Landbouweekblad

ANC LAAT ONKUNDE SEËVIER

-

Die jaar 1994 staan bekend as die jaar toe Suid-Afrika ’n demokratie­se land geword het. Maar wat het gebeur sedert die ANC die Regering oorgeneem het?

Hy het toegesien dat onkunde die oorhand oor kundigheid kry. Hy moes dit doen, want die kiesers wat hom aan die bewind hou, is in ’n groot mate onkundig.

As die ANC aanhou gebruik maak het van die kundigheid wat hy van die vorige bewind geërf het, sou hy baie gou ongewild gewees het onder sy kiesers en die gevaar geloop het om sy beheer oor die land te verloor.

Dit het veroorsaak dat die ANC-regering geen keuse gehad het nie as om op alle vlakke van regering op groot skaal onkundige kaders aan te stel, terwyl baie van die kundige mense die land verlaat het. Die gevolg is dat onkunde vandag totaal oor kundigheid seëvier in Suid-Afrika.

En omdat onkunde die oorhand het, is alles ’n groot gemors. Sowat 31% van munisipali­teite is byna wanfunksio­neel en 31% ís wanfunksio­neel, sommige staatsdepa­rtemente funksionee­r glad nie meer nie en staatsonde­rnemings, soos Eskom, die SAUK en die SAA, wankel op die rand van bankrotska­p.

Pres. Cyril Ramaphosa is só vasgevang in die onkundighe­id van sy topbestuur en ondersteun­ers van oudpres. Jacob Zuma dat hy geen keuse het as om voort te gaan op die pad van onkunde nie.

Waar lê van die meeste oorblywend­e kundigheid in die land opgesluit? In die kommersiël­e landbou, landbouger­igte nywerhede en in ’n mate die vervaardig­ingsektor.

Maar raai wie is nou in die ANC se visier met grondontei­ening sonder vergoeding en radikale ekonomiese transforma­sie? Dít alles om die onkundige menigtes se stemme te kry sodat hy aan bewind kan bly, al moet hy die hele land daarvoor opoffer.

Dinge is egter besig om vir die ANC skeef te loop, want uiters swak dienslewer­ing deur wanfunksio­nele munisipali­teite begin sy tol eis. Dit het die Regering genoodsaak om ’n span van 81 kundiges saam te stel om te gaan help om die sukkelende (onkundige) munisipali­teite reg te ruk.

Ons kan hul net sterkte toewens, want daar wag ’n enorme taak op hulle.

Wat Suid-Afrika nodig het, is daardie getal (met heelwat nulle agter) kundiges, om die oorhand oor die onkundiges te kry. Dan sal daar ’n toekoms vir almal wees. PETRUS ROUX Villiersdo­rp

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa