Landbouweekblad

ONTKENNING HELP NIKS

-

Politieke kommentato­rs en ontleders het hul mes in vir pres. Donald Trump van Amerika wat in Suid-Afrika se huishoudel­ike sake inmeng. Trump het te kenne gegee dat mense in Suid-Afrika uitgemoor en van hul grond beroof word.

Soos altyd is Trump besig om ’n bietjie te oordryf, dog ons

mense is nou só behep met wat die breedsprak­ige president van Amerika sê, dat ons eintlik by ons eie probleme verbykyk.

Kom ons begin by die lys van plase wat glo vir onteiening geoormerk is. Daar is onmiddelli­k twee groepe wat van mekaar verskil. Agri SA aan die een kant, en AfriForum aan die ander kant. Agri SA beskuldig AfriForum daarvan dat hy onnodig paniek saai met die lys. AfriForum antwoord dat dit ’n lys is wat vanuit regeringsk­ringe gelek is. Wel, ek het die lys gesien, en van die plase in Noordwes wat op die lys verskyn, ken ek soos die palm van my hand. Die Regering het ook geen voorneme om hierdie plaaseiena­ars persoonlik gerus te stel dat hul grond nie in die gedrang is nie.

Kom ons kyk na Trump se bewering dat mense se lewens bedreig word in Suid-Afrika. As plaasaanva­lle ter sprake kom, sal sekere politici altyd ’n ander motief soek as rassisme of politiek. Dit word dan eerder beoordeel as sou die aanvaller of moordenaar die misdaad gepleeg het met slegs roof as motief. Snert!

Byvoorbeel­d, die naweek van 24 Augustus is daar vir die soveelste keer op twee weerlose mense op ’n plaas toegeslaan, hierdie keer naby Roosseneka­l in Limpopo. Twee bejaarde vroue is in ’n motor gelaai nadat hulle wreed aangerand is, en is later in die ysige koue in die veld gelos om te sterf. Goddank het hulle dit oorleef.

Jammer om dit te sê, maar hierdie sinlose daad klink soos musiek in Trump se ore. Wie sal die Yanks oortuig dat dit ’n geval van “gewone roof” is?

Natuurlik moet daar nie net gekla word nie; daar moet na oplossings gesoek word. Jy kan egter nie ’n oplossing vind indien jy steeds ontken dat die probleem bestaan nie. Die werklikhei­d is dat daar ’n lys in omloop is van plase wat na bewering vir onteiening in aanmerking kom. Die werklikhei­d is verder dat die aanvalle op mense op plase aan die toeneem is en dat roof nie die enigste motief is nie.

Net toe ek dink dat ek nou alles gehoor en gesien het, sien ek dr. Pieter Groenewald van die VF Plus op televisie. Hy sê

toe indien omstandigh­ede in die land hom daartoe dwing, sal hy nie huiwer om die Verenigde Nasies te nader om sanksies teen Suid-Afrika in stel nie.

Sjoe, dr. Groenewald, ek wonder of u al werklik aan die ontvangkan­t van sanksies was.

Ek stel voor dat ons nou eers aandag gee aan die dinge wat ons self in Suid-Afrika kan oplos, voor ons probeer om ’n rot met ’n kanon dood te skiet. Die probleme ter sprake is in hierdie land gebore. Die inwoners van die land moet dit oplos. IZAK SMALMAN Potchefstr­oom

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa