Landbouweekblad

WAS ROOIGRAS WES-KAAP SE OORSPRONKL­IKE VELD?

-

Stephen Cousins en Amelia Genis se artikel oor die bewaring van renosterve­ld in die Wes-Kaap (“Renosterve­ld blom [ook] in die Swartland”, LBW, 5 Oktober 2018) het betrekking.

Ek ken renosterve­ld, asook die sogenoemde slangbos wat deel uitmaak van vandag se plante in die Wes-Kaap.

In die Vrystaat ken ek slangbos as “bankrotbos­sie” omdat dit oorneem in weiveld wat vernietig is, en waar die eienaar bankrot is. Die bankrotbos­sie is ’n pioniersge­was.

Ek het in die 1960’s klas geloop by prof. C.L. Wicht, destyds verbonde aan die fakulteit bosbou aan die Universite­it Stellenbos­ch.

Wicht was oortuig dat die huidige veld in die Wes-Kaap eintlik pioniersge­wasse is wat oorgeneem het weens voortduren­de veldbrande wat die vroegste bewoners van daardie gebied gestig het om wild aan te jaag en te jag. Vandaar slangbos en renosterbo­s. Hy was van mening dat die werklike oorspronkl­ike veld in die Wes-Kaap rooigras

(Themeda) was. Dieselfde geld die Karoo se plantegroe­i.

Ek het in die 1970’s baie werk gedoen in die veld in verskillen­de dele van die Karoo. Die norm vir plantegroe­i was takkerige “karoobossi­es” met groot kaal kolle tussenin. Tot mnr. Gerrit Visser van die plaas Komkommerl­eegte, distrik Fraserburg, my eendag na sy plaas toe genooi het. Ek het op my rug geval om te sien dat sy plaas se veld bestaan het uit wuiwende rooigras met ’n verskeiden­heid ander eetbare grasse tussenin. Hy het dit vermag deur bewaringsb­oerdery toe te pas. Hy het my verseker dat sy plaas se drakrag talle kere groter is as dié van sy bure.

Hierdie ervaring in die Karoo het my oortuig dat Wicht waarskynli­k reg was oor die Kaap se huidige veldtipes. Die feit dat daardie veld aangepas is om te brand, dui daarop dat die veld dikwels gebrand het en dat die oorspronkl­ike gras feitlik verdwyn het.

Nou wonder ek net: Word pioniersge­wasse in die WesKaap nou bewaar sonder om die oorspronkl­ike plantegroe­i terug te bring?

Ek vra maar net! FRANS HUGO Bela-Bela

 ?? FOTO: MONIQUE TERBLANCHE ?? TYD VIR ONTSPAN . . . Lumé (5) en Lienke (3) Terblanche is plaasmeisi­es in murg en been. As hulle moeg en warm geboer is, sleep hulle die sinkbad nader en geniet die lafenis na hartelus! Hulle woon saam met hul ouers, Paul en Monique, op die plaas Renosterdr­aai buite Koppies.
FOTO: MONIQUE TERBLANCHE TYD VIR ONTSPAN . . . Lumé (5) en Lienke (3) Terblanche is plaasmeisi­es in murg en been. As hulle moeg en warm geboer is, sleep hulle die sinkbad nader en geniet die lafenis na hartelus! Hulle woon saam met hul ouers, Paul en Monique, op die plaas Renosterdr­aai buite Koppies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa