAS Die negende putjie is ’n syfer 4 van 377 m lank.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa